1 En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedonië te reis.

2 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.

3 En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na S¡rië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedonië terug te gaan.

4 En tot in Asië het Sopater van Ber,a hom vergesel, en van die Thessalonicense, Arist rchus en Secundus, en Gajus van Derbe en Timothes, en uit Asië T¡chikus en Trofimus.

5 Hulle het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.

6 Maar n die dae van die ongesuurde brode het ons van Fil¡ppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.

7 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

8 En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.

9 En 'n sekere jongman met die naam van Eutichus het in die venster gesit en weggesink in 'n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.

10 Toe gaan Paulus ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.

11 En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog 'n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

12 En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.

13 Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit bestel, omdat hy self te voet wou gaan.

14 Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitil,ne gekom.

15 En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trog¡llion oorgebly en die dag daarop by Mil,te gekom.

16 Want Paulus het besluit om by fese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees.

17 En van Mil,te het hy gestuur na fese en die ouderlinge van die gemeente laat roep.

18 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het

19 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;

20 hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,

21 terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.

22 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,

23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.

24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

25 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

26 Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.

27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.

28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

29 Want ek weet dit, dat n my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.

30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

31 Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

32 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.

33 Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;

34 maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.

35 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.

36 En n hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.

37 En daar het 'n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,

38 veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.

1 骚乱平息以后, 保罗派人把门徒请了来, 劝勉一番, 就辞别起行, 往马其顿去。

2 他走遍那一带地方, 用许多话劝勉众人, 然后来到希腊。

3 他在那里住了三个月, 正要坐船往叙利亚去的时候, 有些犹太人设计要害他, 他就决意路经马其顿回去。

4 与他同行的有比里亚人毕罗斯的儿子所巴特, 帖撒罗尼迦人亚里达古和西公都, 特庇人该犹和提摩太, 亚西亚人推基古和特罗非摩。

5 这些人先走, 在特罗亚等候我们。

6 至于我们, 过了除酵节才从腓立比开船, 五天后到特罗亚他们那里, 逗留了七天。

7 礼拜日, 我们聚会擘饼的时候, 保罗对大家讲道, 他因第二天就要起行, 就一直讲到半夜。

8 我们聚会的那座楼上, 有许多灯火。

9 有一个少年人, 名叫犹推古, 坐在窗台上, 因为保罗讲得很长, 他很困倦, 沉沉地睡着了, 就从三楼跌下来; 把他扶起来的时候, 已经死了。

10 保罗走下去, 伏在他身上; 把他抱住, 说: "你们不要惊慌, 他还活着。"

11 随即回到楼上, 擘饼吃了, 又讲了很久, 直到天亮才走。

12 他们把活着的孩子带走, 得到很大的安慰。

13 我们先上船, 开往亚朔, 照着保罗的安排, 要在那边接他, 因为他自己要走陆路去。

14 他在亚朔与我们会合, 我们接他上船, 去到米推利尼。

15 从那里开船, 第二天到了基阿对面, 过了一天就在撒摩靠岸, 再过一天到了米利都。

16 原来保罗决定越过以弗所, 免得在亚西亚耽搁时间, 因为他希望能在五旬节赶到耶路撒冷。

17 他从米利都派人去以弗所, 请教会的长老来。

18 他们到了, 保罗说: "你们知道, 自从我到了亚西亚的第一天, 我一直怎样跟你们相处, 怎样服事主,

19 凡事谦卑, 常常流泪, 忍受犹太人谋害的试炼。

20 你们也知道, 我从来没有留下一件有益的事, 不在众人面前或在家里告诉你们, 教导你们。

21 我对犹太人和希腊人都作过见证, 要他们悔改归向 神, 信靠我们的主耶稣。

22 现在, 我的心灵受到催逼, 要去耶路撒冷, 我不知道在那里会遭遇什么事,

23 只知道在各城里圣灵都向我指明, 说有捆锁和患难在等着我。

24 但我并不珍惜自己的性命, 只求跑完我的路程, 完成我从主耶稣所领受的职分, 为 神恩惠的福音作见证。

25 "我曾在你们那里走遍各地, 宣扬 神的国。现在, 我知道你们众人不会再见我的面了。

26 所以我今天向你们作证, 我是清白的, 与众人的罪("罪"原文作"血")无关。

27 因为 神的全部计划, 我已经毫无保留地传给你们了。

28 圣灵既然立你们为全群的监督, 牧养 神用自己的血所赎来的教会, 你们就应当为自己谨慎, 也为全群谨慎。

29 我知道在我离开之后, 必有凶暴的豺狼进入你们中间, 不顾惜羊群。

30 你们自己中间也必有人起来, 讲些歪曲悖谬的话, 引诱门徒跟从他们。

31 所以你们应当警醒, 记念我三年之久, 昼夜不停地带着眼泪劝戒你们各人。

32 现在我把你们交托给 神和他恩惠的道; 这道能建立你们, 也能在所有成圣的人中赐基业给你们。

33 我从来没有贪图任何人的金银或衣服。

34 我这两只手, 供应了我和同伴的需要, 这是你们自己知道的。

35 我凡事以身作则, 你们必须照样辛劳, 扶助软弱的人, 并且记念主耶稣的话: ‘施比受更为有福。’"

36 他说了这些话, 就跪下来同大家一起祷告。

37 众人都痛哭, 伏在保罗的颈上, 与他亲嘴。

38 他们最伤心的, 是保罗说他们不会再见他的面那句话。最后他们送他上了船。