1 En toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
3 gee ons elke dag ons daaglikse brood;
4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
5 En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal 'n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode,
6 want 'n vriend van my het van 'n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie --
7 en die van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie.
8 Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het.
9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;
12 of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee?
13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
14 En Hy het 'n duiwel uitgedryf, en die was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.
15 Maar sommige van hulle sê: Deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, dryf Hy die duiwels uit.
16 En ander het Hom versoek en van Hom 'n teken uit die hemel begeer.
17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val.
18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf.
19 En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
20 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
21 Wanneer 'n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.
22 Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit.
23 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
27 En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
29 En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
30 Want soos Jona 'n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.
31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en -- meer as Salomo is hier!
32 Die manne van Ninev, sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en -- meer as Jona is hier!
33 En niemand steek 'n lamp op en sit dit in 'n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien.
34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
36 As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig.
37 En onderwyl Hy besig was om te spreek, het 'n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan.
38 En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie.
39 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
40 Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?
41 Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
42 Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
43 Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte.
44 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.
45 Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U so spreek, beledig U ons ook.
46 En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie.
47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.
48 Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.
49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van die sal hulle doodmaak en vervolg,
50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
51 van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagar¡a wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.
52 Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder.
53 En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge,
54 om vir Hom 'n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig.
1 有一天, 耶稣在一个地方祈祷, 祈祷完了, 有一个门徒对他说: "主啊, 求你教导我们祷告, 像约翰教导他的门徒一样。"
2 耶稣说: "你们祷告的时候, 要说: ‘父啊, 愿你的名被尊为圣, 愿你的国降临(有些抄本在此有"愿你的旨意行在地上, 如同行在天上"一句);
3 我们需用的食物, 求你每天赐给我们;
4 赦免我们的罪, 因为我们也饶恕所有亏负我们的人; 不要让我们陷入试探(有些抄本在此有"救我们脱离那恶者"一句)。’"
5 耶稣又对他们说: "你们当中, 谁有朋友半夜去找他, 说: ‘请你借给我三个饼,
6 因为我有一个朋友旅行来到我这里, 我没有什么可以招待他。’
7 而他却在里面回答: ‘不要麻烦我, 门已经关好了, 孩子也跟我在床上了, 我不能起来拿给你。’
8 我告诉你们, 即使不因为他是朋友而起来给他, 也会因为他厚颜地直求, 而起来照他所需要的给他。
9 我又告诉你们, 你们祈求, 就给你们; 寻找, 就寻见; 叩门, 就给你们开门。
10 因为所有祈求的就得着, 寻找的就寻见, 叩门的就给他开门。
11 你们中间作父亲的, 哪有儿子求鱼, 反拿蛇给他呢?
12 或求鸡蛋, 反给他蝎子呢?
13 你们虽然不好, 尚且知道把好东西给自己的儿女, 何况天父, 岂不更把圣灵赐给求他的人吗?"
14 耶稣赶出一个哑巴鬼, 鬼既出去, 哑巴就说起话来, 众人都希奇。
15 有人说: "他靠鬼王别西卜赶鬼。"
16 又有人试探他, 向他求一个从天上来的神迹。
17 耶稣知道他们的心意, 就对他们说: "如果一个国家自相纷争, 就必定荒凉; 如果一个家庭自相为敌, 就必然败落。
18 如果撒但自相纷争, 他的国怎能站立得住呢?你们说我靠别西卜赶鬼,
19 我若靠别西卜赶鬼, 你们的子孙赶鬼又靠谁呢?因此, 他们必要作你们的审判官。
20 我若靠 神的能力赶鬼, 这就是 神的国临到你们了。
21 一个壮汉拿着武器, 看守自己的家园, 他的家财就平安无事。
22 但是一个比他更强的人来了, 胜过了他, 夺去他所倚靠的武器, 就把他的家财当作掠物分了。
23 不站在我这一边的就是反对我的; 不跟从一起收聚的就是分散的。
24 "一个污灵离开了一个人, 走遍干旱之地, 寻找栖身的地方, 却没有找到, 就说: ‘我要回到我从前离开了的那房子。’
25 到了之后, 看见里面已经打扫干净, 粉饰好了,
26 他就去带了另外七个比自己更恶的污灵来, 进去住在那里; 那人后来的情况, 比以前更坏了。"
27 耶稣正说这些话的时候, 群众中有一个女人高声对他说: "怀你胎的和哺养你的有福了! "
28 他说: "是的, 却还不如听 神的道而遵守的人有福。"
29 众人聚集的时候, 耶稣就说: "这世代是个邪恶的世代。这世代寻求神迹, 可是除了约拿的神迹以外, 再没有神迹给他们了。
30 约拿怎样成了尼尼微人的神迹, 人子也照样成为这个世代的神迹。
31 审判的时候, 南方的女王要和这世代的人一同起来, 她要定他们的罪, 因为她从地极来到, 要听所罗门智慧的话。你看, 这里有一位是比所罗门更大的。
32 审判的时候, 尼尼微人要和这世代的人一同起来, 他们要定这个世代的罪, 因为尼尼微人听了约拿所传的就悔改了。你看, 这里有一位是比约拿更大的。
33 "没有人点了灯, 把它放在地窖里, 或量器底下, 却放在灯台上, 叫进来的人看得见光。
34 你的眼睛就是你身体的灯, 你的眼睛健全, 全身就明亮; 如果不健全, 全身就黑暗。
35 所以要谨慎, 免得你里面的光黑暗了。
36 你若全身明亮, 没有一点黑暗, 你就完全明亮, 好像明亮的灯光照你一样。"
37 耶稣说话的时候, 有一个法利赛人请耶稣和他一起吃饭; 他就进去坐席。
38 这个法利赛人见耶稣吃饭之前不洗手, 觉得奇怪。
39 主对他说: "你们法利赛人把杯盘的外面洗净, 但你们里面却充满了抢夺和邪恶。
40 无知的人哪, 那造外面的, 不也造里面吗?
41 只要把里面的施舍出去, 你们的一切就都洁净了。
42 然而你们法利赛人有祸了! 因为你们把薄荷、茴香和各样菜蔬献上十分之一, 却把公义和爱 神的事疏忽了; 这些是你们应当作的, 但其他的也不可疏忽。
43 你们法利赛人有祸了! 因为你们喜爱会堂里的高位和人在巿中心的问安。
44 你们有祸了! 因为你们好像不显露的坟墓, 走在上面的人并不知道。"
45 律法师中有一个回答他: "老师, 你这样说, 把我们也侮辱了! "
46 耶稣说: "你们律法师也有祸了, 因为你们把难担的担子叫人担, 自己连一个指头也不动。
47 你们有祸了! 因为你们修造先知的坟墓, 而那些先知正是你们祖先所杀的,
48 这样, 你们就成了证人, 对你们祖先的作为表示同意; 他们杀害先知, 你们修造先知的坟墓。
49 所以, 神的智慧说: ‘我要差遣先知和使徒到他们那里去, 有的他们要杀害, 有的他们要迫害,
50 为要使创世以来众先知所流的血, 从亚伯的血起, 直到在祭坛和圣所之间受害的撒迦利亚的血为止, 都向这一代追讨。’是的, 我告诉你们, 都要向这一代追讨。
52 你们律法师有祸了! 因为你们拿去知识的钥匙, 自己不进去, 又阻止要进去的人。"
53 耶稣从那里出来, 经学家和法利赛人非常敌视他, 质问他很多问题,
54 等机会从他的口中找把柄。