1 Toe het hulle deur Amf¡polis en Apollonië gereis en in Thessalon¡ka gekom, waar 'n sinagoge van die Jode was.

2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte

3 en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.

4 En sommige van hulle is oortuig en het hulle by Paulus en Silas aangesluit, ook 'n groot menigte van die godsdienstige Grieke en 'n groot aantal van die aansienlikste vroue.

5 Maar die ongelowige Jode was afgunstig en het slegte manne van die leeglopers saamgeneem en die stad in opskudding gebring deur 'n volksoploop te bewerk. En hulle het die huis van Jason aangeval en probeer om hulle voor die volk te bring.

6 Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en 'n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom,

7 en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar 'n ander koning is, naamlik Jesus.

8 En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het.

9 Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.

10 Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Ber,a weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.

11 En hierdie mense was edelmoediger as die in Thessalon¡ka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

12 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke 'n groot aantal, vroue en manne.

13 Maar toe die Jode van Thessalon¡ka verneem het dat die woord van God ook in Ber,a deur Paulus verkondig was, het hulle gekom en die skare ook daar opgesweep.

14 Die broeders het Paulus toe dadelik weggestuur om in die rigting van die see te gaan, maar Silas en Timothes het daar gebly.

15 En die wat Paulus begelei het, het hom tot by Ath,ne gebring, en nadat hulle opdrag ontvang het aan Silas en Timothes om so gou moontlik na hom te kom, het hulle vertrek.

16 En terwyl Paulus in Ath,ne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.

17 Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom.

18 En sommige van die Epikur,‹ese en die Sto‹synse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy 'n verkondiger is van vreemde gode -- omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.

19 En hulle het hom geneem en op die Areopagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?

20 Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.

21 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.

22 Paulus gaan toe in die middel van die Areopagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.

23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.

24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.

25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.

26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,

27 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;

28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.

30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,

31 omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.

32 Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.

33 En so het Paulus van hulle weggegaan.

34 Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword, onder wie ook Dion¡sius, die Areopagiet, was, en 'n vrou met die naam van D maris en ander saam met hulle.

1 保罗和西拉经过暗非波里、亚波罗尼亚, 来到帖撒罗尼迦, 在那里有犹太人的会堂。

2 保罗照他的习惯进去, 一连三个安息日, 根据圣经与他们辩论,

3 讲解证明基督必须受害, 从死人中复活, 说: "我所传给你们的这位耶稣, 就是基督。"

4 他们中间有人给说服了, 就附从了保罗和西拉; 还有一大群虔诚的希腊人, 和不少显要的妇女。

5 但犹太人嫉妒起来, 招聚了一些市井流氓, 纠合成群, 骚动全城, 冲进了耶孙的家, 搜索保罗和西拉, 要把他们交给民众。

6 搜索不到他们, 就把耶孙和几个弟兄, 拉到地方长官那里, 喊叫着说: "这些扰乱天下的人, 也到这里来了,

7 耶孙却收留他们。这些人都违背凯撒的法令, 说另外还有一个王耶稣。"

8 群众和地方长官听见这话, 就惊慌起来,

9 取得耶孙和其余的人签保后, 才放了他们。

10 弟兄们当夜立刻送保罗和西拉往比里亚去。二人到了, 就进入犹太人的会堂。

11 这里的人, 比帖撒罗尼迦人开明, 热切接受主的道, 天天考查圣经, 要知道所听的是否与圣经相符。

12 结果他们中间有很多人信了, 也有高贵的希腊妇女, 男的也不少。

13 但帖撒罗尼迦的犹太人, 知道保罗又在比里亚宣讲 神的道, 就到那里去, 煽动挑拨群众。

14 弟兄们立刻把保罗送到海边去; 西拉和提摩太仍然留在比里亚。

15 护送保罗的人带他到了雅典; 保罗吩咐他们叫西拉和提摩太赶快去见他, 于是他们就回去了。

16 保罗在雅典等候他们的时候, 看见满城都是偶像, 心灵十分忿激。

17 于是在会堂里, 同犹太人和虔诚的人辩论; 并且天天在市中心和所遇见的人辩论。

18 还有伊壁鸠鲁派和斯多亚派的哲学家也同他争论, 有的说: "这个拾人牙慧的人要说什么呢?"有的说: "他似乎是一个宣传外地鬼神的人。"这是因为保罗传扬耶稣和复活的道理。

19 他们拉着保罗, 把他带到亚略.巴古那里, 说: "你所讲的这个新道理, 我们可以知道吗?

20 因为你把一切新奇的事, 传到我们耳中, 我们愿意知道这些事是什么意思。"

21 原来所有雅典人和外侨, 专好谈论和打听新奇的事, 来打发时间。

22 保罗站在亚略.巴古当中, 说: "各位雅典人, 我看你们在各方面都非常敬畏鬼神。

23 我走路的时候, 仔细看你们所敬拜的, 发现有一座坛, 上面写着‘献给不认识的神’。我现在把你们不认识而敬拜的这位神, 传给你们。

24 创造宇宙和其中万有的 神, 既然是天地的主, 就不住在人手所造的殿宇,

25 也不受人手的服事, 好像他缺少什么; 他自己反而把生命、气息和一切, 赐给万人。

26 他从一个本源造出了万族来, 使他们住在整个大地上, 并且定了他们的期限和居住的疆界,

27 要他们寻求 神, 或者可以摸索而找到他。其实他离我们各人不远,

28 因着他我们可以生存、活动、存在, 就如你们有些诗人说: ‘原来我们也是他的子孙。’

29 我们既然是 神的子孙, 就不应该以为他的神性是好像人用手艺、心思所雕刻的金银石头一样。

30 过去那无知的时代, 神不加以追究; 现在, 他却吩咐各处的人都要悔改,

31 因为他已经定好了日子, 要借着他所立的人, 按公义审判天下, 并且使他从死人中复活, 给万人作一个可信的凭据。"

32 众人一听到死人复活的事, 就讥笑他, 但有的说: "我们要再听听你讲这件事! "

33 这样, 保罗就离开他们。

34 但有几个人接近他, 并且信了主, 其中有亚略.巴古的议员丢尼修, 一个名叫戴马里的女子, 还有其他的人。