1 Maar in die sewende jaar het Jojada moed geskep en saam met hom in 'n verbond geneem die owerstes oor honderd: As rja, die seun van Jeroham, en Ismael, die seun van Johanan, en As rja, die seun van Obed, en Ma„s,ja, die seun van Ad ja, en Elis fat, die seun van Sigri.

2 En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van Juda, en die familiehoofde van Israel; en hulle het na Jerusalem gekom.

3 En die hele vergadering het in die huis van God met die koning 'n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos die HERE oor die seuns van Dawid gespreek het.

4 Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom -- van die priesters en Leviete -- moet drumpelwagters wees;

5 en 'n derde deel by die huis van die koning, en 'n derde deel by die Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die huis van die HERE.

6 Maar niemand mag in die huis van die HERE ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; hulle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die HERE hou.

7 En die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en hy wat in die huis ingaan, moet gedood word, en julle moet by die koning wees as hy in-- en as hy uitgaan.

8 En die Leviete en die hele Juda het gedoen net soos die priester Jojada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan; want die priester Jojada het die afdelings nie ontslaan nie.

9 En die priester Jojada het aan die owerstes oor honderd die spiese en die klein skilde gegee en die skilde van koning Dawid wat in die huis van God was;

10 en hy het al die manskappe opgestel -- elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis, na die altaar en na die huis toe, by die koning rondom.

11 Daarna het hulle die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak; en Jojada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag die koning lewe!

12 En toe At lia die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;

13 en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwyl hulle die teken gee om lof te sing, skeur At lia haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

14 Maar die priester Jojada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van die HERE doodmaak nie.

15 En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het by die ingang van die Perdepoort in die huis van die koning gekom, en daar het hulle haar gedood.

16 En Jojada het 'n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en die koning, dat hulle 'n volk van die HERE sou wees.

17 Daarna het die hele volk in die tempel van Ba„l ingegaan en dit afgebreek en sy altare en sy beelde stukkend geslaan, en Mattan, die priester van Ba„l, voor die altare gedood.

18 Verder het Jojada wagte aangestel in die huis van die HERE onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die HERE om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.

19 En hy het die poortwagters aangestel by die poorte van die huis van die HERE, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.

20 En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van die HERE afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit.

21 En die hele volk van die land was bly, en die stad was rustig. Maar hulle het At lia met die swaard gedood.

22 En Ele sar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.

23 Die seuns van Musi was Magli en Eder en J,remot, drie.

24 Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.

25 Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

26 so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.

28 Maar hulle plek was langs die seuns van A„ron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

29 en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;

30 en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;

31 en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.

32 So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van A„ron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.

1 到了第七年, 耶何耶大奋勇图强, 召来耶罗罕的儿子亚撒利雅、约哈难的儿子以实玛利、俄备得的儿子亚撒利雅、亚大雅的儿子玛西雅和细基利的儿子以利沙法等几位百夫长, 和他们立约。

2 他们就走遍犹大, 从犹大各城召集利未人和以色列各家族的首领; 他们就来到耶路撒冷。

3 全体会众在 神的殿里与王立约。耶何耶大对他们说: "王的儿子应当按照耶和华应许大卫的子孙的话作王。

4 你们要这样行: 你们中间每逢安息日来值班的祭司和利未人, 三分之一要把守各门;

5 三分之一要在王宫, 三分之一要在基址门; 全体人民都要在耶和华殿的院子里。

6 除了祭司和供职的利未人以外, 任何人不得进入耶和华的殿, 只有他们可以进去, 因为他们是分别为圣的; 全体人民都要遵守耶和华的吩咐。

7 利未人要在周围环绕君王, 各人手里拿着武器; 擅自进殿的, 都必被处死; 王出入的时候, 你们都要随着他。"

8 利未人和犹大众人都照着耶何耶大祭司吩咐的一切去行; 他们各人带着在安息日值班或在安息日下班的人来, 因为耶何耶大祭司不准他们下班。

9 于是耶何耶大祭司把 神的殿里, 原本属于大卫王的矛枪、大盾和小盾, 交给了众百夫长;

10 他又分派众民, 守卫在祭坛和殿的四周, 从殿的右面到殿的左面, 环绕着王。

11 于是他们把王子领出来, 给他戴上王冠, 又把约书交给他, 立他为王; 耶何耶大和他的众子用膏膏他, 并且说: "愿王万岁! "

12 亚他利雅听见人民奔跑和赞美王的声音, 就进了耶和华的殿, 到众民那里去。

13 她一观看, 见王站在殿门口的柱旁, 众官长和吹号的人在王的周围; 国民都欢乐吹号, 又有歌唱的人用各种乐器领导众人歌颂。于是亚他利雅撕裂衣服, 说: "反了! 反了! "

14 耶何耶大祭司把管辖军队的众百夫长叫出来, 对他们说: "把她从各班次中间赶出去; 跟随她的人, 都要用刀杀死。"因为祭司说: "不可在耶和华的殿内杀死她。"

15 她走到王宫的马门入口的时候, 众兵就把她拿住, 在那里把她杀死了。

16 耶何耶大与众民和王立约, 要他们作耶和华的子民。

17 于是众民都去到巴力庙, 把庙拆毁, 打碎祭坛和偶像, 又在祭坛前杀了巴力的祭司玛坦。

18 耶何耶大把看守耶和华殿的责任, 交在利未支派的祭司手里; 这些利未支派的祭司是大卫分派在耶和华的殿中, 照着摩西的律法所记的, 给耶和华献燔祭, 又照着大卫所定的, 欢乐歌唱。

19 他又设立守门的看守耶和华殿的各门, 无论为了什么事, 不洁净的人, 都不能进去。

20 他率领百夫长、贵族、民间的官长和国民, 又把王从耶和华的殿领下来, 从"上门"进入王宫, 拥立王坐在王位上。

21 于是全国的人民都欢乐, 全城也都宁静; 因为他们把亚他利雅用刀杀了。