1 Daarna het Jos¡a in Jerusalem die pasga tot eer van die HERE gehou; en hulle het die pasga geslag op die veertiende van die eerste maand.
2 En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die huis van die HERE.
3 Ook het hy aan die Leviete, die onderwysers van die hele Israel, wat heilig was aan die HERE, gesê: Sit die heilige ark in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het; julle hoef niks meer op die skouers te dra nie: dien nou die HERE julle God en sy volk Israel;
4 en hou julle gereed volgens julle families, volgens julle afdelings, ooreenkomstig die voorskrif van Dawid, die koning van Israel, en die verordening van sy seun Salomo:
5 gaan staan in die heiligdom volgens die afdelings van die families van julle broers, die volksgenote, naamlik vir elkeen daarvan 'n afdeling van 'n Levitiese familie;
6 en slag die pasga en heilig julle en berei dit vir julle broers, om te doen volgens die woord van die HERE deur die diens van Moses.
7 En Jos¡a het aan die mense uit die volk afgegee kleinvee, skaaplammers en boklammers, dit alles as paasoffers, aan almal wat daar aanwesig was, dertig duisend in getal, en drie duisend beeste; dit was uit die besitting van die koning.
8 Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee. Hilk¡a en Sagar¡a en J,hiël, die vorste oor die huis van God, het aan die priesters as paasoffers twee duisend ses honderd stuks kleinvee en drie honderd beeste gegee.
9 En Kon nja en sy broers Sem ja en Net neël, en Has bja en Je‹-el en Josabad, die owerstes van die Leviete, het aan die Leviete as paasoffers vyf duisend stuks kleinvee en vyf honderd beeste afgegee.
10 Die diens is toe gereël: die priesters het op hul plek gaan staan, en die Leviete volgens hulle afdelings, volgens die bevel van die koning.
11 Daarna het hulle die pasga geslag, en die priesters het die bloed uit die Leviete se hand geneem en dit uitgegooi, onderwyl die Leviete besig was om af te slag.
12 En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om dit aan die familie-afdelings van die mense van die volk te gee om aan die HERE te offer, soos geskrywe is in die boek van Moses; en net so met die beeste.
13 En hulle het die pasga op die vuur gebraai volgens die voorskrif, maar die heilige gawes in potte en in kanne en in skottels gekook en gou aan al die mense van die volk gebring.
14 Daarna het hulle dit ook vir hulleself berei en vir die priesters; want die priesters, die seuns van A„ron, was tot in die nag besig met die offer van die brandoffer en die vetstukke; daarom het die Leviete dit vir hulleself en vir die priesters, die seuns van A„ron, berei.
15 En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel van Dawid en van Asaf en Heman en Jedutun, die siener van die koning, en die poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het dit vir hulle berei.
16 Die hele diens van die HERE is toe op die dag gereël -- om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van die HERE volgens die gebod van koning Jos¡a.
17 En die kinders van Israel wat aanwesig was, het die pasga gehou in die tyd, en ook die fees van die ongesuurde brode, sewe dae lank.
18 So 'n pasga soos die is in Israel nie gehou van die dae van die profeet Samuel af nie, en al die konings van Israel het nie so 'n pasga gehou as wat Jos¡a en die priesters en die Leviete en die hele Juda en Israel wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie.
19 In die agttiende jaar van die regering van Jos¡a is hierdie pasga gehou.
20 N dit alles, toe Jos¡a die huis herstel het, het Nego, die koning van Egipte, opgetrek om te veg by K rkemis aan die Eufraat, en Jos¡a het uitgetrek hom tegemoet.
21 Toe stuur hy boodskappers na hom om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jou nie, maar teen die huis wat gedurig teen my oorlog voer; en God het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie.
22 Jos¡a het egter sy gesig nie van hom afgewend nie, maar homself onkenbaar gemaak om teen hom te veg; hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie, en aangekom om te veg in die laagte van Meg¡ddo.
23 En die skutters het koning Jos¡a raak geskiet. Toe sê die koning aan sy dienaars: Bring my weg, want ek is swaar gewond.
24 Sy dienaars bring hom toe van die strydwa af weg en laat hom op sy tweede wa ry en vervoer hom na Jerusalem; en hy het gesterwe en is begrawe in die grafte van sy vaders, terwyl die hele Juda en Jerusalem oor Jos¡a gerou het.
25 En Jerem¡a het 'n klaaglied op Jos¡a gedig, en al die sangers en sangeresse het in hulle klaagliedere van Jos¡a gespreek tot vandag toe en dit tot 'n insetting in Israel gemaak; en kyk, dit is beskrywe in die Klaagliedere.
