1 Toe Israel 'n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.
2 Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van hulle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.
3 En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie.
4 Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.
5 Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur -- die sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.
6 En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne.
7 Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.
8 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Sebo‹m: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.
9 Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie 'n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.
10 Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom.
11 Hulle sal sidderende aankom soos 'n voëltjie uit Egipte en soos 'n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE.
1 "以色列年幼的时候, 我就爱他。我从埃及召我的儿子出来。
2 可是我越发呼唤他们, 他们越发走开; 他们给巴力献祭, 向偶像烧香。
3 然而是我教导以法莲走路的; 我用双臂抱他们, 他们却不知道是我医治了他们。
4 我用慈绳爱索牵引他们, 我待他们像人拉高牛的轭在两颚之上, 又向他们俯身, 喂养他们。
5 "他们必返回埃及地, 亚述要作他们的王; 因为他们不肯回来归我。
6 刀剑必在他们的城中飞舞, 毁坏他们的门闩, 因着他们自己的计谋, 吞灭他们。
7 我的子民决要背道离开我, 他们因着所负的轭而呼求, 却没有人给他们卸下。
8 "以法莲啊, 我怎能舍弃你! 以色列啊, 我怎能把你交出来! 我怎能对你如同押玛, 待你好像洗扁呢! 我的心肠翻转, 我的怜悯发动。
9 我必不让我的烈怒发作, 必不再毁灭以法莲; 因为我是 神, 不是世人; 我是你们中间的圣者, 必不会含怒而来。
10 他们必跟随耶和华; 耶和华要像狮子吼叫; 他一吼叫, 他们就从西方战战兢兢而来。
11 他们必战战兢兢而来, 像从埃及赶来的飞鸟, 如从亚述地赶来的鸽子, 我要使他们住在自己的房子里。这是耶和华说的。
12 以法莲用虚谎, 以色列家用诡诈包围着我; 犹大还是与 神对抗, 就是对抗那可信可靠的至圣者。(本节在《马索拉抄本》为12:1)