1 Want kyk, in die dae en in die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
2 sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
3 En oor my volk het hulle die lot gewerp en 'n jong seun weggegee vir 'n hoer en 'n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
4 En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filist,a? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
5 Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
6 Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
7 Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
8 En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en die sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
9 Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held.
11 Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
12 Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Josafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
14 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
16 En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.
17 Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
18 En op die dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar 'n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
19 Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
20 Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
21 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.
1 "看哪! 到了那些日子, 在那个时期, 我使犹大和耶路撒冷被掳的人归回, (本节在《马索拉抄本》为4:1)
2 我必招聚列国, 领他们下到约沙法谷, 为了我的子民, 就是我的产业以色列, 我要在那里亲临审判他们, 因为他们把我的子民分散在列国中, 又分取了我的地土。
3 他们为我的子民抽签, 用男童交换妓女, 女童被卖换酒喝。
4 "推罗、西顿和非利士四境的人哪! 你们想对我作什么呢?你们想向我报复吗?你们若向我报复, 我很快就使报应归在你们的头上。
5 你们拿去了我的金银, 又把我的珍宝带进了你们的庙宇。
6 你们把犹大人和耶路撒冷人卖给希腊人, 使他们远离自己的境界。
7 看哪! 我要激动他们离开被你们卖到的地方, 我也要使报应归到你们的头上。
8 我必把你们的儿女卖在犹大人的手中, 犹大人必把他们卖给远方示巴国的人, 因为这是耶和华说的。"
9 你们要在列国中宣告以下这话: "你们要预备争战, 要激动勇士。让所有的战士都近前来, 让他们都上去攻击。
10 要把犁头打成刀剑, 把镰刀打成矛枪; 软弱的要说: ‘我是勇士。’
11 四围的列国啊! 你们快来帮助, 在那里一同聚集。耶和华啊! 求你叫你的勇士下来吧。
12 "万国都当奋起, 上到约沙法谷去。因为我必坐在那里, 审判四围的列国。
13 你们要伸出镰刀, 因为庄稼已经熟了。来践踏吧, 因为压酒池满了, 酒池盈溢, 因为他们的罪恶极大。
14 无数的人群齐集在判决谷, 因为耶和华的日子临近了判决谷。
15 日月昏暗, 星星无光。
16 耶和华从锡安吼叫, 并从耶路撒冷发声, 天地就震动。耶和华却要作他子民的避难所, 作以色列众子的保障。
17 你们知道我是耶和华你们的 神, 是住在锡安我的圣山上。那时, 耶路撒冷必成为圣。外族人必不得从其中经过。
18 到那日, 大山都必滴下甜酒, 小山都必流出奶, 犹大的一切溪流, 都必水流不息。必有泉源从耶和华的殿里流出来, 灌溉河谷。
19 埃及将会荒凉, 以东必变成凄凉的旷野, 都因为他们向犹大人所行的强暴, 又因为在他们的国中流了无辜人血。
20 "但犹大必存到永远, 耶路撒冷也必存到万代。
21 现在我要追讨我还未有追讨的流人血的罪。耶和华在锡安居住。"