1 Maar J,rigo het die poort gesluit en gesluit gebly vanweë die kinders van Israel; niemand het uit-- of ingegaan nie.
2 Toe het die HERE vir Josua gesê: Kyk, Ek gee J,rigo met sy koning en dapper helde in jou hand.
3 Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.
4 En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;
5 en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.
6 Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.
7 En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die HERE optrek.
8 En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.
9 Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.
10 En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.
11 Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.
12 En Josua het die môre vroeg klaargemaak, en die priesters het die ark van die HERE gedra;
13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.
14 So het hulle dan op die tweede dag die stad een keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae lank gedoen.
15 Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar die dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.
16 En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.
17 Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.
18 Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
19 Maar al die silwer en goud en die koper-- en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.
20 Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.
21 En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.
22 En aan die twee manne wat die land verken het, het Josua gesê: Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou en almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.
23 Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring -- al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly.
24 En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper-- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die HERE gevoeg.
25 Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om J,rigo te verken.
26 In die tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad J,rigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.
27 En die HERE was met Josua, en die gerug van hom het deur die hele land gegaan.
1 耶利哥的城门因以色列人的缘故, 就紧紧地关闭, 没有人出入。
2 耶和华对约书亚说: "看, 我已经把耶利哥和耶利哥的王, 以及英勇的战士, 都交在你的手中了。
3 你们所有能作战的男丁要围绕这城, 一天围绕一次, 六天都要这样行;
4 并派七个祭司拿着七个羊角, 走在约柜的前面; 到第七天, 你们要绕城七次, 祭司也要吹角。
5 当羊角吹起长号, 你们听见角声的时候, 全体人民要大声呼喊, 那时城墙就必塌陷; 你们各人要向前直冲。"
6 于是嫩的儿子约书亚把祭司召了来, 对他们说: "你们要抬起约柜; 并派七个祭司拿着七个羊角, 走在耶和华约柜的前面。"
7 他又对人民说: "你们前去绕城吧, 拿武器的人要走在耶和华约柜的前面。"
8 约书亚吩咐人民以后, 七个祭司拿着七个羊角, 走在耶和华的前面, 并且吹角, 耶和华的约柜在他们后面跟着走。
9 拿武器的人走在吹角的祭司前面, 在约柜后面也有防卫的队伍跟着走, 祭司一面走, 一面吹角。
10 约书亚吩咐人民说: "你们不可呼喊, 不可让人听见你们的声音, 连一句话也不可出口, 等到我吩咐你们‘呼喊’的那天, 你们才可以呼喊。"
11 这样, 耶和华的约柜绕城而行, 围绕了一次, 众人就回到营中, 在营里住宿。
12 约书亚清早起来, 祭司又抬起耶和华的约柜。
13 拿着七个羊角的七位祭司, 走在耶和华的约柜前面; 一面走, 一面吹角; 拿武器的人走在他们前面, 在耶和华的约柜后面也有防卫的队伍跟着走; 祭司一面走, 一面吹角。
14 第二日, 众人又绕城一次, 然后回到营里去; 六日他们都是这样行。
15 到了第七日, 清早黎明的时候, 他们起来, 以同样的方式绕城七次; 只有这一日, 他们绕城七次。
16 到了第七次, 祭司吹角的时候, 约书亚就对人民说: "你们呼喊吧, 因为耶和华已经把这城赐给你们了。
17 这城要完全毁灭, 城和城中的一切都归耶和华; 只有妓女喇合, 和所有与她在家中的都可以存活, 因为她收藏了我们派去的使者。
18 不过你们要谨慎, 不可取那当毁灭的物, 恐怕你们贪心, 取了那当毁灭的物, 就使以色列营成为当毁灭的, 使以色列营遭遇灾祸。
19 可是, 所有的金银和铜铁的器皿, 都要归耶和华为圣, 存入耶和华的库房中。"
20 于是人民呼喊, 祭司也吹角。人民听见角声的时候, 就大声呼喊, 城墙就塌陷了; 于是, 人民冲入城中, 人人向前, 把城攻取。
21 他们把城中的一切, 无论男女老幼、牛羊和驴, 都用刀杀尽。
22 约书亚对窥探那地的两个人说: "你们进那妓女的家里去, 照着你们向她所起的誓, 把那女人和她所有的一切, 都从家里带出来。"
23 那两个年轻密探就进去, 把喇合和她的父母、兄弟、她所有的一切, 以及她所有的亲属, 都领出来, 安置在以色列的营外。
24 众人把城和城中的一切都用火烧了; 只有金银和铜铁的器皿都放入耶和华圣所的库房里。
25 约书亚却放过妓女喇合和她的父家, 以及她所有的一切; 她住在以色列中, 直到今日, 因为她收藏了约书亚派去窥探耶利哥的使者。
26 那时, 约书亚要人民起誓, 说: "起来重建这耶利哥城的, 那人在耶和华面前是可咒可诅的; 他立地基的时候必丧长子; 他安城门的时候必失幼子。"
27 耶和华与约书亚同在; 约书亚的名声传遍全地。