1 En dit is die verordeninge wat jy hulle moet voorhou:

2 As jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.

3 As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.

4 As sy heer aan hom 'n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy alleen vrygelaat word.

5 Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie --

6 dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met 'n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien.

7 En as iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe weggaan nie.

8 As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan 'n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.

9 Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;

10 as hy vir hom 'n ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.

11 En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.

12 Hy wat 'n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word.

13 Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou 'n plek aanwys waarheen hy kan vlug.

14 Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.

15 En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.

16 En hy wat 'n mens steel en hom verkoop -- of as hy in sy besit gevind word -- die moet sekerlik gedood word.

17 En hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.

18 En as manne twis en die een die ander slaan met 'n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word --

19 as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.

20 En as iemand sy slaaf of slavin met 'n stok slaan, dat die onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.

21 Maar as hy n een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.

22 En as manne met mekaar veg en 'n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.

23 Maar is daar 'n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,

24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,

25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.

26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.

27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.

28 En as 'n bees 'n man of 'n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly.

29 Maar as die bees tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit 'n man of 'n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word.

30 As aan hom losgeld opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.

31 Of dit 'n seun gestoot het of 'n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.

32 As die bees 'n slaaf of slavin stoot, moet hy aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.

33 En as iemand 'n put oopmaak, of as iemand 'n put grawe en dit nie toemaak nie, en 'n bees of esel val daarin,

34 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier geld gee, maar die dooie dier moet syne wees.

35 En as iemand se bees die bees van 'n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.

36 Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees.

1 "你要在众民面前订立的典章是这样的。

2 如果你买希伯来人作奴仆, 他要服事你六年; 到第七年他可以自由出去, 不必补偿什么。

3 他若是单身来, 就可以单身出去; 他若是有妇之夫, 他的妻子就可以和他同去。

4 他的主人若是给他妻子, 妻子又给他生了儿女, 那么妻子和儿女都要归给主人, 他自己要单独出去。

5 如果那奴仆明明说: ‘我爱我的主人和我的妻子儿女, 不愿意自由出去。’

6 他的主人就要把他带到审判官("审判官"原文作" 神")那里, 又要把他带到门前, 或是门柱旁; 他的主人要用锥子刺穿他的耳朵, 他就要永远服事他的主人。

7 如果有人把女儿卖作婢女, 婢女不可像男仆那样出去。

8 如果主人选定她归自己, 以后又不喜欢她, 就要准她赎身; 主人没有权力可以把她卖给外族人, 因为主人曾经欺骗了她。

9 如果主人选定她归自己的儿子, 就必须照着待女儿的规矩待她。

10 如果他另娶一个妻子, 那么, 对她的饮食、衣着和性的需要, 仍然不可减少。

11 如果他不向她行这三样, 她就可以自由出去, 不必补偿什么。

12 "打人以致把人打死的, 必要把那人处死。

13 人若不是蓄意杀人, 而是 神交在他手中的, 我就给你设立一个地方, 他可以逃到那里去。

14 若有人任意待他的邻舍, 用诡计把他杀了, 你要把他从我的祭坛那里拿去处死。

15 "打父母的, 必要把那人处死。

16 "拐带人口的, 无论是把人卖了, 或是还留在他手中, 必要把那人处死。

17 咒骂父母的, 必要把那人处死。

18 "如果人彼此争论, 一个用石头或拳头打另一个, 但他还没有死, 不过要躺在床上,

19 以后, 他若是能起来, 能扶杖出外行走, 那打他的就可算无罪, 但要赔偿他停工的损失, 并且要把他完全医好。

20 "如果有人用棍打他的奴仆或婢女, 以致死在他的手下, 他必须受刑罚;

21 但如果他还活一两天, 那人就不必受刑罚, 因为那奴仆是他的财产。

22 "如果人彼此争斗, 击伤了怀孕的妇人, 以致流产, 但没有别的损害, 那伤害她的必须按照妇人的丈夫要求的, 和照着审判官断定的, 缴纳罚款。

23 如果有别的损害, 你就要以命偿命,

24 以眼还眼, 以牙还牙, 以手还手, 以脚还脚,

25 以烙还烙, 以伤还伤, 以打还打。

26 "如果有人击打他奴仆的一只眼, 或婢女的一只眼, 把眼打坏了, 就要因他的眼的缘故让他自由离去。

27 如果有人打落了他奴仆的一只牙, 或婢女的一只牙, 就要因他的牙的缘故让他自由离去。

28 "如果牛触了男人或女人, 以致死亡, 那牛必须用石头打死, 只是不可吃牛的肉; 牛的主人却不必受刑罚。

29 如果那牛以前常常触人, 牛主也曾经受过警告, 他仍然不把牛拴好, 以致触死了男人或是女人, 就要用石头把那牛打死, 牛主也必要处死。

30 如果给他提出赎金, 他就必须照着提出的数量全数缴付赎命金。

31 牛无论触了人的儿子, 或是触了人的女儿, 都必须照着这定例办理。

32 如果牛触了人的奴仆, 或是婢女, 必须把三百四十克银子给他的主人, 那牛也必须用石头打死。

33 "如果有人把井敞开, 或是有人挖了井, 而不把井口遮盖, 以致有牛或驴掉进里面,

34 井主要赔偿, 要把银子还给牛主或驴主, 死的牲畜可以归自己。

35 "如果有人的牛伤了他邻舍的牛, 以致死亡, 他们要把活牛卖了, 平分银子, 也要平分死牛。

36 如果人知道那牛以前常常触人, 牛主竟不把牛拴好, 他必须赔偿, 以牛还牛, 死的可以归自己。"