1 En n die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:

2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.

3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.

4 Van die woestyn en hierdie L¡banon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.

5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.

6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.

7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

10 Toe het Josua aan die opsigters van die volk bevel gegee en gesê:

11 Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.

12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe stam van Manasse het Josua dit gesê:

13 Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het toe hy gesê het: Die HERE julle God verskaf 'n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.

14 Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly in die land wat Moses julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al die dapper helde, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help,

15 totdat die HERE aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.

16 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.

17 Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.

18 Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.

1 耶和华的仆人摩西死了以后, 耶和华吩咐摩西的侍从, 嫩的儿子约书亚, 说:

2 "我的仆人摩西死了; 现在你要起来, 和全体人民过这约旦河, 到我现在要赐给他们以色列人的地去。

3 你们脚掌踏过的每一处地方, 我都照着我应许摩西的赐给你们了。

4 从旷野和这黎巴嫩, 直到大河, 就是幼发拉底河, 赫人的全地, 以至大海日落的地方, 就是你们的疆界。

5 你一生的日子必没有一人能在你面前立得住; 我怎样与摩西同在, 也必照样与你同在; 我决不离开你, 也不离弃你。

6 你要坚强勇敢, 因为你必使这人民得着我曾经向他们列祖起誓, 要赐给他们的那地作产业。

7 你只要坚强, 十分勇敢, 谨守遵行我仆人摩西吩咐你的一切律法, 不可偏离左右, 好使你无论到哪里去, 都可以亨通。

8 这律法书不可离开你的口, 要昼夜默诵, 好使你谨守遵行书中所记的一切; 这样, 你的道路就必顺利, 你必一路亨通。

9 我不是吩咐过你要坚强勇敢吗?所以, 你不要惧怕, 也不要惊慌; 因为你无论到哪里去, 耶和华你的 神必与你同在。"

10 于是约书亚吩咐人民的官长说:

11 "你们要走遍营中, 吩咐人民说: ‘你们要预备粮食, 因为三天之内, 你们要过这约旦河, 进去得耶和华你们的 神要赐给你们作产业的地。’"

12 约书亚又对流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人说:

13 "你们要记住耶和华的仆人摩西吩咐你们的话: ‘耶和华你们的 神赐你们安息, 他必把这地赐给你们。’

14 你们的妻子、孩子和牲畜, 都可以留在约旦河东边、摩西赐给你们的地上; 但你们所有英勇的战士, 都要拿起武器, 在你们的兄弟前面过河去, 帮助他们;

15 等到耶和华使你们的兄弟可以和你们一样安居, 同样得着耶和华你们的 神要赐给他们作产业的地, 你们才可以回到你们所得的地, 以它作你们的产业, 就是耶和华的仆人摩西在约旦河东边日出之地赐给你们的地方。"

16 他们回答约书亚, 说: "你吩咐我们的一切, 我们都必遵行; 无论你差派我们到哪里去, 我们都一定去。

17 我们从前怎样凡事听从摩西, 现在也必照样听从你; 唯愿耶和华你的 神与你同在, 像与摩西同在一样。

18 无论谁违背你的话, 不听从你吩咐他的一切命令, 那人必要处死。你只管坚强勇敢。"