1 Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:

2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 'n heiligheid, 'n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.

3 Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.

4 Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:

5 Neem van julle besittings 'n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;

6 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

7 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.

10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:

11 die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

12 die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;

13 die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;

14 en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar;

15 en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel;

16 die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

18 die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

19 die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester A„ron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

20 Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan.

21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;

22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat 'n offer van goud aan die HERE gewy het,

23 en elkeen wat in besit was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle, het dit gebring.

24 Elkeen wat 'n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

26 En al die vroue wie se hart hulle opgewek het deur kunsvaardigheid, het die bokhaar gespin.

27 En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

28 en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur die diens van Moses beveel het om te verrig -- as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.

30 Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die HERE het Bes leël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

32 en om kunstige planne uit te dink, om die uit te voer in goud en silwer en koper,

33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk -- om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

34 Hy het dit ook in sy hart gegee om ander te onderrig, aan hom en aan Oholiab, die seun van Ah¡samag, van die stam van Dan.

35 Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

1 摩西召集了以色列全体会众, 对他们说: "这就是耶和华吩咐的话, 要你们遵行。

2 六日要工作, 但第七日是你们的圣日, 要归耶和华为休息的安息日。凡是在这日工作的, 必须把他处死。

3 在安息日, 不可在你们任何的住处生火。"

4 摩西告诉以色列全体会众说: "耶和华吩咐的是这样, 他说:

5 ‘你们要从你们中间拿礼物来给耶和华, 凡是甘心乐意的, 都可以把耶和华的礼物带来, 就是金、银、铜、

6 蓝色紫色朱红色线、细麻、山羊毛、

7 染红的公羊皮、海狗皮、皂荚木、

8 灯油, 以及作膏油和芬芳的香的香料、

9 红玛瑙宝石, 以及可以镶嵌在以弗得和胸牌上的宝石。

10 "‘你们中间凡是心里有智慧的都要来, 做耶和华吩咐的一切,

11 就是做帐幕、帐幕的棚罩、帐幕的盖、钩子、木板、横闩、柱子、帐幕的座、

12 柜、柜杠、施恩座、遮盖至圣所的幔子、

13 桌子、桌子的杠、桌子的一切器具、陈设饼、

14 灯台、灯台的器具、灯盏、灯油、

15 香坛、香坛的杠、膏油、芬芳的香、帐幕门口的门帘、

16 燔祭坛、坛的铜网、坛杠、坛的一切器具、洗濯盆、盆座、

17 院子的帷子、帷子的柱子、帷子的座、院子的门帘、

18 帐幕的钉子、院子的钉子, 以及这两处的绳子、

19 在圣所供职用的彩衣、祭司亚伦的圣衣和他儿子供祭司职用的衣服。’"

20 以色列全体会众从摩西面前离去了。

21 凡是心里受感、灵里乐意的, 都来了; 他们把耶和华的礼物都带来了, 用作会幕的工程和会幕中的一切使用, 又用来做圣衣。

22 凡是甘心乐意的, 不论男女, 都来了, 把金针、耳环、戒指、手钏和各样的金器都送来。他们各人都把金子作礼物呈献给耶和华。

23 凡是有蓝色紫色朱红色线、细麻、山羊毛、染红的公羊皮、海狗皮的, 都送了来。

24 凡是奉献银子和铜为礼物的, 都带了来作耶和华的礼物; 凡是有皂荚木可以用作工程上任何使用的, 都带了来。

25 凡是心中有智慧的妇女都亲手纺织, 把所纺的蓝色紫色朱红色线都带了来。

26 凡是有心意又有智慧的妇女, 都纺山羊毛。

27 首领把红玛瑙宝石, 以及可以镶嵌在以弗得和胸牌上的宝石都带了来;

28 又带来了香料、点灯用的油、膏油、芬芳的香。

29 以色列人无论男女, 凡是甘心乐意为作耶和华借摩西吩咐的一切工程的, 都把自愿奉献的礼物带了来献给耶和华。

30 摩西对以色列人说: "看哪, 犹大支派中户珥的孙子、乌利的儿子比撒列, 耶和华已经提名召他,

31 又用 神的灵充满他, 使他有智慧, 有聪明, 有知识, 有作一切巧工的技能。

32 能巧设图案, 用金、银、铜制造各物;

33 又能雕刻宝石, 用来镶嵌; 又能雕刻木头, 用来制造各种巧工。

34 耶和华又赐给他和但支派中亚希撒抹的儿子亚何利亚伯, 心里有教导人的恩赐。

35 耶和华又用智慧充满他们的心, 使他们能作各种工作, 雕刻的工, 设图案的工, 用蓝色紫色朱红色线和细麻刺绣的工, 以及编织的工。他们能作各种工程, 也能巧设图案。"