1 Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby --
2 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.
3 Voor hom uit verteer 'n vuur, en agter hom brand 'n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit 'n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
4 Sy voorkoms is soos die van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.
5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van 'n vuurvlam wat die kaf verteer, soos 'n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.
6 Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.
7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.
8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.
9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos 'n dief.
10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.
11 En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
12 Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.
13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;
14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy 'n seën sal agterlaat -- 'n spysoffer en 'n drankoffer aan die HERE julle God.
15 Blaas die basuin op Sion, heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam!
16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
17 Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
18 Toe het die HERE geywer vir sy land en sy volk verskoon.
19 En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot 'n voorwerp van smaad onder die nasies nie.
20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.
21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!
22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!
23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.
24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.
25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het -- my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.
26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in die dae my Gees uitgiet.
30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
32 En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.
1 你们要在锡安吹号, 并在我的圣山发出警讯, 让国中所有的居民都战栗, 因为耶和华的日子快到, 必然临近了。
2 那日是黑暗幽冥的日子, 是密云漆黑的日子。有一队众多强盛的民来到, 好像晨光满布群山; 这样的事从前没有发生过, 以后直到万代, 也不会发生。
3 在他们前面有吞灭的火, 在他们后面有燃烧的火焰; 他们未到以前, 大地像伊甸园, 他们过去以后, 大地成了荒凉的旷野, 没有一样能逃避他们的。
4 他们的形状像马的形状, 战马怎样奔跑, 他们也怎样奔跑。
5 他们在群山顶上跳跃的声音, 如战车的响声, 又如火焰吞灭碎秸的响声, 像强盛的民摆阵预备作战。
6 在他们面前, 万民苦恼, 人人脸红耳赤。
7 他们奔跑像勇士, 又像战士爬上城墙; 他们各按自己的路前行, 并不偏离路线。
8 他们彼此不拥挤, 各按自己的道前行; 甚至他们持着兵器跌倒, 也不会被剪除。
9 他们冲入城镇, 奔上城墙, 爬进房屋, 像盗贼一样从窗户爬进去。
10 在他们面前, 大地震动, 诸天摇撼, 日月昏暗, 星星无光。
11 耶和华在他的军队前头发出声音; 他的队伍极大, 成就他话语的, 是强盛的人。耶和华的日子伟大, 非常可畏, 谁能忍受得住呢?
12 耶和华说: "现在虽然如此, 你们仍要全心全意, 以禁食、哭泣、哀号, 归向我。"
13 你们要撕裂你们的心肠, 不要撕裂你们的衣服。并要归向耶和华你们的 神, 因为他有恩典有怜悯, 不轻易发怒, 并且有丰盛的慈爱, 随时转意不降灾祸。
14 有谁知道或许他会转意, 并且施慈爱, 留下余福, 就是留下献给耶和华你们的 神的素祭和奠祭。
15 你们要在锡安吹号角, 把禁食的日子分别为圣, 召开严肃会。
16 你们要召集民众, 使会众分别为圣; 招聚老人, 聚集孩童, 和在怀中吃奶的婴孩; 让新郎从新房出来, 新妇从内室出来。
17 让事奉耶和华的祭司在圣殿的廊子和祭坛之间哭泣, 让他们说: "耶和华啊! 求你怜恤你的子民。不要使你的产业受羞辱, 使他们在列国中成为笑谈。为什么容人在万民中讥笑说: ‘他们的 神在哪里呢?’"
18 于是耶和华为了自己的地发热心, 怜恤他的子民。
19 耶和华应允他的子民, 对他们说: "看哪! 我必赐给你们五谷、新酒和新油, 你们必吃得饱足, 我必不再使你们成为列国中的羞辱。
20 我要使北方来的军队远离你们; 我要把他们驱逐到干旱荒凉之地, 他们的前队赶入东海, 他们的后队赶入西海; 并且他们的臭气上升, 他们的腥味上腾, 因为耶和华行了大事。
21 地土啊! 你不要惧怕; 你要欢喜快乐, 因为耶和华行了大事。
22 田野的走兽啊, 你们不要惧怕, 因为旷野的草场又发青了, 树木又结果子了, 无花果树和葡萄树也都效力了。
23 锡安的人民哪! 你们要欢喜, 要靠耶和华你们的 神快乐, 因为他赐给了你们合时的秋雨。他给你们降下时雨, 就是秋雨春雨, 像以前一样。
24 禾场上必满了五谷; 榨酒池与油醡必溢出新酒与新油。
25 我差遣到你们中间去的, 我的大军队, 就是蝗虫、蝻子、蚂蚱和剪虫, 在那些年间吃尽的, 我必补给你们。
26 你们必吃得丰富, 并且饱足, 你们就赞美耶和华你们的 神的名, 因为他为你们行了奇妙的事。我的子民必永远不会羞愧。
27 这样, 你们必知道我是在以色列中间, 又知道我是耶和华你们的 神, 除了我再没有别的神。我的子民必永远不会羞愧。
28 "以后, 我要把我的灵浇灌所有的人。你们的儿女要说预言, 你们的老年人要作异梦, 你们的少年人要见异象。
29 在那些日子, 我也要把我的灵浇灌我的仆人和婢女。
30 我要在天上地下显出神迹奇事, 有血、有火、有烟柱。
31 太阳将变为黑暗, 月亮将变为血红。在耶和华伟大可畏的日子临到以前, 这一切都要发生。
32 那时, 求告耶和华的名的, 都必得救; 因为正如耶和华所说的, 在锡安山和耶路撒冷必有得救的人, 在劫后余生的人中, 必有耶和华所呼召的。"(本章第28-32节在《马索拉抄本》为3:1-5)