1 En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kana„niete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.

2 In die tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.

3 Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.

4 En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.

5 Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie.

6 Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie -- 'n land wat oorloop van melk en heuning.

7 Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; die het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.

8 En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was.

9 Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle die plek Gilgal genoem tot vandag toe.

10 Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van J,rigo.

11 En hulle het die dag n die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.

12 En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kana„n in daardie jaar.

13 En terwyl Josua by J,rigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan 'n man teenoor hom met 'n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

15 Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

1 在约旦河西, 亚摩利人的众王和靠近海边迦南人的众王, 听见耶和华怎样使约旦河的水在以色列人面前干了, 直到他们都过河去, 他们都心里惊怕, 因以色列人的缘故, 勇气全失。

2 那时, 耶和华对约书亚说: "你要制造火石刀, 第二次给以色列人行割礼。"

3 约书亚就制造了火石刀, 在包皮山那里给以色列人行了割礼。

4 约书亚给以色列人行割礼的原因是这样: 所有从埃及出来的人民, 就是所有能作战的男丁, 出埃及以后, 都死在旷野的路上。

5 因为所有从埃及出来的人民都受过割礼; 唯有从埃及出来以后, 所有在旷野的路上出生的人民, 都没有受过割礼。

6 以色列人在旷野走了四十年, 直到全国的人, 就是从埃及出来能作战的男丁, 都灭尽了, 因为他们不听耶和华的话; 耶和华曾经向他们起誓, 必不容许他们看见耶和华向他们列祖起誓要赐给我们的地, 就是流奶与蜜的地。

7 他们的子孙, 就是耶和华兴起来代替他们的, 约书亚给他们行了割礼; 这些人是未受割礼的人, 因为他们在路上没有受过割礼。

8 全国的人受了割礼之后, 都住在营中自己的地方, 直到痊愈。

9 耶和华对约书亚说: "我今日把埃及的耻辱从你们身上辊去了。"因此, 那地方名叫吉甲("吉甲"意即"辊"), 直到今日。

10 以色列人在吉甲安营; 正月十四日晚上, 他们在耶利哥的平原守逾越节。

11 逾越节后次日, 他们吃了那地的出产; 就在那一天, 吃了无酵饼和烘的谷物。

12 他们吃了那地的出产之后, 第二天吗哪就停止降下; 以色列人不再有吗哪了; 那一年他们却吃迦南地的出产。

13 约书亚走近耶利哥的时候, 抬头观看, 看见一个人站在他对面, 手里拿着拔出来的刀。约书亚走到他那里, 对他说: "你是我们的人, 还是我们的仇敌呢?"

14 那人回答: "不是的; 我现在来是作耶和华军队的元帅。"约书亚就脸伏在地, 向他下拜, 对他说: "我主有什么事要吩咐仆人呢?"

15 耶和华军队的元帅对约书亚说: "把你脚上的鞋脱下来, 因为你站的地方是圣地。"约书亚就照着行了。