1 In die derde maand n die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom --
2 hulle het van R fidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan.
3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
6 En julle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
9 En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in 'n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jou kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.
10 Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre , en laat hulle hul klere was
11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.
12 Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met 'n pyl geskiet word; of dit 'n dier of 'n mens is -- hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.
14 Toe het Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.
15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.
16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.
17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.
18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.
20 Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
21 En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.
22 En ook die priesters wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
23 Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.
24 Daarop sê die HERE vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en A„ron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.
1 以色列人从埃及地出来以后, 满了三个月的那一天, 就来到西奈的旷野。
2 他们从利非订起行, 来到西奈的旷野, 就在旷野安营; 以色列人在那座山前安了营。
3 摩西上到 神那里去, 耶和华从山上呼唤他, 说: "你要这样告诉雅各家, 吩咐以色列人说:
4 ‘我向埃及人所行的, 你们都看见了; 也看见了我怎样像鹰一样把你们背在翅膀上, 带领你们到我这里来。
5 现在你们若是实在听我的话, 遵守我的约, 你们就必在万民中作属我的产业, 因为全地都是我的。
6 你们要归我作君尊的祭司和圣洁的国民。’这些话你都要对以色列人说。"
7 摩西去把人民的长老召了来, 把耶和华吩咐他的这一切话都摆在他们面前。
8 人民都一致地回答, 说: "凡是耶和华吩咐的, 我们都要遵行。"摩西就去把人民的话回复耶和华。
9 耶和华对摩西说: "看哪, 我要在密云中降临到你那里, 为要使人民在我与你说话的时候可以听见, 也可以永远信你。"于是, 摩西把人民的话告诉了耶和华。
10 耶和华对摩西说: "你到人民那里去, 要他们今天明天分别为圣, 又要他们洗净自己的衣服;
11 第三天, 他们要准备好了, 因为第三天耶和华要在全体人民眼前降临在西奈山。
12 你要在山的周围给人民定界限, 说: ‘你们要谨慎, 不可上山来, 也不可触摸山脚; 凡是触摸着那山的, 必要把他处死。
13 不可用手触摸他, 必须用石头把他打死, 或用箭射透; 无论是牲畜, 是人, 都不得生存。’当号角声拖长的时候, 你们才可以上到山上来。"
14 摩西从山上下来到人民那里去, 使人民分别为圣, 他们就把自己的衣服洗净了。
15 他对人民说: "第三天, 你们要预备好了; 不可亲近女人。"
16 到了第三天早晨的时候, 山上有雷声、闪电和密云, 并且角声非常强大, 以致所有在营中的人民都颤抖。
17 摩西率领人民出营去迎接 神, 他们都站在山下。
18 西奈全山冒烟, 因为耶和华在火中降临到山上; 山的烟向上升, 好像火窑的烟一样。全山猛烈震动。
19 角声越来越大, 大到极点的时候, 摩西就说话, 神用雷声回答摩西。
20 耶和华降临在西奈山上, 就是降临到山顶上; 耶和华呼召摩西上山顶, 他就上去了。
21 耶和华对摩西说: "你下去警告人民, 不可闯过来, 到我这里观看, 免得他们中间有很多人灭亡。
22 又叫那些亲近耶和华的祭司分别为圣, 恐怕耶和华忽然击杀他们。"
23 摩西对耶和华说: "人民不能上西奈山, 因为你曾经警告我们, 说: ‘要给山定界限, 也要把山分别为圣。’"
24 耶和华对他说: "下去吧, 你要和亚伦一起再上来, 只是祭司和人民都不可闯过来, 上到我这里, 恐怕我忽然击杀他们。"
25 于是, 摩西下到人民那里告诉他们。