1 En toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die L¡banon toe: die Hetiete en Amoriete, Kana„niete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,
2 het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.
3 Maar toe die inwoners van G¡beon hoor wat Josua met J,rigo en met Ai gedoen het,
4 het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;
5 ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.
6 So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van 'n ver land af; sluit dan nou 'n verbond met ons.
7 Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan 'n verbond met julle sluit?
8 Toe sê hulle vir Josua: Ons is u dienaars! Daarop het Josua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?
9 En hulle sê vir hom: U dienaars kom van 'n baie ver land af, vanweë die Naam van die HERE u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;
10 en alles wat Hy aan die twee konings van die Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot was.
11 Daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou 'n verbond met ons.
12 Ons brood hier -- warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan -- kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.
13 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het -- kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene -- hulle is verslyt deur die baie lang reis.
14 Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die HERE het hulle nie geraadpleeg nie.
15 En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof.
16 Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon.
17 Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: G¡beon en Kef¡ra en B,ërot en Kirjat-Je rim.
18 Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.
19 Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
20 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.
21 Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering, soos die owerstes aan hulle gesê het.
22 Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af -- terwyl julle tussen ons in woon?
23 Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die huis van my God te wees nie.
24 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.
25 Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.
26 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered uit die hand van die kinders van Israel, dat die hulle nie gedood het nie.
27 So het Josua dan op die dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.
1 在约旦河西, 住在山上、高原和对着黎巴嫩山大海沿岸所有的王, 就是赫人、亚摩利人、迦南人、比利洗人、希未人、耶布斯人的王, 听见了这些事的时候,
2 就聚集起来, 同心协力地要与约书亚和以色列人交战。
3 基遍的居民听见了约书亚向耶利哥和艾城所行的事,
4 就施诡计, 假冒使者而来, 把旧的布袋和破裂又修补过的旧皮酒袋驮在驴上,
5 脚上穿着补过的旧鞋, 身穿旧衣服, 所带的食物又干又碎。
6 他们去到吉甲营中约书亚那里, 对约书亚和以色列人说: "我们是从远地来的, 现在求你们和我们立约。"
7 以色列人对这些希未人说: "你们也许是这地的居民, 若是这样, 我们怎样和你们立约呢?"
8 他们对约书亚说: "我们是你的仆人。"约书亚问他们: "你们是什么人?是从哪里来的?"
9 他们回答约书亚: "你的仆人为了耶和华你 神的名从很远的地方而来, 因为我们听见了他的名声和他在埃及所行的一切事,
10 以及他对约旦河东亚摩利人的两个王, 就是希实本王西宏和在亚斯他录的巴珊王噩, 所行的一切事。
11 所以我们的长老和我们本国所有的居民对我们说: ‘你们手里要带着旅途用的干粮, 去迎见以色列人, 对他们说: 我们是你们的仆人, 现在求你们和我们立约。’
12 我们出门到你们这里来的时候, 从家里带出来作干粮的这饼还是热的; 看哪, 现在都又干又碎了。
13 这些皮酒袋, 我们盛酒的时候, 还是新的; 你看, 现在都破裂了。我们这些衣服和鞋因路途遥远, 都穿旧了。"
14 以色列人取了他们一些食物, 却没有求问耶和华的旨意。
15 于是约书亚与他们议和, 和他们立约, 容他们存活; 会众的首领也向他们起了誓。
16 以色列人和他们立约之后, 过了三天, 才听见他们是自己的近邻, 是住在这地的居民。
17 于是, 以色列人起程, 第三日就到了他们的城市; 他们的城市就是基遍、基非拉、比录、基列.耶琳。
18 以色列人没有击杀他们, 因为会众的首领曾经指着耶和华以色列的 神向他们起了誓, 全体会众就都向首领发怨言。
19 众首领对全体会众说: "我们曾经指着耶和华以色列的 神向他们起了誓, 现在我们不能伤害他们。
20 我们要这样待他们, 就是容他们存活, 免得 神的忿怒因我们向他们所起的誓, 临到我们身上。"
21 众首领又对会众说: "要让他们存活。"于是他们就给全体会众作了劈柴打水的人, 这是按照众首领对他们的吩咐。
22 约书亚把他们召了来, 质问他们: "你们为什么欺骗我们说: ‘我们离你们很远’, 其实你们却是住在这地的?
23 现在你们要受到咒诅, 你们中间必不断有人作奴仆, 为我 神的圣所作劈柴打水的人。"
24 他们回答约书亚, 说: "因为你的仆人确实地听见, 耶和华你的 神曾经吩咐他的仆人摩西, 要把这整片土地赐给你们, 并且要在你们面前把这地上所有的居民都消灭, 因此, 我们因你们的缘故, 很怕丧命, 才行了这事。
25 现在, 你看, 我们都在你的手里, 你看怎样处置我们算为好、算为对, 就怎样行吧。"
26 约书亚就这样处置他们, 救了他们脱离以色列人的手, 以色列人就没有杀他们。
27 在那一天, 约书亚指派他们在耶和华选择的地方, 为会众和耶和华的祭坛作劈柴打水的人, 直到今日。