26 En die verdere geskiedenis van Jos¡a en sy vrome dade, volgens wat geskrywe is in die wet van die HERE,
27 sy geskiedenis dan, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.
1 约西亚在耶路撒冷守逾越节记念耶和华; 正月十四日他们宰了逾越节的羊羔。
2 王指派各祭司的职务, 又鼓励他们去作耶和华殿的事务。
3 他又对那些教导以色列众人, 分别为圣归耶和华的利未人说: "你们要把圣约柜安放在以色列王大卫的儿子所罗门建造的殿里; 不必再用肩膀扛抬。现在你们要服事耶和华你们的 神, 服事他的子民以色列。
4 你们要按着家族和照着班次, 根据以色列王大卫所写的和他儿子所罗门所写的, 自己好好预备。
5 你们要按着你们的亲族这平民的家族的班次, 侍立在圣所; 每个班次中要有几个利未家族的人。
6 你们要宰逾越节的羊羔, 洁净自己, 为你们的亲族预备一切, 遵守耶和华借摩西吩咐的话。"
7 于是约西亚送出绵羊羔和山羊羔共三万只, 还有公牛三千头, 给所有在场的人民作逾越节的祭牲; 这些都是取自王的财产。
8 约西亚手下的众领袖也自愿把祭牲送给人民、祭司和利未人; 又有 神殿的总管希勒家、撒迦利亚和耶歇, 也把羔羊二千六百只和公牛三百头, 送给祭司作逾越节的祭牲。
9 利未人的领袖歌楠雅和他的两个兄弟示玛雅和拿坦业, 以及哈沙比雅、耶利和约撒拔, 也把羊羔五千只和公牛五百头, 送给利未人作逾越节的祭牲。
10 这样, 事奉的职务安排好了以后, 他们照着王的吩咐, 祭司站在自己的岗位, 利未人也按着自己的班次侍立。
11 利未人宰了逾越节的羊羔, 祭司从他们的手里把血接过来, 洒在坛上, 利未人剥了祭牲的皮,
12 把作燔祭的部分拿去, 按着各家族的系别分给众民, 使他们可以照着摩西的书上所写的, 奉献给耶和华。奉献公牛也是这样。
13 他们按照规矩用火烤逾越节的羊羔, 其他的圣物用锅、用釜, 或用煎盘煮熟, 迅速地送给众民;
14 然后他们才为自己和祭司预备祭物, 因为作祭司的亚伦的子孙忙于献上燔祭和脂肪, 直到晚上, 利未人才为自己和祭司亚伦的子孙预备祭物。
15 歌唱的亚萨的子孙, 照着大卫、亚萨、希幔和王的先见耶杜顿的吩咐, 站在自己的岗位上; 守门的看守各门, 不用离开自己的职务, 因为他们的利未亲族为他们预备了祭物。
16 这样, 当日一切事奉耶和华的职务都安排好了, 就照着约西亚王的吩咐守逾越节, 和在耶和华的祭坛上献上燔祭。
17 当时在场的以色列人守逾越节, 又守除酵节七天。
18 自从撒母耳先知的日子以来, 在以色列中没有守过像这样的逾越节; 以色列诸王也都没有守过这样的逾越节, 像约西亚、祭司、利未人、犹大众人和在场的以色列人, 以及耶路撒冷的居民守的。
19 这逾越节是约西亚在位第十八年守的。
20 约西亚整理好圣殿的一切事以后, 埃及王尼哥上来, 帮助靠近幼发拉底河的迦基米施; 约西亚就出去阻挡他。
21 尼哥差派使者来见约西亚说: "犹大王啊, 我和你有什么不对呢?我现在不是来攻击你, 而是要攻击和我交战的那国家; 并且 神吩咐我要赶快, 你不可干预 神的事, 免得他毁灭你, 因为 神和我同在。"
22 约西亚却不肯离开他, 反而改了装要和他作战, 不听从 神借尼哥所说的话; 于是他去到米吉多平原和尼哥交战。
23 弓箭手射中了约西亚王; 王对他的臣仆说: "你们把我带走吧, 因为我受了重伤。"
24 他的臣仆把他从战车上扶下来, 放在他的第二辆战车上, 把他送回耶路撒冷去, 他跟着就死了, 埋葬在他列祖的坟墓里。犹大和耶路撒冷的众人都为约西亚哀悼。
25 耶利米为约西亚作了哀歌; 所有歌唱的男女都唱哀歌, 哀悼约西亚, 直到今日; 甚至在以色列中成了定例。这歌记在哀歌书上。
26 约西亚其余的事迹, 和他按着耶和华律法上所记而行的善事,
27 以及他一生的始末, 都记在以色列和犹大列王记上。