1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
3 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke hê nie.
4 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly d r en gaan d rvandaan verder.
5 En almal wat julle nie ontvang nie -- as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot 'n getuienis teen hulle.
6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
7 Herodes, die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;
8 en deur ander: El¡a het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.
9 En Herodes het gesê: Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.
10 En toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na 'n verlate plek van 'n stad met die naam van Bets ida.
11 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
12 Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in 'n verlate plek.
13 Maar Hy sê vir hulle: Gee julle vir hulle iets om te eet. Maar hulle antwoord: Ons het nie meer as vyf brode en twee visse nie, tensy ons voedsel gaan koop vir al hierdie mense.
14 Want daar was omtrent vyf duisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels: Laat hulle in groepe van vyftig sit.
15 En hulle het dit gedoen en almal laat sit.
16 Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.
17 En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
18 En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?
19 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: El¡a, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
21 Toe gee Hy hulle 'n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.
22 En Hy sê: Die Seun van die mens moet baie ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en op die derde dag opstaan.
23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red.
25 Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en die van die Vader en van die heilige engele.
27 Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.
28 En omtrent agt dae n hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
29 En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.
30 En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en El¡a.
31 Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.
32 En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
33 En toe hulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir El¡a -- hy het nie geweet wat hy sê nie.
34 Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
35 En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!
36 En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.
37 En op die volgende dag toe hulle van die berg afklim, kom 'n groot skare Hom tegemoet.
38 En daar roep 'n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy is my enigste.
39 En kyk, 'n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.
40 En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.
41 Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.
42 En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
43 En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
44 Bewaar hierdie woorde in julle ore; want die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense.
45 Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
46 En daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
47 En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat die by Hom staan
48 en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.
49 En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
50 Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons.
51 En toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis,
52 en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
53 En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.
54 En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos El¡a ook gedoen het?
55 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie;
56 want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek.
57 En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
58 Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
59 En Hy sê aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
61 En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
1 耶稣召齐十二门徒, 给他们能力、权柄, 制伏一切鬼魔, 医治各样的疾病,
2 差遣他们去宣讲 神的国和医治病人,
3 对他们说: "不要带着什么上路, 不要带手杖, 不要带口袋, 不要带食物, 不要带银钱, 也不要带两件衣服。
4 无论进哪一家, 就住在那里, 直到离开。
5 凡不接待你们的, 你们离开那城的时候, 当把脚上的灰尘跺下去, 作为反对他们的表示。"
6 于是他们就出去, 走遍各乡, 传讲福音, 到处医治病人。
7 分封王希律听见所发生的一切事, 犹豫不定, 因为有人说: "约翰从死人中复活了。"
8 又有人说: "以利亚显现了。"还有人说: "古时的一位先知复活了。"
9 希律说: "约翰已经斩头了, 但这是谁, 我怎么会听到他这些事呢?"就设法要见他。
10 使徒们回来, 把所作的事报告耶稣。他带着他们, 悄悄地退往伯赛大城去。
11 群众知道了, 也跟了去。他接待他们, 向他们讲论 神的国, 医好需要医治的人。
12 天将晚的时候, 十二门徒来到他跟前, 说: "请解散众人, 好让他们往周围的田舍村庄, 去找地方住, 找东西吃, 因为我们这里是旷野。"
13 他说: "你们给他们吃吧! "他们说: "我们所有的, 不过是五个饼两条鱼, 除非去为这些人另买食物。"
14 原来男人就约有五千。他对门徒说: "叫他们一组一组地坐下, 每组约五十人。"
15 门徒就照他的话, 叫众人坐下。
16 耶稣拿起这五个饼, 两条鱼, 望着天, 祝谢了, 擘开递给门徒, 摆在众人面前。
17 他们都吃饱了, 把剩下的零碎拾起来, 装满了十二个篮子。
18 有一次耶稣独自祈祷的时候, 只有门徒和他在一起。他问他们: "人说我是谁?"
19 他们回答: "有人说是施洗的约翰, 有人说是以利亚, 还有人说是古时的一位先知复活了。"
20 他又问他们: "你们说我是谁?"彼得回答: "是 神的基督! "
21 耶稣郑重地嘱咐他们, 不要把这事告诉人。
22 又说: "人子必须受许多苦, 被长老、祭司长, 和经学家弃绝、杀害, 第三日复活。"
23 耶稣又对众人说: "如果有人愿意跟从我, 就当舍己, 天天背起他的十字架来跟从我。
24 凡是想救自己生命的, 必丧掉生命; 但为我牺牲自己生命的, 必救了生命。
25 人若赚得全世界, 却丧失自己, 或赔上自己, 有什么好处呢?
