1 Die broederliefde moet bly.

2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.

3 Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook 'n liggaam het.

4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.

5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.

8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

9 Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.

10 Ons het 'n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;

11 want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word -- hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.

13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.

14 Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.

15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.

16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers.

17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

18 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.

19 Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.

20 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,

21 julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

22 En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.

23 Julle moet weet dat die broeder Timothes vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.

24 Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.

25 Die genade sy met julle almal! Amen.

1 你们总要保持弟兄的爱。

2 不要忘了用爱心接待人, 有人就是这样作, 在无意中就款待了天使。

3 你们要记念那些被囚禁的人, 好像跟他们一起被囚禁; 也要记念那些受虐待的人, 好像你们也亲自受过。

4 人人都应该尊重婚姻, 婚床也不要玷污, 因为 神一定审判淫乱的和奸淫的人。

5 你们为人不要贪爱钱财, 要以现在所有的为满足; 因为 神亲自说过: "我决不撇下你, 也不离弃你。"

6 所以我们可以放胆说: "主是我的帮助, 我决不害怕, 人能把我怎么样呢?"

7 你们要记念那些领导过你们, 把 神的道传给你们的人; 你们要观察他们一生的成果, 要效法他们的信心。

8 耶稣基督昨天、今天、一直到永远都是一样的。

9 你们不要被各样怪异的教训勾引去了。人心靠着恩典, 而不是靠着食物得到坚定, 才是好的; 因为那些拘守食物的人, 从来没有得过益处。

10 我们有一座祭坛, 坛上的祭物, 是那些在会幕中供职的人没有权利吃的。

11 那些祭牲的血, 由大祭司带进圣所作赎罪祭, 祭牲的身体却要在营外焚烧。

12 所以耶稣也是这样在城门外受苦, 为的是要借着自己的血使人民成圣。

13 那么, 让我们也出到营外到他那里去, 担当他的凌辱。

14 因为在这里我们没有长存的城, 我们却是寻求那将要来的城。

15 所以, 我们要借着耶稣, 常常把颂赞的祭品献给 神, 这就是承认他的名的人嘴唇的果子。

16 你们也不要忘记行善和捐输, 这样的祭是 神所喜悦的。

17 你们要听从那些领导你们的人, 也要顺服他们; 因为他们为你们的灵魂警醒, 好像要交帐的人一样。你们要使他们交帐的时候快快乐乐, 不至于叹息; 如果他们叹息, 对你们就没有好处了。

18 请为我们祷告, 因为我们深信自己良心无亏, 愿意凡事遵行正道。

19 我更加要求你们为我们祷告, 好使我们能够快点回到你们那里去。

20 愿赐平安的 神, 就是那凭着永约的血, 把群羊的大牧人我们的主耶稣, 从死人中领出来的那一位,

21 在一切善事上成全你们, 好使你们遵行他的旨意; 又借着耶稣基督在我们里面, 行他所喜悦的事。愿荣耀归给他, 直到永永远远。阿们。

22 弟兄们, 我劝你们耐心接受我这劝勉的话, 因为我只是简略地写给你们。

23 你们要知道, 我们的弟兄提摩太已经释放了; 如果他来得早, 我就跟他一起去看你们。

24 请问候所有领导你们的人和所有圣徒。从意大利来的人也问候你们。

25 愿恩惠与你们众人同在。