1 In die dae was daar geen koning in Israel nie; en in die dae het die stam van die Daniete vir hom 'n erfdeel gesoek om in te woon, want tot die dag toe het onder die stamme van Israel geen genoegsame erfdeel aan hom toegeval nie.

2 En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man, dapper manne, uit Sorea en Est ol gestuur om die land te verken en dit te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die land. En hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van Miga en daar die nag oorgebly.

3 Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier?

4 Daarop sê hy vir hulle: So en so het Miga met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword.

5 Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees.

6 En die priester sê vir hulle: Gaan in vrede; voor die HERE lê julle pad waar julle langs sal gaan.

7 Toe gaan die vyf manne weg en hulle kom by Lais; en hulle sien dat die volk wat daarin was, veilig woon volgens die gewoonte van die Sidoniërs, rustig en onbesorg; en daar was niemand wat in enigiets leed doen in die land deur vermoë in besit te neem nie; en hulle was ver van die Sidoniërs af, terwyl hulle met geen mens gemeenskap gehad het nie.

8 En toe hulle by hul broers kom in Sorea en Est ol, sê hul broers vir hulle: Wat sê julle?

9 En hulle antwoord: Maak klaar, en laat ons teen hulle optrek! Want ons het die land gesien, en kyk, dit is baie goed; en julle sit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die land in besit te neem nie.

10 As julle daar kom, sal julle by 'n onbesorgde volk kom, en die land is alkante toe wyd; want God gee dit in julle hand, 'n plek waar aan niks op aarde gebrek is nie.

11 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die geslag van die Daniete, uit Sorea en Est ol, ses honderd man, omgord met wapens.

12 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Kirjat-Je rim in Juda; daarom noem hulle die plek Dan-se-Laer tot vandag toe; dit lê daar agter Kirjat-Je rim.

13 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van Miga.

14 Daarop het die vyf man wat gegaan het om die land van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie huise 'n skouerkleed en huisgode en 'n gesnede en 'n gegote beeld is? Weet dan nou wat julle moet doen!

15 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by die huis van die jongman, die Leviet, die huis van Miga, en hom na sy welstand gevra.

16 Onderwyl die ses honderd man wat uit die kinders van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,

17 het die vyf man wat gegaan het om die land te verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede beeld en die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem, terwyl die priester by die ingang van die poort bly staan saam met die ses honderd man met wapens omgord.

18 Toe daardie manne dan die huis van Miga ingegaan en die gesnede beeld, die skouerkleed en die huisgode en die gegote beeld geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle?

19 En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons 'n vader en 'n priester: is dit beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te wees vir 'n stam en 'n geslag in Israel?

20 Toe word die priester se hart vrolik, en hy neem die skouerkleed en die huisgode en die gesnede beeld en gaan tussen die manskappe in.

21 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt.

22 Nadat hulle 'n hele ent weg was van Miga se huis af, is die manne van die huise wat by Miga se huis staan, bymekaargeroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg

23 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai die hulle gesigte om en vra vir Miga: Wat is dit met jou dat julle bymekaargeroep is?

24 En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou?

25 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met 'n bitter gemoed op julle aanval en jy jou eie lewe en die lewe van jou huis verloor nie.

26 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers, terwyl Miga, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy huis teruggaan.

27 Maar hulle het saamgeneem wat Miga gemaak het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, 'n rustige en onbesorgde volk, oorval en die met die skerpte van die swaard verslaan en die stad met vuur verbrand.

28 En daar was geen redder nie, want dit was ver van Sidon af en hulle het met niemand gemeenskap gehad nie: dit het in die dal gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon daarin,

29 en noem die stad Dan, na die naam van hulle vader Dan wat vir Israel gebore is; maar tevore was die naam van die stad Lais.

30 En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jonatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.

31 En hulle het vir hulle die gesnede beeld van Miga opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die huis van God in Silo was.

