1 En toe Hy in die huis van een van die owerstes van die Fariseërs gegaan het om brood te eet op die sabbat, het hulle Hom in die oog gehou.

2 En daar was voor Hom 'n man wat die water gehad het.

3 En Jesus het gespreek en aan die wetgeleerdes en Fariseërs gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat te genees?

4 Maar hulle het stilgebly. Toe neem Hy hom en maak hom gesond en laat hom gaan.

5 En Hy antwoord en sê vir hulle: Wie van julle se esel of os sal in 'n put val, wat dit nie dadelik op die sabbatdag sal uittrek nie?

6 En hulle kon Hom daarop nie antwoord nie.

7 En toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides 'n gelykenis en sê vir hulle:

8 Wanneer jy deur iemand na 'n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie,

9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem.

10 Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is.

11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.

12 En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy 'n môre -- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie.

13 Maar wanneer jy 'n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,

14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

15 En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.

16 Maar Hy antwoord hom: 'n Sekere man het 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.

17 En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.

18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het 'n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.

19 En 'n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.

20 En 'n ander een het gesê: Ek het 'n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.

21 En daardie dienskneg het gekom en die dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.

22 En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.

23 Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.

24 Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.

25 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:

26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

28 Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? --

29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot

30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

31 Of watter koning wat optrek om teen 'n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?

32 Anders stuur hy 'n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

34 Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

35 Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

1 在安息日, 耶稣进了一个法利赛人领袖的家里吃饭, 众人都在窥探他。

2 正好在他面前有一个患水臌病的人;

3 耶稣对律法师和法利赛人说: "在安息日治病, 可以不可以呢?"

4 他们却不出声。耶稣扶着病人, 治好他, 叫他走了,

5 就对他们说: "你们中间谁的儿子或牛在安息日掉在井里, 不立刻把他拉上来呢?"

6 他们不能回答这些话。

7 耶稣看见被邀请的客人选择高位, 就用比喻对他们说:

8 "你被邀请参加婚筵的时候, 不要自己坐在高位上, 恐怕有比你更尊贵的客人也被请来;

9 那请你又请他的人过来对你说: ‘请你让位给这个人。’那时你就惭愧地退居末位了。

10 你被邀请的时候, 要坐在末位上, 等请你的人过来对你说: ‘朋友, 请上座。’那时你在同席的人面前才有光彩。

11 因为凡高抬自己的, 必要降卑; 自己谦卑的, 必要升高。"

12 耶稣又对邀请他的人说: "你设午餐或晚宴, 不要请你的朋友、弟兄、亲戚或富裕的邻舍, 恐怕他又回请你, 你就得了报答。

13 你摆筵席的时候, 总要邀请那贫穷的、残废的、瘸腿的、瞎眼的,

14 那你就有福了。因为他们没有什么可以报答你, 义人复活的时候, 你必定得着报答。"

15 一起吃饭的人中有一个, 听了这些话, 就对耶稣说: "在 神的国里吃饭的人有福了。"

16 耶稣对他说: "有一个人大摆筵席, 请了许多客人。

17 到了开席的时候, 他打发仆人去对所请的人说: ‘请来吧! 样样都准备好了。’

18 众人一致推辞, 头一个说: ‘我买了一块地, 不得不去看一看, 请原谅我。’

19 另一个说: ‘我买了五对牛, 要去试一试, 请原谅我。’

20 又一个说: ‘我刚结了婚, 不能去。’

21 仆人回来把这些事告诉他主人, 家主就发怒, 对仆人说: ‘快到城里大街小巷去, 把贫穷的、残废的、瞎眼的、瘸腿的, 都领到这里来。’

22 仆人说: ‘主啊, 你所吩咐的已经办了, 还有空位。’

23 主人就对仆人说: ‘你出去到路边篱畔, 勉强人进来, 好把我的屋子坐满。

24 我告诉你们, 先前请的那些人, 一个也不得尝我的筵席。’"

25 有许多人与耶稣同行, 他转身对他们说:

26 "如果有人到我这里来, 爱我不超过爱("爱我不超过爱"原文作"不恨")自己的父母、妻子、儿女、兄弟、姊妹, 甚至自己的性命, 就不能作我的门徒。

27 凡不背着自己的十字架跟随我的, 也不能作我的门徒。

28 你们当中有谁要盖一座楼, 不先坐下计算费用, 能不能盖成呢?

29 恐怕安了地基, 而不能完成, 所有看见的人都讥笑他,

30 说: ‘这个人开了工, 却不能完工。’

31 或者一个王去和别的王打仗, 哪有不先坐下想想, 能否用一万兵去抵抗那领两万来攻打他的呢?

32 如果不能, 就该趁对方还远的时候, 派使者去谈判和平的条件。

33 这样, 你们中间不论谁, 如果不撇下一切所有的, 就不能作我的门徒。

34 "盐本来是好的, 但如果失了味, 怎能使它再咸呢?

35 或用在田里, 或放在粪里, 都不合适; 只好扔在外面。有耳可听的, 就应当听。"