1 En toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die HERE met Josua gespreek en gesê:

2 Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man,

3 en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.

4 Toe het Josua die twaalf man geroep wat hy uit die kinders van Israel, uit elke stam een man, aangestel het,

5 en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die HERE julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle 'n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,

6 sodat dit 'n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?

7 moet julle vir hulle sê: Omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die HERE by sy deurtog deur die Jordaan -- die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as 'n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.

8 Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan op-- getel soos die HERE met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en dit daar neergesit.

9 Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.

10 En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.

11 En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die HERE met die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.

12 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het gewapend voor die kinders van Israel deurgetrek soos Moses aan hulle gesê het.

13 Omtrent veertig duisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van J,rigo toe.

14 Di, dag het die HERE Josua groot gemaak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe.

15 En die HERE het met Josua gespreek en gesê:

16 Gee bevel aan die priesters wat die ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.

17 Josua het daarop die priesters bevel gegee en gesê: Klim op uit die Jordaan.

18 En toe die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.

19 En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike grens van J,rigo.

20 En daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan geneem het, het Josua by Gilgal opgerig.

21 En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?

22 dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het Israel deur hierdie Jordaan getrek,

23 deurdat die HERE julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;

24 dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.

1 全国的人都完全过了约旦河以后, 耶和华就吩咐约书亚说:

2 "你要从人民中选十二个人, 每支派一人,

3 吩咐他们说: ‘你们要从这里, 就是约旦河中间, 祭司的脚所站的地方, 取十二块石头, 把它们带过来, 放在你们今夜要住宿的地方。’"

4 于是, 约书亚把他从以色列人中挑选的十二个人, 每支派一人, 都召了来。

5 约书亚对他们说: "你们走到约旦河中间, 在耶和华你们的 神的约柜前面, 按着以色列十二支派的数目, 每人拿起一块石头, 扛在自己的肩上;

6 这可以在你们中间作记号; 如果日后你们的子孙问你们, 说: ‘这些石头对你们有什么意思?’

7 你们就可以告诉他们: ‘这是因为约旦河的水在耶和华的约柜前被截断了; 约柜过约旦河的时候, 约旦河的水被截断了。所以这些石头要给以色列人作记念, 直到永远。’"

8 以色列人就照着约书亚吩咐的行了; 他们照着耶和华吩咐约书亚的, 按着以色列十二支派的数目, 从约旦河中间取了十二块石头, 把它们带过去, 到他们住宿的地方, 就放在那里。

9 约书亚又在约旦河中间, 在抬约柜的祭司的脚所站的地方, 竖立十二块石头; 那些石头到今日还在那里。

10 抬约柜的祭司站在约旦河中间, 直到耶和华吩咐约书亚告诉人民的一切事, 就是照着摩西吩咐约书亚的一切事, 都办完了, 人民就急忙过去了。

11 全体人民都过了河以后, 耶和华的约柜和祭司才在人民的面前过去。

12 流本人、迦得人和玛拿西半个支派的人, 都照着摩西吩咐他们的, 拿起武器, 在以色列人前面过河去了。

13 他们约有四万人, 都装备好, 预备打仗, 在耶和华面前走过去, 来到耶利哥的平原, 等候作战。

14 那一天耶和华使约书亚在以色列众人眼中成为尊大; 在他一生的日子, 人民敬畏他, 好像敬畏摩西一样。

15 耶和华吩咐约书亚说:

16 "吩咐抬约柜的祭司从约旦河上来。"

17 于是约书亚吩咐祭司说: "你们从约旦河上来。"

18 抬耶和华约柜的祭司从约旦河中间上来的时候, 祭司的脚掌一提起来踏在干地上, 约旦河的水就流回原处, 像以前一样涨过两岸。

19 正月初十, 人民从约旦河上来以后, 就在吉甲, 在耶利哥的东边安营。

20 约书亚把他们从约旦河取来的那十二块石头, 竖立在吉甲。

21 约书亚对以色列人说: "如果日后你们的子孙问他们的父亲说: ‘这些石头是什么意思?’

22 那时, 你们就要告诉你们的子孙, 说: ‘以色列人曾经在干地上走过了这约旦河。’

23 因为耶和华你们的 神在你们面前使约旦河的水干了, 直到你们都过了河, 好像耶和华你们的 神从前对红海所行的, 在我们面前使红海干了, 直到我们都过了河一样;

24 好使地上万民都认识耶和华的手, 是有能力的手, 也要使你们永远敬畏耶和华你们的 神。"