1 Maar 'n tyd daarna het Simson in die dae van die koringoes sy vrou besoek met 'n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.
2 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.
3 Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.
4 Toe gaan Simson weg en vang drie honderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit 'n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;
5 en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.
6 Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat die sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand.
7 Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.
8 En hy het hulle lendelam geslaan, 'n groot slag. En hy het afgegaan en gebly in die rotskloof van Etam.
9 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in Juda en sprei hulleself uit by Legi.
10 En die manne van Juda vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het.
11 Daarop trek drie duisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.
12 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle: Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.
13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.
14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.
15 En hy het 'n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit geneem en daar duisend man mee verslaan.
16 En Simson het gesê: Met 'n eselskakebeen het ek een klomp, twee klompe, met 'n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.
17 En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die kakebeen uit sy hand en noem die plek Kakebeenshoogte.
18 Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?
19 Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.
20 En hy het Israel gerig in die dae van die Filistyne, twintig jaar lank.
1 过了些日子, 到收割麦子的时候, 参孙带着一只山羊羔去看他的妻子; 他心里说: "我要进内室去见我的妻子。"但是他妻子的父亲不让他进去。
2 她父亲说: "我以为你非常恨她, 所以我把她给了你的一个同伴; 她的妹妹不是比她更美丽吗?你可以娶来代替她啊。"
3 参孙对他们说: "这次如果我加害非利士人, 就可以不必负责了。"
4 于是参孙去捉了三百只狐狸, 又拿了火把来, 把狐狸尾巴对尾巴缚在一起, 又把一枝火把插在两条尾巴中间。
5 他点着了火把, 就放狐狸进入非利士人的禾田里, 把堆积的禾捆, 和未割的禾稼, 以及橄榄园都烧了。
6 非利士人问: "这是谁作的呢?"有人回答: "是亭拿人的女婿参孙作的, 因为他岳父把他的妻子给了他的同伴。"于是非利士人上去, 放火烧了那女子和她的父亲。
7 参孙对他们说: "你们既然这样行, 我必在你们身上报仇, 然后才肯罢休。"
8 参孙击打他们, 连腿带腰都砍断了, 那是一场极大的杀戮; 然后他下去, 住在以坦磐石的穴中。
9 非利士人上去, 在犹大安营, 在利希散开。
10 犹大人说: "你们为什么上来攻打我们呢?"他们说: "我们上来是要捆绑参孙, 要报复他向我们所行的。"
11 于是有三千犹大人下到以坦磐石的穴中去, 对参孙说: "非利士人统治我们, 你不知道吗?你为什么向我们行这事呢?"参孙对他们说: "他们怎样待我, 我也怎样待他们。"
12 犹大人对他说: "我们下来要捆绑你, 把你交在非利士人手里。"参孙对他们说: "你们要向我发誓, 你们不亲自杀害我。"
13 他们告诉他说: "我们不会杀害你, 我们只要把你捆绑住, 交在非利士人手里, 我们决不杀死你。"于是他们用两条新绳子把参孙捆绑起来, 从磐石的穴里把他带上来。
14 参孙来到利希, 非利士人就吶喊着出来迎接他, 耶和华的灵大大临到参孙身上, 他臂上的绳子就像被火烧的麻一样, 他的捆绑都从他的手上落下来。
15 他找着一块新鲜的驴腮骨, 就伸手拾起来, 击杀了一千人。
16 参孙说: "我用驴腮骨杀人成堆; 我用驴腮骨击杀了一千人。"
17 说完了, 就把那腮骨从手里拋出去, 因此那地方就叫拉末.利希("拉末.利希"意即"腮骨的山")。
18 参孙非常口渴, 就呼求耶和华说: "你既然借着你仆人的手施行这么大的拯救, 现在我怎可以渴死, 落在未受割礼的人手中呢?"
19 于是 神在利希使一洼地裂开, 就有水从那里涌出来; 参孙喝了, 就恢复精神, 活力充足; 因此那泉名叫隐.哈歌利("隐.哈歌利"意即"呼求者之泉"), 那泉直到今日还在利希。
20 在非利士人统治的日子, 参孙治理以色列人二十年。