1 Toe het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep

2 en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.

3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie -- dit is nou baie dae al tot vandag toe -- en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou.

4 Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.

5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, om die HERE julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.

6 So het Josua hulle dan geseënen hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.

7 Maar aan die een helfte van die stam van Manasse het Moses in Basan 'n erfdeel gegee, en aan die ander helfte daarvan het Josua 'n deel gegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die weste. En toe Josua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook geseën

8 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en 'n menigte van vee, met silwer en goud en koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle broers.

9 So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kana„n lê, om te gaan na die land G¡lead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.

10 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kana„n lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n altaar groot van aansien.

11 Maar toe die kinders van Israel hoor sê: Kyk, die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het die altaar gebou teenoor die land Kana„n, by die klipkrale van die Jordaan, aan die kant van die kinders van Israel --

12 toe die kinders van Israel dit hoor, het die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargekom in Silo om op kommando teen hulle op te trek.

13 En die kinders van Israel het Pinehas, die seun van Ele sar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse, na die land G¡lead gestuur,

14 en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; en hulle was elkeen 'n familiehoof van die stamme van Israel.

15 Toe hulle by die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die land G¡lead kom, het hulle met hulle gespreek en gesê:

16 So sê die hele vergadering van die HERE: Wat is dit vir 'n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van die HERE afvallig word deur vir julle 'n altaar te bou, deur vandag teen die HERE in opstand te kom?

17 Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie -- toe die plaag oor die vergadering van die HERE gekom het?

18 En julle wil vandag van die HERE afvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen die HERE, sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.

19 As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE waar die tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.

20 Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het aan die bangoed, het daar nie 'n toorn oor die hele vergadering van Israel gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.

21 Daarop het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van Israel gesê:

22 Die God van die gode, die HERE, die God van die gode, die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is -- verlos ons nie vandag nie, HERE! --

23 dat ons 'n altaar vir ons gebou het om van die HERE afvallig te word; en as dit is om daarop 'n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan mag die HERE self dit wreek.

24 Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met die HERE, die God van Israel?

25 Die HERE het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders die HERE nie meer vrees nie.

26 Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie,

27 maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte n ons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.

28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar 'n getuie is hy tussen ons en julle.

29 Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die HERE en vandag afvallig sou word van die HERE deur 'n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel staan.

30 Toe P¡nehas, die priester, en die owerstes van die vergadering, die stamhoofde van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.

31 Toe sê P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.

32 Daarop het P¡nehas, die seun van Ele sar, die priester, en die ouerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders van Gad, uit die land G¡lead na die land Kanaän, na die kinders van Israel, en hulle 'n antwoord gebring.

33 En die antwoord was goed in die oë van die kinders van Israel, en die kinders van Israel het God geprys; en hulle het daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die land waarin die kinders van Ruben en die kinders van Gad gewoon het, te verwoes nie.

34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die HERE God is.

1 那时, 约书亚把流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人召了来,

2 对他们说: "耶和华的仆人摩西吩咐你们的一切, 你们都遵守了; 我吩咐你们的一切, 你们也都听从了。

3 这许多日子以来, 你们一直没有撇弃你们的兄弟, 直到今日; 耶和华你们的 神吩咐你们的命令, 你们也遵守了。

4 现在耶和华你们的 神, 照着他应许的, 已经使你们兄弟得享平安; 现在你们可以返回自己家里, 回到耶和华的仆人摩西在约旦河东赐给你们作产业的地方去。

5 只是你们要谨慎遵守耶和华的仆人摩西吩咐你们的诫命和律法, 爱耶和华你们的 神, 遵行他的一切道路, 谨守他的诫命, 紧紧倚靠他, 一心一意事奉他。"

6 于是约书亚给他们祝福, 打发他们回去, 他们就回自己的家里去了。

7 摩西在巴珊已经把产业分给了玛拿西半个支派; 至于另外半个支派, 约书亚在约旦河西他们的兄弟中间, 也把产业分给了他们。约书亚打发他们回家去的时候, 给他们祝福,

8 对他们说: "你们带着许多财物, 许多牲畜和金、银、铜、铁, 以及许多衣服, 回自己的家去吧; 也要把你们从仇敌夺得的战利品与你们的兄弟同分。"

