1 Toe het die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
2 En hou jou gereed teen die môre , en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg.
3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
4 Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
5 En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
6 En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
7 wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
8 Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
9 en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is 'n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as 'n erfdeel.
10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit 'n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien 'n strik by jou word nie.
13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.
14 Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers -- 'n jaloerse God is Hy.
15 Sluit tog nie 'n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;
16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
18 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.
19 Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.
20 Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
22 Die fees van die weke moet jy ook hou, die fees van die eerstelinge van die koring-oes; en die fees van die insameling by die wisseling van die jaar.
23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
24 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.
25 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre toe oorbly nie.
26 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
27 Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek 'n verbond gesluit met jou en met Israel.
28 En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
29 En toe Moses van die berg Sinai afdaal -- die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.
30 En toe A„ron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom.
31 Maar Moses het hulle geroep, en A„ron en al die owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moses het met hulle gespreek.
32 En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
33 Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy 'n sluier oor sy gesig getrek.
34 Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,
35 sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.
1 耶和华对摩西说: "你要凿出两块石版, 好像先前的一样, 我要把先前写在你摔碎了的石版上的字写在这两块石版上。
2 早晨之前, 你要预备好了; 到早晨的时候, 你要上到西奈山来, 在山顶上站在我面前。
3 谁也不准同你一起上来, 整个山都不准有人出现, 也不准牛羊在这山前吃草。"
4 摩西就凿了两块石版, 好像先前的一样。他一早起来, 照着耶和华吩咐他的, 上到西奈山去, 手里拿着两块石版。
5 耶和华在云彩中降下来, 与摩西一同站在那里, 并且宣告耶和华的名字。
6 耶和华在摩西面前经过, 并且宣告说: "耶和华, 耶和华, 是有怜悯有恩典的 神, 不轻易发怒, 并且有丰盛的慈爱和诚实,
7 为千千万万人留下慈爱, 赦免罪孽、过犯和罪恶。一定要清除罪, 追讨罪孽自父及子至孙, 直到三四代。"
8 摩西急忙俯首在地敬拜,
9 说: "主啊, 我若是在你眼前蒙恩, 求我主与我们同行, 因为这是硬着颈项的人民。又求你赦免我们的罪孽和我们的罪恶, 把我们当作你的产业。"
10 耶和华说: "看哪, 我要立约, 我要在你全体的人民面前作奇妙的事, 是在全地万国中没有行过的。在你四周的万民都必看见耶和华的作为, 因为我向你所行的是可畏惧的事。
11 我今天吩咐你的, 你务要遵守。看哪, 我要把亚摩利人、迦南人、赫人、比利洗人、希未人、耶布斯人, 从你面前赶逐出去。
12 你要小心, 不可与你所去的那地的居民立约, 恐怕这事在你中间成为陷阱。
13 他们的祭坛你们却要拆毁, 他们的柱像你们要打碎, 他们的亚舍拉你们要砍下。
14 你不可敬拜别的神, 因为耶和华是忌邪的 神, 他名为忌邪者。
15 恐怕你与那地的居民立约, 他们随从自己的神行邪淫, 给自己的神献祭的时候, 有人叫你, 你就吃他的祭物;
16 又恐怕你给你的儿子娶他们的女儿为妻, 他们的女儿随从自己的神行邪淫的时候, 使你的儿子也随从她们的神行邪淫。
17 你不可为自己铸造神像。
18 "你要守除酵节, 要照着我吩咐你的, 在亚笔月内所定的时期吃无酵饼七天, 因为你是在亚笔月从埃及出来的。
19 凡是头胎的都是我的; 你的牲畜中, 无论是牛或羊, 凡是公的和头生的, 都是我的。
20 头生的驴, 你要用羊代赎, 如果不代赎, 就要打断它的颈项。你所有头胎的儿子, 你都要代赎出来。没有人可以空手见我。
21 "你六日要工作, 但第七天你要休息, 在耕种和收割的时候, 也要休息。
22 在收割初熟麦子的时候, 你要守七七节; 在年底, 你要过收割节。
23 你所有的男子, 都要一年三次去见主耶和华以色列的 神。
24 我要把列国从你面前赶出去, 扩张你的境界; 你一年三次上去面见耶和华你的 神的时候, 必没有人贪图你的地。
25 "你不可把我祭物的血和有酵的饼一同献上, 逾越节的祭物也不可留到早晨。
26 你要把你地里最早生产的初熟之物送到耶和华你的 神的殿里。不可用羊羔母的奶去煮羊羔。"
27 耶和华对摩西说: "你要把这些话写上, 因为我是按着这些话与你和以色列人立约的。"
28 摩西在那里与耶和华在一起共四十昼夜, 不吃饭, 也不喝水。他把这约的话写在两块版上, 这就是十诫。
29 摩西从西奈山下来的时候, 手里拿着两块法版; 摩西从山上下来的时候, 不知道自己的脸皮因为与耶和华谈过话而发光。
30 亚伦和全体以色列人看见了摩西, 见他脸上发光, 就害怕接近他。
31 摩西叫他们过来, 于是, 亚伦和会众中所有的首领才回到摩西那里去, 摩西就与他们谈话。
32 以后, 全体以色列人都近前来, 摩西就把耶和华在西奈山上与他所说的一切话都吩咐他们。
33 摩西和他们说完了话, 就用帕子蒙上自己的脸。
34 每逢摩西进到耶和华面前与他谈话的时候, 就把帕子揭去, 直到他出来。他出来了, 就把耶和华吩咐他的对以色列人说。
35 以色列人看见摩西的脸, 见他的脸皮发光。摩西再用帕子蒙上自己的脸, 直到他进去和耶和华说话为止。