1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.
3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
4 Deur die geloof het Abel 'n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.
5 Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.
6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.
7 Deur die geloof het Noag, toe hy 'n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is.
8 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.
9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.
10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.
11 Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
12 Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit 'n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.
13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
14 Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle 'n vaderland soek.
15 En as hulle bly dink het aan die vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
16 Maar nou verlang hulle na 'n beter een, dit is 'n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle 'n stad berei.
17 Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,
18 aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word -- want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek;
19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.
20 Deur die geloof het Isak vir Jakob en Esau geseënmet die oog op die toekoms.
21 Deur die geloof het Jakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; en hy het aanbid terwyl hy leun op die knop van sy staf.
22 Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente.
23 Deur die geloof is Moses n sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.
24 Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word,
25 omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê,
26 en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.
27 Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.
28 Deur die geloof het hy die pasga gehou en die besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes nie sou aanraak nie.
29 Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.
30 Deur die geloof het die mure van J,rigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.
31 Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.
32 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van G¡deon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,
33 wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,
34 die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.
35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om 'n beter opstanding te kan verkry.
36 Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.
37 Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel --
38 die wêreld was hulle nie werd nie -- hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.
39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,
40 omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
1 信就是对所盼望的事的把握, 是还没有看见的事的明证。
2 因着这信心, 古人得到了称许。
3 因着信, 我们就明白宇宙("宇宙"或译: "诸世界"或"众世代")是因着 神的话造成的。这样, 那看得见的就是从那看不见的造出来的。
4 因着信, 亚伯比该隐献上更美的祭品给 神; 借着这信心, 他被 神称许为义人, 这是 神指着他的礼物所作的见证; 他虽然死了, 却借着信仍然说话。
5 因着信, 以诺被迁去了, 使他不至于死, 人也找不着他, 因为 神把他迁去了。原来在迁去以前, 他已经得了 神喜悦他的明证。
6 没有信, 就不能得到 神的喜悦; 因为来到 神面前的人, 必须信 神存在, 并且信他会赏赐那些寻求他的人。
7 因着信, 挪亚在还没有看见的事上, 得了 神的警告, 就动了敬畏的心, 做了一艘方舟, 使他全家得救。借着这信心, 他就定了那世代的罪, 自己也承受了那因信而来的义。
8 因着信, 亚伯拉罕在蒙召的时候, 就听命往他将要承受为业的地方去; 他出去的时候, 还不知道要往哪里去。
9 因着信, 他在应许之地寄居, 好像是在异乡, 与承受同样应许的以撒、雅各一样住在帐棚里。
10 因为他等待那座有根基的城, 就是 神所设计所建造的。
11 因着信, 甚至撒拉, 她虽然过了生育的年龄, 还是能够怀孕, 因为她认为那应许她的是信实的。
12 所以从一个好像已死的人, 竟然生出许多子孙来, 仿佛天上的星那么众多, 海边的沙那么无数。
13 这些人都是存着信心死了的, 还没有得着所应许的, 只不过是从远处看见, 就表示欢迎, 又承认他们在世上是异乡人, 是客旅。
14 因为说这样话的人, 是表明他们在寻求一个家乡。
15 如果他们怀念已经离开了的地方, 还有可以回去的机会。
16 但是现在他们所向往的, 是一个更美的、在天上的家乡。所以, 神不以他们称他为 神而觉得羞耻; 因为他已经为他们预备了一座城。
17 因着信, 亚伯拉罕在受试验的时候, 就把以撒献上; 这就是那欢喜领受应许的人, 献上了自己的独生子;
18 论到这个儿子, 曾经有话说: "以撒生的, 才可以称为你的后裔。"
19 亚伯拉罕认定, 神能使人从死人中复活, 因此, 就喻意说, 他的确从死里得回他的儿子。
20 因着信, 以撒给雅各和以扫祝福, 论到将来的事。
21 因着信, 雅各临死的时候, 分别为约瑟的儿子祝福, 又倚着杖头敬拜 神。
22 因着信, 约瑟临终的时候, 提到以色列子民出埃及的事, 并且为自己的骸骨留下遗言。
23 因着信, 摩西的父母在摩西生下来以后, 因为看见孩子俊美, 就把他藏了三个月, 不怕王的命令。
24 因着信, 摩西长大了以后, 就拒绝被称为法老女儿的儿子。
25 他宁愿选择和 神的子民一同受苦, 也不肯享受罪恶中暂时的快乐。
26 在他看来, 为着基督受的凌辱, 比埃及的财物更宝贵, 因为他注视将来的赏赐。
27 因着信, 他离开了埃及, 不怕王的忿怒; 因为他坚定不移, 就像看见了人不能看见的 神。
28 因着信, 他立了逾越节和洒血的礼, 免得那灭命的侵犯以色列人的长子。
29 因着信, 他们走过了红海, 好像走过旱地一样; 埃及人也试着要过去, 就被淹没了。
30 因着信, 耶利哥的城墙被围绕了七天, 就倒塌了。
31 因着信, 妓女喇合和和平平接待了侦察的人, 就没有和那些不顺从的人一起灭亡。
32 我还要再说什么呢?如果再要述说基甸、巴拉、参孙、耶弗他、大卫、撒母耳和众先知的事, 时间就不够了。
33 他们借着信, 就战胜了敌国, 伸张了正义, 得到了应许, 堵住了狮子的口,
34 消灭了烈火的威力, 逃脱了刀剑的锋刃, 软弱变成刚强, 在战争中显出大能, 把外国的军队击退。
35 有些妇女得回从死里复活的亲人; 但也有些人忍受了酷刑, 不肯接受释放, 为的是要得着更美的复活。
36 又有些人遭受了戏弄、鞭打, 甚至捆锁、监禁;
37 被石头打死, 被锯锯死, (后期抄本在此加上"受试探")被刀杀死。他们披着绵羊山羊的皮到处奔跑、受穷乏、遭患难、被虐待;
38 原是这世界不配有的人。他们飘流无定, 在旷野、山岭、石洞和地穴栖身。
39 所有这些人都借着信得了称许, 却还没有得着所应许的;
40 因为 神已经为我们预备了更美的事, 使他们若不跟我们在一起, 就不能完全。