1 Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Jehisk¡a afgebreek het, en altare opgerig vir die Ba„ls en heilige boomstamme gemaak en hom neergebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;

4 ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.

5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE.

6 Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.

7 Hy het ook 'n gesnede afgodsbeeld wat hy gemaak het, in die huis van God opgestel waarvan God aan Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel verkies het, sal Ek vir ewig my Naam vestig.

8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat wyk van die grond wat Ek vir julle vaders bestem het nie, as hulle net sorgvuldig doen alles wat Ek hulle beveel het volgens die hele wet en die insettinge en verordeninge deur die diens van Moses.

9 Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.

10 En die HERE het met Manasse en met sy volk gespreek, maar hulle het nie geluister nie.

11 Daarom het die HERE die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en die het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.

12 Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders

13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is.

14 En daarna het hy 'n buitemuur vir die stad van Dawid gebou, westelik van die Gihon in die dal tot by die ingang na die Vispoort en dit om die Heuwel getrek en baie hoog gemaak, en leërowerstes in al die versterkte stede in Juda aangestel.

15 En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.

16 En hy het die altaar van die HERE weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.

17 Tog het die volk nog op die hoogtes geoffer, maar net aan die HERE hulle God.

18 En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy God en die woorde van die sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van die HERE, die God van Israel, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van Israel.

19 En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou en die plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hosai.

20 En Manasse het ontslaap met sy vaders, en hy is in sy huis begrawe; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.

21 Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en twee jaar het hy in Jerusalem geregeer.

22 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien.

23 Maar hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van die HERE soos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder.

24 En sy dienaars het teen hom saamgesweer en hom in sy huis gedood.

25 Maar die volk van die land het almal doodgeslaan wat teen koning Amon saamgesweer het, en die volk van die land het sy seun Jos¡a in sy plek koning gemaak.

1 玛拿西登基的时候, 是十二岁; 他在耶路撒冷作王共五十五年。

2 他行耶和华看为恶的事, 随从耶和华在以色列人面前赶走的列国所行可厌恶的事。

3 他重新建造他父亲希西家拆毁的邱坛, 又为巴力立坛, 制造亚舍拉, 并且敬拜和事奉天上的万象。

4 他又在耶和华的殿中筑坛, 耶和华曾经指着这殿说: "我的名必永远留在耶路撒冷。"

5 玛拿西在耶和华殿的两院中, 为天上的万象筑坛,

6 并且在欣嫩子谷把自己的儿女用火烧为祭, 又占卜、行邪术、用法术、交鬼和通灵; 作了很多耶和华看为恶的事, 惹他发怒。

7 他又把他所做的雕像立在 神的殿中, 神曾经指着这殿, 对大卫和他的儿子所罗门说: "我要在这殿里, 和在我从以色列各支派中拣选的耶路撒冷中, 立我的名, 直到永远。

8 只要以色列人谨守遵行我借着摩西吩咐他们的一切律法、律例和典章, 我就决不再使他们的脚离开我赐给他们列祖的地。"

9 可是玛拿西却引诱犹大人和耶路撒冷的居民行恶, 比耶和华在以色列人面前除灭的列国更厉害。

10 耶和华曾警告玛拿西和他的人民, 他们却不理会。

11 因此耶和华领亚述王的将帅来攻打他们, 用钩子钩着玛拿西, 用铜链锁住他, 把他带到巴比伦去。

12 玛拿西在急难的时候, 就恳求耶和华他的 神, 并且在他列祖的 神面前非常谦卑。

13 他向耶和华祷告, 耶和华应允他的恳求, 垂听他的祈求, 使他归回耶路撒冷, 恢复他的王位。玛拿西这才知道只有耶和华是 神。

14 此后, 玛拿西在大卫城外, 从谷中的基训西边起直到鱼门口, 建了一道城墙, 围绕着俄斐勒, 他把城墙建得很高; 又在犹大各设防城里, 派驻军长。

15 又从耶和华的殿中除掉外族人的神和偶像, 又把他在耶和华殿的山和在耶路撒冷所筑的一切坛, 都拋出城外。

16 玛拿西重修了耶和华的祭坛, 在坛上献上平安祭和感恩祭, 又吩咐犹大人事奉耶和华以色列的 神。

17 可是人民仍然在邱坛上献祭, 尽管只向耶和华他们的 神献祭。

18 玛拿西其余的事迹, 包括他对他的 神的祷告, 和那些先见奉耶和华以色列的 神的名向他所说的话, 都记在以色列诸王记上。

19 他的祷告, 神怎样应允他的恳求, 他谦卑下来以前的一切罪恶和过犯, 以及他在什么地方建筑邱坛, 设立亚舍拉和偶像, 都记在何赛的言行录上。

20 玛拿西和他的列祖同睡, 埋葬在他的宫中; 他的儿子亚们接续他作王。

21 亚们登基的时候, 是二十二岁; 他在耶路撒冷作王共两年。

22 他行耶和华看为恶的事, 像他父亲玛拿西所行的一样; 亚们向他父亲玛拿西所做的一切雕像献祭, 并且事奉它们。

23 他没有在耶和华面前谦卑, 像他父亲玛拿西谦卑一样; 这亚们所犯的罪过越来越多。

24 后来, 他的臣仆阴谋造反, 在宫中把他杀死了。

25 但犹大的人民把所有反叛亚们王的人都击杀了, 并且立他的儿子约西亚接续他作王。