1 En Hy het in J,rigo gekom en daar deurgegaan.

2 En daar was 'n man met die naam van Sagg,s, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man.

3 En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.

4 En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.

5 En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Sagg,s, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.

6 Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.

7 En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.

8 Maar Sagg,s het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.

9 Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is.

10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

11 En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.

12 Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom.

13 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.

14 Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.

15 En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.

16 En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.

17 En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.

18 En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.

19 En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.

20 En 'n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in 'n doek weggesit het;

21 want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.

22 Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek 'n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

23 Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.

24 En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het --

25 en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde

26 want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.

27 Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

28 En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.

29 En toe Hy naby B,tfag, en Bet nië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur

30 en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

31 En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? -- moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.

32 En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.

33 En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?

34 En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.

35 Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit.

36 En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad.

37 En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,

38 terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!

39 En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!

40 En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.

41 En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween

42 en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.

43 Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.

44 En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.

45 En toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.

46 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is 'n huis van gebed. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.

47 En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;

48 en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister.

1 耶稣进了耶利哥, 正经过的时候,

2 有一个人名叫撒该, 是税吏长, 又很富有。

3 他想看看耶稣是怎么样的, 因为人多, 他又身材矮小, 就看不见。

4 于是他跑到前头, 爬上一棵桑树, 要看看耶稣, 因为耶稣就要从那里经过。

5 耶稣到了那里, 往上一看, 对他说: "撒该, 快下来, 今天我要住在你家里。"

6 他就赶快下来, 欢欢喜喜地接待耶稣。

7 众人看见就纷纷议论说: "他竟到罪人家里去住宿! "

8 撒该站着对主说: "主啊, 请看, 我要把家财的一半分给穷人, 我若敲诈了谁, 就还他四倍。"

9 耶稣说: "今天救恩到了这家, 他也是亚伯拉罕的子孙。

10 因为人子来, 是要寻找拯救失丧的人。"

11 众人听这些话的时候, 因为耶稣已经接近耶路撒冷, 又因他们以为 神的国快要出现, 他就讲了一个比喻,

12 说: "有一个贵族往远方去要接受王位, 然后回来。

13 他叫了自己的十个仆人来, 给他们一千银币, 说: ‘你们拿去作生意, 等到我回来。’

14 他本国的人却恨他, 就派使者跟着去说: ‘我们不愿意这个人作王统治我们。’

15 他得了王位回来, 就吩咐把那些领了钱的仆人召来, 要知道他们作生意赚了多少。

16 第一个走过来说: ‘主啊, 你的一百银币, 已经赚了一千。’

17 主人说: ‘好, 良善的仆人, 你既然在最小的事上忠心, 可以有权管理十座城。’

18 第二个来说: ‘主啊, 你的一百银币, 已经赚了五百。’

19 主人说: ‘你可以管理五座城。’

20 另一个来说: ‘主啊, 你看, 你的一百银币, 我一直保存在手巾里,

21 因为我怕你, 你一向是严厉的人, 没有存的要提取, 没有种的要收割。’

22 主人说: ‘可恶的仆人! 我要凭你的口定你的罪。你知道我是严厉的人, 没有存的要提取, 没有种的要收割吗?

23 那你为什么不把我的钱存入银行, 等我回来的时候, 把它连本带利取回来呢?’

24 他就对侍卫说: ‘夺过他的一百银币, 给那有一千的。’

25 他们说: ‘主啊, 他已经有一千银币了。’

26 主人说: ‘我告诉你们, 凡是有的, 还要给他; 没有的, 就算他有什么也要拿去。

27 至于我那些仇敌, 就是不愿意我作王统治他们的, 把他们拉到这里来, 在我面前杀掉! ’"

28 耶稣讲完这些话, 就往前走, 上耶路撒冷去。

29 将到伯法其和伯大尼, 就在橄榄山那里, 他差派两个门徒,

30 说: "你们往对面的村子里去, 就会看见一头从来没有人骑过的小驴, 拴在那里, 把它解开牵来。

31 如果有人问为什么解开它, 你们要这样说: ‘主需要它。’"

32 被差的人去了, 发现和主所说的一样。

33 他们解开小驴的时候, 主人问他们: "你们为什么解开它?"

34 他们说: "主需要它。"

35 他们把小驴牵到耶稣那里, 把自己的衣服搭在上面, 扶着耶稣上去。

36 耶稣前行的时候, 众人把自己的衣服铺在路上。

37 他走近耶路撒冷, 快要下橄榄山的时候, 全体门徒因为所看见的一切神迹, 就欢乐起来, 大声赞美 神,

38 说: "奉主名来的王, 是应当称颂的! 在天上有和平, 在至高之处有荣耀! "

39 群众中有几个法利赛人对他说: "先生, 责备你的门徒吧! "

40 耶稣说: "我告诉你们, 他们若不出声, 石头都要呼叫了。"

41 耶稣走近耶路撒冷的时候, 看见了城, 就为城哀哭,

42 说: "巴不得你在这日子, 知道关于你平安的事, 但现在这事在你眼前是隐藏的。

43 日子将到, 你的仇敌必筑垒攻击你, 周围环绕你, 四面困住你,

44 要摧毁你和你里面的儿女, 没有一块石头留在另一块石头上面, 因为你不知道那眷顾你的时期。"

45 耶稣进了圣殿, 就赶走作买卖的人,

46 对他们说: "经上记着: ‘我的殿是祷告的殿’, 你们竟把它弄成贼窝了。"

47 他天天在圣殿里教导人, 祭司长、经学家和民间的首领, 都想杀害他;

48 但他们不知道要怎样下手, 因为众人都围着他, 听他的教训。