26 凡是把我和我的道当作可耻的, 人子在他与父并圣天使的荣耀里降临的时候, 也必把他当作可耻的。
27 我实在告诉你们, 站在这里的, 有人在没有尝过死味以前必定要看见 神的国。"
28 说了这些话以后约有八天, 耶稣带着彼得、约翰和雅各, 上山去祷告。
29 正祷告的时候, 他的面貌就改变了, 衣服洁白发光。
30 忽然有两个人和他谈话, 就是摩西和以利亚。
31 他们在荣光里显现, 谈论他去世的事, 就是他在耶路撒冷将要完成的。
32 彼得和同伴都在打盹。醒过来之后, 就看见他的荣光, 并与他站在一起的那两个人。
33 二人正要离开他的时候, 彼得对耶稣说: "主啊, 我们在这里真好! 我们可以搭三个帐棚, 一个为你, 一个为摩西, 一个为以利亚。"他根本不知道自己在说什么。
34 他说这话的时候, 有一片云彩笼罩他们, 他们入了云彩, 门徒就害怕起来。
35 有声音从云彩里出来, 说: "这是我的儿子, 我所拣选的("这是我的儿子, 我所拣选的"有些抄本作"这是我的爱子"), 你们要听从他! "
36 声音过了, 只见耶稣独自在那里。在那些日子, 门徒保持缄默, 不把所看见的告诉任何人。
37 第二天, 他们下了山, 有一大群人迎面而来。
38 在人群中有一个人喊叫说: "老师, 求你怜悯我的儿子, 因为他是我的独生子。
39 你看, 污灵一抓住他, 他就忽然喊叫, 并且抽疯, 口吐白沫; 污灵又折磨糟践他, 不肯放过他。
40 我求过你的门徒, 把他赶出去, 他们却办不到。"
41 耶稣说: "唉! 这不信又乖谬的世代啊! 我跟你们在一起, 忍受你们, 要到几时呢?把你儿子带到这里来吧! "
42 那孩子正走过来的时候, 污鬼把他摔倒, 使他重重地抽疯。耶稣斥责那污灵, 把孩子医好, 交给他父亲。
43 众人都惊奇 神的大能。众人还在希奇耶稣所作的这一切时, 他对门徒说:
44 "你们要把这些话存在心里: 人子将要被交在人的手里。"
45 门徒不明白这话, 因为这话的意思是隐藏的, 不让他们明白, 他们也不敢问。
46 后来, 门徒起了意见, 争论谁是最大的。
47 耶稣看出他们的心意, 就领了一个小孩子来, 叫他站在自己旁边,
48 对他们说: "凡因我的名接待这小孩子的, 就是接待我; 凡接待我的, 就是接待那差我来的。谁是你们中间最小的, 那人就是最大的。"
49 约翰说: "主, 我们看见有一个人奉你的名赶鬼, 就禁止他, 因为他不和我们一起跟从你。"
50 耶稣说: "不要禁止他, 因为不反对你们的, 就是赞成你们的。"
51 耶稣被接上升的日子快到了, 他就决意向耶路撒冷去,
52 并且差遣使者走在前头; 他们去了, 进入撒玛利亚的一个村庄, 要为他预备。
53 那里的人不接待他, 因为他面向着耶路撒冷走。
54 他的门徒雅各、约翰看见了, 就说: "主啊, 你要我们吩咐火从天降下来, 烧灭他们吗?"
55 耶稣就转过身来, 责备他们,
56 然后他们就往别的村庄去了。
57 他们走路的时候, 有一个人对他说: "你无论往哪里去, 我都要跟从你! "
58 耶稣说: "狐狸有洞, 天空的飞鸟有窝, 人子却没有栖身的地方。"
59 他对另一个人说: "你跟从我吧! "那人说: "主啊, 请准我先回去安葬我的父亲吧。"
60 耶稣说: "让死人去埋葬他们的死人, 你应该去传扬 神的国。"
61 又有一个人说: "主, 我要跟从你, 但容我先回去, 向家人道别。"
62 耶稣说: "手扶着犁向后看的, 不适合进 神的国。"