1 'n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was,

2 het Josua die hele Israel laat roep, sy oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters, en vir hulle gesê: Ek is oud, ek is ver op my dae;

3 en julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry.

4 Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af -- met al die nasies wat ek uitgeroei het -- tot by die Groot See in die weste.

5 En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het.

6 Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie;

7 dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie;

8 maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.

9 Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref -- niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.

10 Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.

11 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele, om die HERE julle God lief te hê;

12 want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,

13 weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n strik wees en 'n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

14 En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

15 Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

16 As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.

1 耶和华使以色列人得享平安, 不受四围仇敌的骚扰, 已经有一段很长的日子; 约书亚已经老了, 年纪不小了。

2 约书亚就把全体以色列人、他们的长老、首领、审判官和官长, 都召了来, 对他们说: "我已经老了, 年纪不小了。

3 耶和华你们的 神, 因你们的缘故, 向那些国家所行的一切事, 你们都亲眼看见了; 因为耶和华你们的 神为你们作战。

4 你们看, 剩下来的这些国家, 连同我剪除的列国, 从约旦河起, 直到日落之处的大海, 我都按着你们各支派, 用抽签的方式, 分给你们作产业了。

5 耶和华你们的 神必把他们从你们面前赶出去, 驱逐他们离开你们, 你们就必得着他们的地作产业, 正如耶和华你们的 神所应许的。

6 所以你们要十分坚强, 谨守遵行写在摩西律法书上的一切话, 使你们不偏向左, 不偏向右;

7 使你们不与你们中间剩下的这些国家的人来往; 他们的神的名字, 你们不可提, 不可指着他们起誓, 不可事奉他们, 也不可敬拜他们;

8 只要照着你们一直以来所行的, 紧紧倚靠耶和华你们的 神。

9 因为耶和华已经把又大又强的列国从你们面前赶出去; 至于你们, 直到今日, 还没有一人能在你们面前站立得住。

10 你们一人可以追赶千人, 因为耶和华你们的 神, 照着他应许你们的, 为你们作战。

11 你们自己要十分谨慎, 爱耶和华你们的 神。

12 如果你们转离耶和华, 与你们中间剩下的这些国家的余民联络, 和他们通婚, 互相来往,

13 你们就必知道, 耶和华你们的 神必不再把这些国家从你们面前赶出去; 他们必要成为你们的网罗和陷阱, 肋下的鞭和眼中的刺, 直到你们从耶和华你们的 神赐给你们的这美地上灭亡为止。

14 "看哪, 我今天要走世人必经的路了。你们清清楚楚("清清楚楚"原文作"一心一意")知道耶和华你们的 神应许赐福给你们的话, 没有一句落空; 完全应验在你们身上, 没有一句落空。

15 耶和华你们的 神应许你们的一切福气怎样临到你们身上, 耶和华也必照样使各样的灾祸临到你们身上, 直到把你们从耶和华你们的 神赐给你们的这美地上消灭为止。

16 如果你们违背了耶和华你们的 神吩咐你们遵守的约, 去事奉别的神, 敬拜他们, 耶和华必向你们大发烈怒, 使你们从他赐给你们的美地上迅速灭亡。"