1 En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.
2 En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.
3 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra.
4 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.
5 En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.
6 Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasar,ner, staan op en loop!
7 Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
8 En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.
9 En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys.
10 En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het.
11 En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word.
12 En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?
13 Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.
14 En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word,
15 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.
16 En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.
17 En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;
18 maar God het op die manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
20 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,
21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
22 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
23 En elke siel wat nie na die Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
24 En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.
25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseënword.
26 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.
1 在下午三点祷告的时辰, 彼得和约翰上圣殿去。
2 有一个生来瘸腿的人被人抬来。他们天天把他放在那名叫美门的殿门口, 让他好向进殿的人讨饭。
3 他看见彼得和约翰将要进殿, 就向他们讨饭。
4 彼得和约翰定睛看着他, 彼得说: "你看我们! "
5 那人就留意看着他们, 希望从他们得些什么。
6 彼得却说: "金银我都没有, 只把我有的给你: 我奉拿撒勒人耶稣基督的名, 吩咐你行走! "
7 于是拉着他的右手, 扶他起来; 他的脚和踝骨立刻强壮有力,
8 他一跳就站了起来, 并且行走。他连走带跳, 赞美 神, 同他们进入殿中。
9 群众看见他一边走一边赞美 神;
10 他们一认出他就是那平时坐在圣殿美门口讨饭的, 就因所经历的事, 满心希奇, 惊讶不已。
11 那人拉着彼得和约翰的时候, 群众都很惊奇, 跑到他们那里, 就是所罗门廊的下面。
12 彼得看见了, 就对群众说: "以色列人哪, 为什么因这事希奇呢?为什么瞪着我们, 好像我们是凭着自己的能力和虔诚, 使这人行走呢?
13 亚伯拉罕、以撒、雅各的 神, 就是我们祖宗的 神, 荣耀了他的仆人耶稣。这位耶稣, 你们把他送交官府。彼拉多本来定意要放他, 你们却当着彼拉多的面拒绝他。
14 你们把那圣者义者拒绝了, 反而要求给你们释放一个杀人犯。
15 你们杀了那‘生命的源头’, 神却使他从死人中复活。我们就是这件事的见证人。
16 是他的名(因信他的名)使你们所看见所认识的这个人强壮了。这从耶稣而来的信心, 当着你们众人面前, 把他完全医好了。
17 弟兄们, 我知道你们所作的, 是出于无知, 你们的官长也是这样。
18 但 神曾经借着众先知的口, 预先宣告他所立的基督将要受害的事, 就这样应验了。
19 所以你们应当悔改归正, 使你们的罪得着涂抹。
20 这样, 那安乐的日子, 必从主面前来到, 并且他必把为你们预先选定的基督(耶稣)差来。
21 他必留在天上, 直到万物复兴的时候, 就是 神自古借着圣先知的口所说的。
22 摩西曾说: ‘你们的主 神要从你们弟兄中间, 给你们兴起一位先知像我; 无论他对你们说什么, 你们都应当听从。
23 无论谁不听从那位先知, 必定从民中灭绝。’
24 所有从撒母耳起, 以及相继兴起来讲话的先知, 都曾经宣告这些日子。
25 你们是先知的子孙, 也是承受 神向你们祖先所立之约的人。 神曾经对亚伯拉罕说: ‘地上万族, 都要因你的后裔得福。’
26 神先给你们兴起他的仆人, 差他来祝福你们, 使你们各人回转, 离开邪恶。"