1 En 'n man uit die huis van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem.
2 En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.
3 Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 'n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit.
4 En sy suster het op 'n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.
5 En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om 'n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die mandjie tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal.
6 Nadat sy dit oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was 'n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs.
7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u 'n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog?
8 En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.
9 Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.
10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.
11 En in die dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe 'n Egiptiese man 'n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.
12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.
13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?
14 En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword!
15 En toe Farao van die saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land M¡dian gaan woon. En hy het by 'n put gesit.
16 En die priester van M¡dian het sewe dogters gehad: die het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
17 Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle en laat hulle vee drink.
18 En toe hulle by hul vader R,huel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou?
19 En hulle antwoord: 'n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink.
20 Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet.
21 En Moses het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moses sy dogter Sippora gegee.
22 En toe sy 'n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling in 'n vreemde land geword.
23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.
24 En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.
25 En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.
1 有一个利未家的人去娶了一个利未女子为妻。
2 那女人怀孕, 生了一个儿子; 见他俊美, 就把他藏了三个月。
3 直到她不能把他再藏了, 就拿一个蒲草箱来, 涂上沥青和石漆; 把孩子放在里面, 把箱子放在河边的芦苇丛中。
4 孩子的姊姊远远地站着, 要知道孩子究竟怎样。
5 那时, 法老的女儿下到河边去洗澡; 她的使女们在河边行走; 她看见了在芦苇中的箱子, 就打发自己的使女去把箱子拿过来。
6 她打开了, 就看见那孩子; 看哪, 孩子哭了, 她就怜悯他, 说: "这是希伯来人的一个孩子。"
7 孩子的姊姊对法老的女儿说: "我去从希伯来妇人中给你请一个奶妈来, 为你乳养这个孩子可以吗?"
8 法老的女儿回答: "你去吧。"童女就去把孩子的母亲请了来。
9 法老的女儿对她说: "你把这孩子抱去, 替我乳养他, 我必给你工钱。"妇人就抱了孩子去乳养他。
10 孩子长大了, 妇人把他带到法老的女儿那里, 他就作了法老女儿的儿子。她给孩子起名叫摩西, 说: "因为我把他从水里拉出来。"
11 过了些日子, 摩西长大了, 有一次, 他出去到他的同胞那里去, 看见他们的重担, 又看见一个埃及人打他的一个同胞希伯来人。
12 摩西左右观望, 见没有人, 就把那埃及人击杀了, 埋藏在沙土里。
13 第二天他又出去, 看见两个希伯来人彼此争斗着, 就对那欺负人的说: "你为什么打你同族的人呢?"
14 那人回答: "谁立了你作我们的领袖和审判官呢?难道你想杀我, 好像杀那个埃及人一样吗?"摩西就惧怕起来, 心里想: "这事必定给人知道了! "
15 法老听见这事, 就设法要杀摩西; 摩西躲避法老, 就往米甸地去居住; 有一天他坐在井旁。
16 米甸的祭司有七个女儿, 她们来打水, 打满了水槽, 要给父亲的羊群喝。
17 有些牧人来了, 把她们赶走; 摩西却起来, 救了她们, 也给她们的羊群喝水。
18 她们回到父亲流珥那里, 父亲问: "今天你们为什么赶着回来呢?"
19 她们说: "有一个埃及人救我们脱离了牧羊人的手, 而且还为我们打水给羊群喝。"
20 父亲对众女儿说: "他在哪里?你们为什么撇下那人呢?去请他来吃饭。"
21 摩西乐意和那人同住; 那人把自己的女儿西坡拉给了摩西作妻子。
22 西坡拉生了一个儿子, 摩西给他起名叫革舜, 因为他说: "我在异地作了客旅。"
23 过了很久, 埃及王死了。以色列人在捆锁中叹息, 他们就呼求, 在捆锁中的呼求达到 神那里。
24 神听见他们的呼声, 就记念他与亚伯拉罕、以撒、雅各所立的约。
25 神看顾以色列人, 也关注他们。