1 Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
3 Want julle moet ag gee op Hom wat so 'n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.
4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
5 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
10 Want hulle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.
11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.
16 Laat niemand 'n hoereerder wees nie, of 'n onheilige soos Esau, wat vir ,,n spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.
17 Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.
18 Want julle het nie gekom by 'n tasbare berg nie en 'n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm
19 en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie --
20 want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as 'n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met 'n pyl neergeskiet word.
21 En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.
22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,
23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,
24 en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.
25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as hulle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde 'n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder ons wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek.
26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.
27 En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly.
28 Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
29 Want onse God is 'n verterende vuur.
1 所以, 我们既然有这么多的见证人, 像云彩围绕着我们, 就应该脱下各样的拖累, 和容易缠住我们的罪, 以坚忍的心奔跑那摆在我们面前的赛程;
2 专一注视耶稣, 就是我们信心的创始者和完成者。他因为那摆在面前的喜乐, 就忍受了十字架, 轻看了羞辱, 现在就坐在 神宝座的右边。
3 这位忍受罪人那样顶撞的耶稣, 你们要仔细思想, 免得疲倦灰心。
4 你们与罪恶斗争, 还没有对抗到流血的地步;
5 你们又忘记了那劝你们好像劝儿子的话, 说: "我儿! 你不可轻看主的管教, 受责备的时候也不要灰心;
6 因为主所爱的, 他必管教, 他又鞭打所收纳的每一个儿子。"
7 为了接受管教, 你们要忍受, 因为 神待你们好像待儿子一样; 哪有儿子不受父亲管教的呢?
8 作儿子的都受过管教。如果你们没有受管教, 就是私生子, 不是儿子了。
9 还有, 肉身的父亲管教我们, 我们尚且敬重他们; 何况那万灵的父, 我们不是更要顺服他而得生吗?
10 肉身的父亲照着自己的意思管教我们, 只有短暂的日子; 唯有 神管教我们, 是为着我们的好处, 使我们在他的圣洁上有分。
11 但是一切管教, 在当时似乎不觉得快乐, 反觉得痛苦; 后来却为那些经过这种操练的人, 结出平安的果子来, 就是义。
12 所以, 你们要把下垂的手和发软的腿挺直起来;
13 也要把你们所走的道路修直, 使瘸子不至于扭脚, 反而得到复原。
14 你们要竭力寻求与众人和睦, 并且要竭力追求圣洁。如果没有圣洁, 谁也不能见主。
15 你们要小心, 免得有人失去了 神的恩典; 免得有苦根长起来缠绕你们, 因而污染了许多人;
16 又免得有人成为淫乱的和贪恋世俗的, 好像以扫一样, 为了一点点食物, 竟把自己长子的名分出卖了。
17 你们知道, 后来以扫想要承受祝福, 却被拒绝了; 他虽然带着眼泪寻求, 还是没有反悔的余地。
18 你们不是来到那座摸得着的山。那里有烈火、密云、幽暗、暴风、
19 号筒的响声和说话的声音; 那些听见这声音的人, 都请求 神不要再向他们多说话;
20 因为他们担当不起那命令: "就是走兽挨近这山, 也要用石头把它打死。"
21 当时, 显出的景象是那么可怕, 连摩西也说: "我非常恐惧战兢。"
22 你们却是来到锡安山和永活的 神的城, 就是天上的耶路撒冷; 在那里有千万的天使聚集,
23 有名字登记在天上众长子的教会, 有审判众人的 神, 有被成全的义人的灵魂,
24 有新约的中保耶稣, 还有他所洒的血。这血所传的信息比亚伯的血所传的更美。
25 你们要谨慎, 不要弃绝那位说话的, 因为从前的人弃绝了那位在地上警戒他们的, 尚且不能逃罪; 何况现在我们背弃那位从天上警戒我们的呢?
26 当时他的声音震动了地; 现在他却应许说: "下一次, 我不但要震动地, 还要震动天。"
27 "下一次"这句话, 是表明那些被震动的, 要像被造之物那样被除去, 好使那些不能震动的可以留存,
28 因此, 我们既然领受了不能震动的国, 就应该感恩, 照着 神所喜悦的, 用虔诚敬畏的心事奉他;
29 因为我们的 神是烈火。