1 En die HERE het met Josua gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Wys die vrystede vir julle aan waarvan Ek deur die diens van Moses met julle gespreek het,
3 dat hy wat 'n doodslag begaan het -- wat per ongeluk, sonder opset, 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat die vir julle kan dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker.
4 As hy dan na een van hierdie stede toe vlug en gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;
5 en as die bloedwreker hom agternajaag, mag hulle hom wat die doodslag begaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig was;
6 en hy moet in daardie stad bly totdat hy voor die vergadering tereggestaan het, tot op die dood van die hoëpriester wat in die dae daar sal wees; dan mag hy wat die doodslag begaan het, weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.
7 Daarop het hulle geheilig: Kedes in Galil,a, op die gebergte van N ftali, en Sigem op die gebergte van Efraim, en Kirjat-Arba, dit is Hebron, op die gebergte van Juda;
8 en oorkant die Jordaan, oos van J,rigo, het hulle afgestaan: Beser in die woestyn op die gelykveld, uit die stam van Ruben, en Ramot in G¡lead, uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam van Manasse.
9 Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.
1 耶和华对约书亚说:
2 "你要告诉以色列人: ‘你们要照着我借着摩西命令你们的, 为自己设立避难城,
3 好使那出于错误、并非蓄意杀人的, 可以逃到那里去; 这些城要成为你们逃避报血仇的人的避难所。
4 那杀人的要逃到这些城中的一座, 站在城门口, 把自己的事情向城中的众长老述说, 长老就要把他接入城中, 到他们那里, 并要给他地方, 使他可以住在他们中间。
5 如果报血仇的人追赶他, 长老不可把他交在报血仇的人手里, 因为他并非蓄意杀人, 他以前与他并没有仇恨。
6 那杀人的要住在那城里, 直到他站在会众面前受审; 等到当时的大祭司死了, 才可以回到本城本家, 回到他逃出来的城那里。’"
7 于是以色列人在拿弗他利山地, 把加利利的基低斯分别出来; 在以法莲山地, 把示剑分别出来; 在犹大山地, 把基列.亚巴分别出来, 基列.亚巴就是希伯仑;
8 又在约旦河东, 耶利哥的东面, 从流本支派中, 指定在旷野平原上的比悉; 从迦得支派中, 指定在基列的拉末; 从玛拿西支派中, 指定在巴珊的哥兰。
9 这些都是为所有的以色列人, 和在他们中间寄居的外族人所指定的城, 让误杀人的可以逃到那里, 不致死在报血仇的人手里, 直到他站在会众面前受审为止。