1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!2 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?4 Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.5 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.7 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.
1 我投靠耶和华, 你们怎么对我说: "你要像飞鸟逃到你的山上去。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题) 2 看哪! 恶人的弓已经拉开, 箭已经上弦, 要从暗处射那心里正直的人。 3 根基既然毁坏, 义人还能作什么呢?" 4 耶和华在他的圣殿里, 耶和华的宝座在天上, 他的眼睛观看, 他的目光察验世人。 5 耶和华试验义人和恶人, 他的心恨恶喜爱强暴的人。 6 耶和华必使火炭落在恶人身上, 烈火、硫磺和旱风是他们杯中的分。 7 因为耶和华是公义的, 他喜爱公义的行为, 正直的人必得见他的面。