1 So moet dan Bes leël en Oholiab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.

2 En Moses het Bes leël en Oholiab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.

3 En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar hulle het vir hom nog elke môre vrywillige offergawes gebring.

4 Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die heiligdom besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was,

5 en hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die HERE die vervaardiging beveel het.

6 Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het 'n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring;

7 want die boustof was vir hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.

8 So het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met g,rubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.

9 Die lengte van elke tentdoek was agt en twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.

10 En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.

11 En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.

13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.

14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.

15 Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.

16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.

17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.

19 Ook het hy vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor 'n dekkleed van robbevelle.

20 Hy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.

21 Die lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.

22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.

23 En hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.

24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.

25 Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak

26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

27 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.

28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.

29 En hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke.

30 So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl.

31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel

32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.

33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.

34 En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.

35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met g,rubs.

36 En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.

37 Hy het ook vir die ingang van die tent 'n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;

38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.

1 比撒列和亚何利亚伯, 以及心里有智慧的, 就是蒙耶和华赐与智慧与聪明, 使他们知道怎样制造供圣所使用的一切工程的人, 都照着耶和华吩咐的一切去作。

2 于是, 摩西把比撒列和亚何利亚伯, 以及心里有智慧的, 就是蒙耶和华赐他们心里有智慧的人, 凡是心里受感要前来作这工的人, 都召了来。

3 他们当着摩西面前, 接收了以色列人为供圣所使用的工程带来的一切礼物。他们天天早晨还把自愿奉献的礼物带到摩西那里来。

4 凡是作圣所一切工的智慧人, 各人都放下自己所作的工, 来了。

5 他们告诉摩西: "人民带来的太多, 超过耶和华吩咐所作工程使用的需要。"

6 于是摩西下令, 他们就在营中宣告, 说: "无论男女都不必再为圣所的工程奉献什么礼物。"这样, 人民才被拦阻, 不送什么礼物来。

7 因为所有的材料够作一切工程, 而且有余。

8 在作这工程的人中, 凡是心里有智慧的, 用十幅幔子作帐幕; 这些幔子是用捻的细麻、蓝色紫色朱红色线做的, 并且用设计的巧工绣上基路伯。

9 每一幅幔子长十二公尺, 每一幅幔子宽两公尺, 所有的幔子都是一样的尺寸。

10 他把五幅幔子一一相连; 也使另外五幅幔子一一相连。

11 在第一组相连的幔子末幅的边缘上, 他做蓝色的钮扣; 在另一组相连的幔子末幅的边缘上, 他也照样作。

12 在这一幅幔子上, 他做了五十个钮扣; 在第二幅相连的幔子的边缘上, 他也做了五十个钮扣, 这些钮扣都彼此相对。

13 又做了五十个金钩, 用钩子使幔子彼此相连。这样就成了一个帐幕。

14 他又用山羊毛做了幔子, 作为帐幕上的罩棚, 共做了十一幅幔子。

15 每一幅幔子长十三公尺, 宽两公尺, 十一幅幔子都是一样的尺寸。

16 他把五幅幔子相连在一起, 又把另外六幅幔子相连在一起。

17 在第一组相连的幔子末幅的边缘上, 做了五十个钮扣; 在第二组相连的幔子末幅的边缘上, 也做了五十个钮扣。

18 又做了五十个铜钩, 使罩棚相连, 可以成为一个。

19 用染红的公羊皮做了罩棚的盖, 又用海狗皮做盖, 放在罩棚的盖上面。

20 他替帐幕用皂荚木做了竖板。

21 每块板长四公尺, 宽六十六公分。

22 每块板有两个榫头, 彼此相连接; 帐幕一切木板, 他都这样做。

23 他为帐幕做板, 给南边, 就是向南的方向做了二十块板。

24 在这二十块板底下, 做了四十个银座; 这块板底下的两个银座用来连接板的两个榫头, 那块板底下的两个银座用来连接它的两个榫头。

25 他为帐幕的第二边, 就是北面, 也做了二十块板,

26 和四十个银座; 这一块板底下有两个银座, 那一块板底下也有两个银座。

27 帐幕的后面, 就是西面, 做了六块板。

28 他替帐幕后面两个角上做了两块板。

29 板的下截是双的, 直到上面的第一个环才接合完整; 他把两块板都这样做了, 形成两个角。

30 所以共有八块板, 十六个银座。每一块板底下都有两个银座。

31 他又用皂荚木做了横闩, 替帐幕这一边的板做了五个横闩,

32 替帐幕第二边的板也做了五个横闩, 替帐幕后面, 就是西面的板也做了五个横闩,

33 他又做了中间的横闩, 穿过板腰, 从这一端穿到那一端。

34 他用金子把板包裹, 也做了板上的金环, 用作穿横闩的地方, 并且也用金子把横闩包裹。

35 他用蓝色紫色朱红色线和捻的细麻做了一幅幔幕, 用巧设的图案手工绣上基路伯。

36 他替幔幕做了四根皂荚木柱子, 用金子包裹, 柱钉是金的, 又替柱子铸造四个银座。

37 又用蓝色紫色朱红色线和捻的细麻, 用绣花的手工做成帐幕的门帘;

38 又为门帘做了五根柱子和柱子上的钉子, 用金子把柱顶和横杆包裹。但那五个座是铜的。