1 En Ab¡a het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.
2 En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die HERE sy God:
3 hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap
4 en aan Juda gesê om die HERE, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.
5 Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.
6 Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die HERE hom rus verskaf het.
7 Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die HERE onse God gesoek -- ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.
8 En Asa het 'n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda drie honderd duisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, twee honderd en tagtig duisend; hulle was almal dapper helde.
9 En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met 'n leër van 'n miljoen met drie honderd strydwaens; en hy het gekom tot by Mar,sa.
10 Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sef ta by Mar,sa.
11 En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.
12 En die HERE het die Kusiete voor Asa en Juda verslaan, en die Kusiete het gevlug.
13 En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;
14 en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die HERE was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was 'n groot buit in.
15 Hulle het ook die tente met die vee oorweldig en kleinvee in menigte en kamele weggevoer. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer.
16 En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van G¡beon af tot by Geser.
17 En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.
1 亚比雅和他的列祖同睡, 埋葬在大卫城里, 他的儿子亚撒接续他作王。亚撒在世的日子, 国中太平了十年。(本节在《马索拉抄本》为13:23)
2 亚撒行耶和华他的 神看为善为正的事。(本节在《马索拉抄本》为14:1)
3 他除掉外族人的祭坛和邱坛, 打断神柱, 砍下亚舍拉,
4 吩咐犹大人寻求耶和华他们列祖的 神, 遵行他的律法和诫命。
5 他又在犹大各城中, 除掉邱坛和香坛。那时全国在他的统治下享受太平。
6 他又在犹大建造了几座设防城, 因为国中太平, 多年没有战争, 耶和华使他享受安宁。
7 他对犹大人说: "我们要建造这些城, 在四周筑墙, 建造城楼, 安设城门, 制作门闩。这地还属于我们, 是因为我们寻求耶和华我们的 神; 我们既然寻求他, 他就使我们四境平安。"于是他们兴工建造, 事事顺利。
8 亚撒的军队, 拿大盾牌和矛枪的犹大人, 共有三十万; 拿小盾牌和拉弓的便雅悯人, 共有二十八万; 他们都是英勇的战士。
9 那时有古实人谢拉率领一百万军队, 战车三百辆, 前来攻打犹大人; 他来到了玛利沙。
10 于是亚撒出去迎战; 他们就在玛利沙的洗法谷列阵相对。
11 亚撒呼求耶和华他的 神说: "耶和华啊, 强弱悬殊, 除你以外没有别的帮助。耶和华我们的 神啊, 求你帮助我们。因为我们倚靠你, 奉你的名去对抗这大军。耶和华啊, 你是我们的 神, 不要让人胜过你。"
12 于是耶和华在亚撒和犹大人面前, 使古实人大败, 古实人就逃跑。
13 亚撒和跟随他的人民追赶他们, 直到基拉耳; 古实人被杀的很多, 不能恢复强盛; 因为他们在耶和华和他的军队面前被击溃了; 犹大人夺取了极多战利品。
14 他们又攻击基拉耳周围的一切城市, 因为各城的人都惧怕耶和华。犹大人又把各城洗掠一空, 因为城中的财物甚多。
15 他们又毁坏了牲畜的棚, 牵走了很多的羊和骆驼, 然后回耶路撒冷去了。