1 En in die dae was daar geen koning in Israel nie. En 'n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom 'n vrou, 'n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda.

2 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-Juda; en sy was daar vier maande lank.

3 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met 'n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.

4 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.

5 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met 'n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.

6 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.

7 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het sy skoonvader by hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het.

8 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.

9 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.

10 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus -- dit is Jerusalem -- met 'n paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.

11 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie gesak het, sê die dienaar aan sy heer: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie stad van die Jebusiete en daarin vernag.

12 Maar sy heer sê aan hom: Ons kan nie uitdraai na 'n vreemde stad waar nie van die kinders van Israel is nie, maar ons moet verbytrek tot by G¡bea.

13 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek, laat ons nader kom by een van die plekke en in G¡bea of Rama vernag.

14 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son het vir hulle ondergegaan by G¡bea wat aan Benjamin behoort.

15 Toe draai hulle daar uit om in G¡bea te gaan vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.

16 Maar kyk, in die aand kom daar 'n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in G¡bea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete.

17 En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?

18 En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan na die huis van die HERE; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,

19 alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie.

20 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.

21 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.

22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.

23 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis, uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie, aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan nie.

24 Hier is my dogter wat 'n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so 'n skanddaad nie begaan nie.

25 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.

26 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval voor die ingang van die man se huis waar haar heer was, totdat dit lig was.

27 En toe haar heer die môre opstaan en die huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit -- kyk, daar lê die vrou, sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.

28 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek; maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man het klaargemaak en na sy woonplek getrek.

29 Maar toe hy in sy huis kom, het hy 'n mes geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van Israel rondgestuur.

30 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van Israel uit Egipteland opgetrek het tot vandag toe nie; neem dit tog ter harte, gee raad en spreek!

1 在以色列中没有王的日子, 有一个利未人寄居在以法莲山地的偏远地区; 他从犹大的伯利恒给自己娶了一个女子作妾。

2 他的妾背夫行淫, 离开丈夫, 回到犹大的伯利恒她父亲的家那里去了, 在那里住了四个月的日子。

3 她的丈夫起来, 带着一个仆人和两头驴去追她, 用话打动她的心, 叫她回来。她把丈夫带到自己父家, 那少女的父亲见了那人, 就欢欢喜喜迎接他。

4 那人的岳父, 就是女子的父亲, 强留那人, 那人就与他同住了三天; 他们一起吃喝, 在那里住宿。

5 到了第四天, 他们清早起来, 那人起身要走; 那女子的父亲对女婿说: "请吃点饼增添心力, 然后再走。"

6 于是二人坐下, 一起吃喝; 女子的父亲对那人说: "请你答应再过一夜, 畅快你的心。"

7 那人起来要走, 他的岳父强留他, 他又在那里过了一夜。

8 到了第五天, 他清早起来要走; 那女子的父亲说: "请吃点饼增添心力, 等到日头西斜再走吧。"于是他们耽延, 直到日头西斜; 二人一同吃饭。

9 那人和他的妾, 以及他的仆人起来要走的时候, 他的岳父, 就是那女子的父亲, 对他说: "看哪, 天快晚了! 请再住一夜。看哪, 日头西斜了! 请在这里再住一夜, 畅快你的心; 明天可以清早起来, 上路回家去。"

10 那人不愿再住一夜, 就带着自己的妾和两头备好了的驴, 起来走了, 来到耶布斯对面; 耶布斯就是耶路撒冷。

11 他们走近耶布斯的时候, 日头快要落了; 仆人对主人说: "来, 让我们转到这耶布斯人的城去, 好在那里住宿。"

12 主人对他说: "我们不可转到这座不是以色列人居住的外族人的城里去, 我们过到基比亚去吧。"

13 又对他的仆人说: "来吧, 我们可以到这些地方其中一个去投宿, 或在基比亚或在拉玛。"

14 于是他们走路过去; 他们走近便雅悯人的基比亚的时候, 日头已经落了。

15 他们从那里转身, 要进基比亚去住宿; 他们进去, 坐在城里的广场上, 因为没有人接待他们到家里去住宿。

16 到晚上, 有一个老年人从田间工作回来; 那人原是以法莲山地的人, 寄居在基比亚; 那地方的人却是便雅悯人。

17 那老年人举目, 看见那个旅客在城里的广场上, 就问他: "你要到哪里去?你从哪里来?"

18 利未人回答他: "我们是从犹大的伯利恒过来的, 要到以法莲山地的偏远地区去, 我原是那地方的人; 我去过犹大的伯利恒, 现在我要到我的家去("到我的家去"原文作"到耶和华的殿去"), 但没有人接待我到家里去。

19 其实我有粮草、有饲料, 可以喂驴; 我和我的妾, 以及与你的仆人在一起的那个青年人, 都有饼和酒吃喝, 一无所缺。"

20 那老年人说: "愿你平安, 你所缺乏的, 由我负责好了; 只是不可在广场上过夜。"

21 于是把他领到自己的家里, 用饲料喂了驴, 他们洗了脚, 就吃喝起来。

22 他们心里正畅快的时候, 忽然城里有些无赖之徒, 围绕房子, 不住地敲门, 对老房主说: "把进入你家的那个人带出来, 我们要与他交合。"

23 那房主出来见他们, 对他们说: "我的众兄弟啊, 不可这样, 请你们不要作恶; 这人既然进了我的家, 你们就不要作这羞耻的事。

24 这里有我的女儿, 还是处女, 并且有这人的妾, 我把她们领出来, 让你们污辱她们; 你们看怎样好, 就怎样待她们吧。只是对这个人, 你们却不要作这羞耻的事。"

25 那些人却不肯听从他的话, 那人就抓住自己的妾, 拉出外边去交给他们, 他们就与她交合, 整夜污辱她; 直到早晨, 天色破晓的时候, 才放她走。

26 天快亮的时候, 那女子回到留她主人住宿的那人的房子门口, 就仆倒在那里, 直到天亮。

27 到早晨, 她的主人起来, 开了房门, 出去要上路的时候, 就看见那妇人, 就是他的妾, 仆倒在门口, 她的双手搭在门槛上。

28 他对那妇人说: "起来, 我们走吧! "可是却没有回答。那人就把她驮在驴上, 起程回自己的地方去了。

29 他到了家里, 就拿起刀来, 抓住自己的妾, 把她的肢体切成十二块, 叫人送到以色列的全境去。

30 看见的人都说: "自从以色列人从埃及地上来的日子, 直到今日, 这样的事并没有发生过, 也没有看见过; 你们要思想, 要商议, 要讨论。"