1 在那些日子, 以色列中没有王。那时, 但支派还在寻找可居住的地业, 因为直到那一天, 在以色列的众支派中, 但支派仍没有得着地业。

2 于是但人从琐拉和以实陶, 差派他们家族中的五个勇士, 去窥探查察那地, 对他们说: "你们去查察那地吧。"他们来到以法莲山地, 进了米迦的家, 就在那里住宿。

3 他们在米迦的家附近, 认出那青年利未人的口音来, 就过去他那里问他: "谁带你到这里来?你在这里作什么?你在这里有什么?"

4 他回答他们: "米迦如此这般待我; 他雇了我, 我就作了他的祭司。"

5 他们对他说: "请你求问 神, 使我们知道我们要走的道路是否顺利。"

6 祭司对他们说: "你们平安地去吧, 你们要走的道路是蒙耶和华悦纳的。"

7 于是那五个人离开了, 来到拉亿, 看见那里的人民安然居住, 好像西顿人一样, 生活平静安稳; 在那地又没有人掌权, 使他们受屈辱; 他们离西顿人也很远, 也没有与别人来往。

8 他们回到琐拉和以实陶自己的族人那里去; 族人问他们: "你们有什么话说?"

9 他们回答: "起来, 我们上去攻击他们吧。因为我们已经看过那地, 见那地十分美好, 你们还静坐不动吗?不可再迟延, 要赶快去取得那地。

10 你们到了那里的时候, 你们必遇见安然居住的人民; 那地的两边宽阔, 神已经把那地交在你们手里; 那地百物俱全, 一无所缺。"

11 于是但人的家族中有六百人, 带着兵器从那里出发, 就是从琐拉和以实陶出发。

12 他们上去, 在犹大的基列.耶琳安营; 因此人把那地方叫作玛哈尼.但("玛哈尼.但"意即"但的军营"), 直到现在; 这地方是在基列.耶琳的西边。

13 他们从那里经过, 往以法莲山地去, 来到米迦的家。

14 从前去窥探拉亿地的五个人, 对他们的族人说: "这些屋子里有以弗得、神像、雕像和铸像, 你们知道吗?现在你们要考虑一下应该怎样行。"

15 于是他们五人转身, 进入米迦的家, 来到那青年利未人的屋里, 向他问安。

16 那六百但人, 带着兵器, 都站在门口。

17 从前去窥探那地的五个人上前, 进入里面, 把雕像、以弗得、神像和铸像都拿去了; 祭司和带着兵器的六百人都站在门口。

18 当那五个人进了米迦的家, 拿走雕像、以弗得、神像和铸像的时候, 祭司就问他们: "你们作什么呢?"

19 他们回答他: "不要出声, 用手掩着你的嘴, 跟我们走吧, 好作我们的师父和祭司。你作一家的祭司好呢?还是作以色列中一个支派一个家族的祭司好呢?"

20 祭司心里高兴, 就拿着以弗得、神像和雕像, 来到众人中间。

21 他们就转身离去, 把妇孺和牲畜, 以及财物, 都放在前面。

22 他们离开米迦的家很远的时候, 在米迦的家附近各家的人, 都被召集出来, 去追赶但人。

23 他们呼叫但人; 但人转过脸来, 问米迦: "你召集了这么多人出来作什么?"

24 米迦回答: "你们把我所做的神像和我的祭司都带走了, 我还有什么呢?你们怎么还问我: ‘你作什么’呢?"

25 但人对米迦说: "不要再让我们听见你的声音, 恐怕有暴躁的人攻击你们, 以致你和你全家尽都丧失性命。"

26 但人继续走他们的路; 米迦见他们比自己强, 就转身回自己的家去了。

27 但人把米迦所做的神像和他的祭司都带走, 他们来到拉亿, 去到平静安居的人民那里, 就用刀剑击杀了他们, 又用火烧了那城。

28 没有人搭救, 因为离西顿很远, 他们又与别人没有来往。这城位于靠近伯.利合的山谷中。但人重建那城, 住在其中。

29 按着他们的祖宗, 以色列所生的儿子但的名字, 给那城起名叫但; 其实那城原先的名字叫拉亿。

30 但人就为自己把那雕像立起来; 摩西的孙子、革顺的儿子约拿单和他的子孙, 都作了但支派的祭司, 直到那地遭受掳掠的日子。

31 神的殿在示罗有多少日子, 但人为自己设立米迦所做的雕像也有多少日子。