1 Daarna het Josua al die stamme van Israel byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van Israel en sy hoofde en sy regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die aangesig van God gestel.
2 Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon -- Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.
3 Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kana„n laat trek en sy nageslag vermeerder en Isak aan hom gegee;
4 en aan Isak het Ek Jakob en Esau gegee, en aan Esau het Ek die gebergte Se‹r gegee, om dit in besit te neem; maar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek.
5 Toe het Ek Moses en A„ron gestuur en Egipte getref soos Ek dit daar gedoen het, en daarna het Ek julle uitgelei.
6 Toe Ek julle vaders uit Egipte uitgelei het, het julle by die see gekom; maar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe;
7 maar hulle het die HERE aangeroep, en Hy het 'n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, en julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly.
8 Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.
9 Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen Israel geveg; en hy het gestuur om B¡leam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek;
10 maar Ek wou nie na B¡leam luister nie, sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.
11 Toe julle die Jordaan deurgetrek en by J,rigo gekom het, het die burgers van J,rigo, die Amoriete en Feresiete en Kana„niete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee
12 en perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, -- die twee konings van die Amoriete -- nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie.
13 So het Ek julle dan 'n land gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van.
14 Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.
15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: •f die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, •f die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
16 Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons die HERE sou verlaat om ander gode te dien;
17 want die HERE onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het ;
18 en die HERE het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God.
19 Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
20 As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.
21 Toe sê die volk vir Josua: Nee, maar ons sal die HERE dien.
22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.
23 Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.
24 Daarop sê die volk aan Josua: Ons sal die HERE onse God dien en na sy stem luister.
25 En op die dag het Josua met die volk 'n verbond gesluit en vir hulle 'n insetting en 'n reg vasgestel in Sigem.
26 En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en 'n groot klip geneem en die daar opgerig onder die eikeboom wat by die heilige plek van die HERE is.
27 Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.
28 Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.
29 En n hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, gesterwe, honderd en-tien jaar oud.
30 En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel in Timnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Ga„s.
31 En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank n Josua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.
32 Ook die gebeente van Josef wat die kinders van Israel uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk grond wat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke gekoop het, en wat die kinders van Josef as erfdeel ontvang het.
33 En toe Ele sar, die seun van A„ron, gesterf het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seun P¡nehas wat aan hom gegee was op die gebergte Efraim.
1 约书亚在示剑召集以色列各支派, 又把以色列的长老、首领、审判官和官长都召了来, 他们就站在 神面前。
2 约书亚对众民说: "耶和华以色列的 神这样说: ‘古时你们的列祖, 就是亚伯拉罕和拿鹤的父亲他拉, 住在大河那边; 他们事奉别的神。
3 我把你们的祖先亚伯拉罕, 从大河那边带来, 领他走遍迦南地, 使他的后裔增多, 把以撒赐给他;
4 又把雅各和以扫赐给以撒, 把西珥山赐给以扫作产业; 雅各和他的子孙却下到埃及去。
5 我差派了摩西和亚伦, 借着我在埃及所行的神迹, 用灾疫击打埃及, 然后把你们领出来。
6 我领你们的列祖离开埃及, 他们去到海边; 埃及人带着战车和马兵, 追赶你们的列祖直到红海。
7 你们的列祖呼求耶和华, 他就以黑暗隔开你们和埃及人, 又使海水复流淹没了他们; 我在埃及所行的事, 你们都亲眼见过; 你们在旷野也住了许多日子。
8 我领你们到了住在约旦河东的亚摩利人的地, 他们和你们争战, 我把他们交在你们手里, 你们就得了他们的地作产业; 我也在你们面前把他们消灭。
9 那时摩押王西拨的儿子巴勒起来攻击以色列人; 他派人把比珥的儿子巴兰召了来, 咒诅你们。
10 我不肯听巴兰的话, 结果他反而一而再祝福你们; 这样, 我就救了你们脱离他的手。
11 你们过了约旦河, 来到耶利哥; 耶利哥的居民与你们作战, 还有亚摩利人、比利洗人、迦南人、赫人、革迦撒人、希未人、耶布斯人, 也跟你们作战; 我把他们都交在你们手里。
12 我派了黄蜂飞在你们前面, 把亚摩利人的两个王从你们面前赶走, 并不是用你的刀, 也不是用你的弓。
13 我赐给你们的土地, 不是你们劳苦开垦的; 我赐给你们的城市, 不是你们建造的, 你们却住在城中; 你们享用的葡萄园和橄榄园, 也不是你们栽种的。’
14 "现在你们要敬畏耶和华, 真诚地按着真理事奉他, 把你们列祖在大河那边和在埃及事奉的神除掉, 去事奉耶和华。
15 如果你们认为事奉耶和华不好, 那么今日你们就可以选择你们所要事奉的: 是你们列祖在大河那边事奉的神呢, 还是你们现在所住亚摩利人之地的神呢?至于我和父家, 我们必事奉耶和华。"
16 众民回答: "我们绝对不会离弃耶和华, 去事奉别的神;
17 因为耶和华我们的 神把我们和我们的列祖, 从埃及地为奴的家领出来, 并且在我们眼前行了那些伟大的神迹; 又在我们所行的一切路上, 和我们经过的一切民族中间, 他都保护了我们;
18 耶和华又把所有的民族和住在这地的亚摩利人, 都从我们面前赶走; 所以我们必事奉耶和华, 因为他是我们的 神。"
19 约书亚对众民说: "你们不能事奉耶和华, 因为他是圣洁的 神; 他是嫉妒的 神, 他必不赦免你们的过犯和罪恶。
20 如果你们离弃耶和华, 去事奉外族人的神, 那么在耶和华赐福给你们之后, 他必转而降祸与你们, 把你们消灭。"
21 众民对约书亚说: "不, 我们必定事奉耶和华。"
22 约书亚对众民说: "你们选择了耶和华, 要事奉他, 你们为自己作证吧。"他们说: "我们愿意作证。"
23 约书亚说: "现在你们要除掉在你们中间外族人的神, 一心归向耶和华以色列的 神。"
24 众民对约书亚说: "我们必事奉耶和华我们的 神, 必听从他的话。"
25 那一天, 约书亚就与众民立约, 在示剑为他们订立律例和典章。
26 约书亚把这些话都写在 神的律法书上; 又拿一块大石头, 立在耶和华圣所旁边的橡树下。
27 约书亚对全体人民说: "看哪, 这块石头可以向我们作证, 因为它听见了耶和华对我们所说的一切话; 所以这块石头要向你们作证, 免得你们否认你们的 神。"
28 于是约书亚打发众民各自回到自己的地业去了。
29 这些事以后, 耶和华的仆人、嫩的儿子约书亚死了, 那时他是一百一十岁。
30 以色列人把他埋葬在他自己地业的境内, 就是在以法莲山地上的亭拿.西拉, 在迦实山的北边。
31 约书亚在世的日子, 和约书亚死后, 那些知道耶和华为以色列人所行的一切事的长老还在世的日子, 以色列人都事奉耶和华。
32 以色列人从埃及带出来的约瑟骸骨, 葬在示剑的一块田里; 这块田是雅各从前用一百块银子向示剑的父亲哈抹的子孙那里买来的; 这块田就成了约瑟子孙的产业。
33 亚伦的儿子以利亚撒也死了; 以色列人就把他埋葬在基比亚, 就是他儿子非尼哈在以法莲山地所得的产业。