9 于是流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人, 从迦南地的示罗起程, 离开以色列人, 回到他们所得的产业基列地去, 就是照着耶和华借着摩西所吩咐, 赐给他们的产业。

10 流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人, 来到迦南地靠近约旦河的地区, 就在约旦河边那里筑了一座祭坛, 那坛十分壮观。

11 以色列人听见了这事, 就说: "看哪, 流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人, 在迦南地边境, 靠近约旦河的地区, 以色列人境内, 筑了一座坛。"

12 以色列人听见了这事, 以色列全体会众就聚集在示罗, 要上去讨伐他们。

13 以色列人派以利亚撒祭司的儿子非尼哈, 到基列地去见流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人;

14 又派十个首领与非尼哈同去, 每一个都代表以色列的支派家族; 他们是全体以色列各家族的领袖。

15 他们去到基列地, 流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人那里, 对他们说:

16 "耶和华的全体会众这样说: ‘你们作的是什么事?竟对以色列的 神不忠, 今日转离不跟从耶和华, 为自己筑了一座坛, 背叛了耶和华。

17 从前拜毗珥的罪孽, 我们还以为是小事吗?虽然有灾疫临到耶和华的会众, 直到今日我们还没有洗净这罪呢。

18 你们今日竟转离不跟从耶和华吗?今日你们既然背叛耶和华, 明日他必向以色列全体会众发怒了。

19 如果你们认为所得的地业不洁净, 你们可以过到耶和华的地业, 就是耶和华的帐幕居住的地方, 在我们中间得地业; 只是不可背叛耶和华, 也不可背叛我们, 在耶和华我们的 神的坛以外, 为自己筑另一座坛。

20 从前谢拉的曾孙亚干, 不是在当毁灭的物上犯了不忠的罪, 以致 神的忿怒临到以色列全体会众吗?因他的罪孽而死的, 还不只他一人呢! ’"

21 于是流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人回答以色列的统领说:

22 "大能者 神耶和华! 大能者 神耶和华, 他是知道的, 愿以色列也知道; 如果我们存心背叛, 或是对耶和华不忠, 今日就不要放过我们。

23 我们若是为自己筑坛, 转离不跟从耶和华, 或是把燔祭、素祭和平安祭献在坛上, 愿耶和华亲自追究我们。

24 我们作这事, 实在是有理由的, 因为顾虑将来你们的子孙对我们的子孙说: ‘你们与耶和华以色列的 神有什么关系呢?

25 流本人和迦得人啊, 耶和华定了约旦河作我们和你们中间的疆界; 你们与耶和华无分了。’这样, 你们的子孙就使我们的子孙不再敬畏耶和华了。

26 "因此我们说: ‘我们筑一座坛吧, 不是为了献燔祭, 也不是为了献别的祭,

27 而是为了在你们和我们中间, 也在我们的后代中间作证据, 使我们也可以在耶和华面前用燔祭、别的祭和平安祭事奉耶和华, 免得你们的子孙将来对我们的子孙说: 你们与耶和华无分了。’

28 因此我们说: ‘将来有人对我们, 或是对我们的后代这样说, 我们就可以回答: 你们看我们列祖所筑的坛, 是耶和华的祭坛的模式, 这并不是用来献燔祭, 也不是用来献别的祭, 而是在我们和你们中间作证据。’

29 我们决没有背叛耶和华的意思, 今日要转离不跟从耶和华, 在耶和华我们的 神的帐幕前的祭坛以外, 另筑一座坛, 为了献燔祭、素祭和别的祭。"

30 非尼哈祭司和会众的领袖, 以及与祭司同来的以色列的统领, 听了流本人、迦得人和玛拿西人说的话, 都很满意。

31 以利亚撒祭司的儿子非尼哈对流本人、迦得人和玛拿西人说: "今天我们知道耶和华是在我们中间的, 因为你们并没有对耶和华不忠; 现在你们已经救了以色列人脱离耶和华的手。"

32 以利亚撒祭司的儿子非尼哈和众领袖离开了流本人和迦得人, 从基列地回到迦南地以色列人那里, 把这事向他们报告。

33 以色列人对这事都很满意, 就称颂 神, 不再说要上去讨伐流本人和迦得人, 毁灭他们所住的地方了。

34 流本人和迦得人给那坛起名叫证坛, 因为他们说: "这坛在我们中间证明耶和华是 神。"