1 Daarop het Josua die môre vroeg klaargemaak, en hy met al die kinders van Israel het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.
2 En aan die einde van drie dae het die opsigters die laer deurgegaan
3 en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.
4 Maar laat daar 'n afstand van omtrent twee duisend el tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle die pad kan weet waar julle langs moet trek; want gister en eergister het julle nie met die pad getrek nie.
5 Verder het Josua aan die volk gesê: Heilig julle; want môre sal die HERE wonders onder julle doen.
6 En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.
7 Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.
8 Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.
9 Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.
10 Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar 'n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kana„niete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:
11 Kyk, die verbondsark van die HERE van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in.
12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam;
13 en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word -- die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.
14 En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk,
15 en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,
16 bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor J,rigo.
17 Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
1 约书亚清早起来, 和全体以色列人从什亭出发, 来到约旦河, 在那里住宿, 等候过河。
2 过了三天, 官长走遍营中,
3 吩咐人民说: "你们看见耶和华你们的 神的约柜, 又看见抬约柜的利未支派的祭司的时候, 就要从你们所住的地方出发, 跟在约柜后面走。
4 只是你们和约柜之间应有一段距离, 相隔约一公里, 不可走近约柜, 好使你们知道你们应走的路, 因为这条路你们以前没有走过。"
5 约书亚对人民说: "你们要自洁, 因为明天耶和华要在你们中间行奇事。"
6 约书亚又吩咐祭司说: "你们要抬起约柜, 在人民前面过河去。"于是他们抬起约柜, 走在人民的前面。
7 耶和华对约书亚说: "今天起, 我要使你在以色列众人眼中成为尊大, 这样他们就知道我怎样与摩西同在, 也必照样与你同在。
8 你要吩咐抬着约柜的祭司说: ‘你们到了约旦河水边的时候, 要站在约旦河中。’"
9 约书亚对以色列人说: "你们走近这里来, 聆听耶和华你们的 神的话。
10 约书亚说: "看哪, 全地之主的约柜必在你们前面过约旦河, 你们因此就知道永活的 神是在你们中间, 他必把迦南人、赫人、希未人、比利洗人、革迦撒人、亚摩利人和耶布斯人, 从你们面前驱逐出去。
12 现在你们要从以色列众支派中选十二个人, 每支派一人。
13 抬全地之主耶和华约柜的祭司的脚掌一踏进约旦河水里, 约旦河的水必被截断, 那从上游流下来的水必立起成垒。"
14 人民离开帐棚出发, 要过约旦河的时候, 抬约柜的祭司在人民的前面。
15 抬约柜的祭司来到约旦河, 他们的脚碰到水边的时候(原来约旦河水在收割的日子, 常是涨过两岸的),
16 水就停住了, 那从上游流下来的水立起成垒, 在很远的地方, 就是在撒拉但旁边的亚当城那里停住; 那往下流入亚拉巴海, 就是盐海的水完全被截断; 于是人民就在耶利哥的对面过了河。
17 抬耶和华约柜的祭司在约旦河中间的干地上站住, 等以色列众人都在干地上走过去, 直到全国的人都完全走过了约旦河为止。