1 Daarop sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.
2 En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met J,rigo en sy koning gedoen het; net sy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou 'n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.
3 Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertig duisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur
4 en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle moet teen die stad 'n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;
5 en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan 'n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;
6 en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het -- want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer -- en ons sal voor hulle uit vlug.
7 Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want die HERE julle God sal dit in julle hand gee.
8 En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die woord van die HERE moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel.
9 So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai; maar Josua het die nag onder die manskappe deurgebring.
10 Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe.
11 En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was.
12 So het hy dan omtrent vyf duisend man geneem en hulle in 'n hinderlaag opgestel tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van die stad.
13 En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.
14 En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op 'n afgesproke plek voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad 'n hinderlaag lê nie.
15 en Josua en die hele Israel het hul laat verslaan voor hulle en gevlug in die rigting van die woestyn.
16 Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle Josua agtervolg, is hulle van die stad afgesny,
17 sodat niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.
18 En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.
19 En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek.
20 Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die hemel optrek; maar hulle het geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die woestyn, het omgedraai teen die vervolgers.
21 Toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval.
22 Daarop trek die uit die stad hulle tegemoet, sodat hulle tussen Israel in geraak het, 'n deel duskant en 'n deel anderkant; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat vrygeraak of ontvlug het nie.
23 Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang en hom na Josua gebring.
24 En nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekom na Ai en dit met die skerpte van die swaard verslaan.
25 Al die gesneuweldes op die dag, manne sowel as vroue, was twaalf duisend -- al die mense van Ai.
26 En Josua het sy hand met die uitgestrekte spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref het nie.
27 Net die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.
28 Toe het Josua Ai verbrand en daarvan 'n puinhoop gemaak vir ewig, 'n wildernis tot vandag toe.
29 En die koning van Ai het hy aan 'n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is.
30 Toe het Josua 'n altaar gebou vir die HERE, die God van Israel, op die berg Ebal,
31 soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: 'n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en d rop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag.
32 En daar het hy 'n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel,
33 terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan -- teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE -- die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Ger¡sim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.
34 En daarna het hy al die woorde van die wet voorgelees, die seën en die vloek, net soos dit geskrywe staan in die wetboek.
35 Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.
1 耶和华对约书亚说: "你不要惧怕, 也不要惊慌, 你只管带领所有能作战的人, 起来上艾城去; 你看, 我已经把艾城的王和他的人民、城市、土地都交在你手里了。
2 你怎样对待耶利哥和耶利哥的王, 也要照样对待艾城和艾城的王; 只是城中的战利品和牲畜, 你们可以据为己有; 你要在城后面设下攻城的伏兵。"
3 于是, 约书亚和所有能作战的人都起来上艾城去; 约书亚选了三万英勇的战士, 漏夜派他们出去,
4 吩咐他们说: "你们注意, 要在城后面埋伏攻城; 不可离城太远, 人人都要作好准备。
5 我和所有与我一起的人, 要向城推进。城里的人像前一次出来攻击我们的时候, 我们就在他们面前逃跑;
6 他们必定出来追赶我们, 我们就把他们引出城来, 因为他们必定说: ‘这些人像前一次一样在我们面前逃跑了。’所以我们要在他们面前逃跑。
7 那时你们就要从埋伏的地方起来, 占领那城, 因为耶和华你们的 神必把城交在你们的手里。
8 你们占领了城以后, 就要放火烧城; 要照着耶和华的话行事; 你们要谨慎, 我已经吩咐你们了。"
9 约书亚差派他们去了, 他们就上到埋伏的地方去, 住在伯特利和艾城的中间, 就是在艾城的西边。那一夜, 约书亚却在人民中间住宿。
10 约书亚清早起来, 召集人民上艾城去, 他和以色列的长老走在人民的前面。
11 所有与他在一起的战士都上去, 迫近艾城, 在城的北面安营; 在约书亚和艾城中间有一个山谷,
12 约书亚挑了大约五千人, 要他们埋伏在伯特利和艾城中间, 就是艾城的西面。
13 于是他们把众民, 就是在城北的全军和在城西的伏兵都布置好了。那一夜, 约书亚走进了山谷之中。
14 艾城的王看见了这情形, 就和艾城的人急忙在清早起来, 按着所定的时候出到亚拉巴, 要与以色列人交战; 王却不知道在城后面有伏兵要攻击他。
15 约书亚和以色列人在他们面前装败, 沿着通往旷野的路逃跑。
16 城里的众民都被召集, 去追赶他们; 艾城的人追赶约书亚的时候, 就都被诱离城。
17 艾城和伯特利城没有留下一个人不出来追赶以色列人; 他们撇下了敞开的城门, 去追赶以色列人。
18 耶和华对约书亚说: "你向着艾城伸出你手中的短枪, 因为我要把城交在你手里。"约书亚就向着艾城伸出他手里的短枪。
19 他一伸手, 伏兵就从埋伏的地方急忙起来, 冲进城去, 把城夺取, 并连忙放火烧城。
20 艾城的人转身观看, 看见城里浓烟冲天, 就全身乏力, 不能逃跑; 往旷野逃跑的以色列人就转过来攻击追赶他们的人。
21 约书亚和以色列人看见伏兵已经夺取了城, 又看见城中浓烟上升, 就转回, 击杀艾城的人。
22 伏兵也出城攻击艾城的人; 艾城的人就被困在以色列人中间, 前后受敌; 于是以色列人把他们击杀, 没有留下一个, 也没有一个逃脱。
23 他们活捉了艾城的王, 把他解到约书亚那里。
24 以色列人在田间、在旷野, 杀尽了所有追赶他们的艾城的居民, 艾城的人全部倒在刀下, 直到完全消灭; 接着, 以色列众人回到艾城, 用刀击杀了城中的人。
25 那一天被杀的人, 连男带女, 共有一万二千人, 就是艾城所有的人。
26 约书亚没有收回伸出短枪的手, 直到把艾城的居民都消灭为止。
27 只有那城里的牲畜和战利品, 以色列人照着耶和华吩咐约书亚的话, 都据为己有。
28 约书亚烧了艾城, 使城永远成为废堆, 一片荒凉, 直到今日。
29 他又把艾城的王悬在树上, 直到黄昏的时候; 日落的时候, 约书亚吩咐人把尸体从树上拿下来, 丢在城门口那里, 又在尸体上堆起了一大堆石头, 这堆石头一直存到今日。
30 那时, 约书亚在以巴路山上, 为耶和华以色列的 神筑了一座祭坛,
31 是照着耶和华的仆人摩西吩咐以色列人的, 照着摩西律法书上所写的, 用未经过铁器打凿的整块石块筑成的一座祭坛; 在这祭坛之上, 众人向耶和华献燔祭, 也献平安祭。
32 约书亚在那里, 当着以色列人面前, 把摩西所写的摩西律法抄写在石头上。
33 全体以色列人和他们的长老、官长, 以及审判官, 都站在约柜的两旁, 在抬耶和华约柜的利未支派的祭司前面; 无论是寄居的, 或是本地人, 一半对着基利心山, 一半对着以巴路山; 正如耶和华的仆人摩西以前所吩咐的, 好为以色列民祝福。
34 然后, 约书亚宣读律法上一切祝福和咒诅的话, 全都照着律法书上所写的一切。
35 摩西吩咐的一切话, 约书亚在以色列全体会众和妇女、小孩, 以及在他们中间来往的寄居者面前, 没有一句不向他们宣读出来的。