1 Want die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.

2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.

3 Maar in die offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes;

4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei.

6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom -- in die boekrol is dit van My geskrywe -- om u wil te doen, o God.

8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie -- wat volgens die wet geoffer word --

9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;

12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is 'n voetbank van sy voete.

14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;

16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit n die dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,

17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus

20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,

21 en ons 'n groot Priester oor die huis van God het,

22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;

24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,

27 maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.

28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;

29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.

31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.

32 Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, 'n groot lydensworsteling deurstaan het,

33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge 'n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so 'n toestand verkeer het.

34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself 'n beter en blywende besitting in die hemele het.

35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het, nie weg nie.

36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

37 Want nog 'n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.

38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.

1 律法既然是以后要来的美好事物的影子, 不是本体的真象, 就不能凭着每年献同样的祭品, 使那些进前来的人得到完全。

2 如果敬拜的人一次得洁净, 良心就不再觉得有罪, 那么, 献祭的事不是早就停止了吗?

3 可是那些祭品, 却使人每年都想起罪来,

4 因为公牛和山羊的血不能把罪除去。

5 所以, 基督到世上来的时候, 就说: "祭品和礼物不是你所要的, 你却为我预备了身体。

6 燔祭和赎罪祭, 不是你所喜悦的;

7 那时我说: ‘看哪! 我来了, 经卷上已经记载我的事, 神啊! 我来是要遵行你的旨意。’"

8 前面说: "祭品和礼物, 燔祭和赎罪祭, 不是你所要的, 也不是你所喜悦的。"这些都是按照律法献的;

9 接着又说: "看哪! 我来了, 是要遵行你的旨意。"可见他废除那先前的, 为要建立那后来的。

10 我们凭着这旨意, 借着耶稣基督一次献上他的身体, 就已经成圣。

11 所有的祭司都是天天站着事奉, 多次献上同样的祭品, 那些祭品永远不能把罪除去。

12 唯有基督献上了一次永远有效的赎罪祭, 就在 神的右边坐下来。

13 此后, 只是等待 神把他的仇敌放在他的脚下, 作他的脚凳。

14 因为他献上了一次的祭, 就使那些成圣的人永远得到完全。

15 圣灵也向我们作见证, 因为后来他说过:

16 "主说: ‘在那些日子以后, 我要与他们所立的约是这样: 我要把我的律法放在他们的心思里面, 写在他们的心上。’"

17 又说: "我决不再记着他们的罪恶, 和不法的行为。"

18 这一切既然都赦免了, 就不必再为罪献祭了。

19 所以, 弟兄们! 我们凭着耶稣的血, 可以坦然无惧地进入至圣所。

20 这进入的路, 是他给我们开辟的, 是一条通过幔子、又新又活的路, 这幔子就是他的身体。

21 我们既然有一位伟大的祭司治理 神的家,

22 我们良心的邪恶既然被洒净, 身体也用清水洗净了, 那么, 我们就应该怀着真诚的心和完备的信, 进到 神面前;

23 又应该坚持我们所宣认的盼望, 毫不动摇, 因为那应许我们的是信实的。

24 我们又应该彼此关心, 激发爱心, 勉励行善。

25 我们不可放弃聚会, 好像有些人的习惯一样; 却要互相劝勉。你们既然知道那日子临近, 就更应该这样。

26 如果我们领受了真理的知识以后, 还是故意犯罪, 就再没有留下赎罪的祭品了;

27 只好恐惧地等待着审判, 和那快要吞灭众仇敌的烈火。

28 如果有人干犯了摩西的律法, 凭着两三个证人, 他尚且得不到怜悯而死;

29 何况是践踏 神的儿子, 把那使他成圣的立约的血当作俗物, 又侮辱施恩的圣灵的人, 你们想想, 他不是应该受更严厉的刑罚吗?

30 因为我们知道谁说过: "伸冤在我, 我必报应。"又说: "主必定审判他自己的子民。"

31 落在永活的 神手里, 真是可怕的。

32 你们要回想从前的日子, 那时, 你们蒙了光照, 忍受了许多痛苦的煎熬;

33 有时在众人面前被辱骂, 遭患难; 有时却成了遭遇同样情形的人的同伴。

34 你们同情那些遭监禁的人; 你们的家业被抢夺的时候, 又以喜乐的心接受, 因为知道自己有更美长存的家业。

35 所以, 你们不可丢弃坦然无惧的心, 这样的心是带有大赏赐的。

36 你们还需要忍耐, 好使你们行完了 神的旨意, 可以领受所应许的。

37 因为: "还有一点点的时候, 那要来的就来, 并不迟延。

38 我的义人必因信得生, 如果他后退, 我的心就不喜悦他。"

39 但我们不是那些后退以致灭亡的人, 而是有信心以致保全生命的人。