1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

2 By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.

4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5 U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.

7 Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ,k vertrou op die HERE.

8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9 en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

10 Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

12 Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

13 Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

14 Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

15 Maar ,k vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.

16 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18 HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.

22 Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.

23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24 Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. [ (Psalms 31:25) Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag! ]

1 耶和华啊! 我投靠你; 求你使我永不羞愧, 求你按着你的公义搭救我。

2 求你留心听我, 赶快拯救我; 求你作我坚固的磐石, 作拯救我的坚垒。

3 因为你是我的岩石、我的坚垒; 为你名的缘故, 求你带领我, 引导我。

4 求你救我脱离人为我暗设的网罗, 因为你是我的避难所。

5 我把我的灵魂交在你手里, 耶和华信实的 神啊! 你救赎了我。

6 我恨恶那些信奉虚无偶像的人; 至于我, 我却倚靠耶和华。

7 我要因你的慈爱欢喜快乐, 因为你看见了我的困苦, 知道我心中的痛苦;

8 你没有把我交在仇敌的手里, 你使我的脚站稳在宽阔之地。

9 耶和华啊! 求你恩待我, 因为我在患难之中; 我的眼睛因愁烦昏花, 我的身、我的心也都衰残。

10 我的生命因愁苦耗尽, 我的岁月在叹息中消逝, 我的力量因罪孽衰退, 我的骨头也枯干。

11 我因众仇敌的缘故, 成了众人羞辱的对象, 在我的邻居面前更是这样; 认识我的人都惧怕我; 在街上看见我的, 都避开我。

12 我被人完全忘记, 如同死了的人, 我好像破碎的器皿,

13 我听见许多人的毁谤, 四周都有惊吓; 他们一同商议攻击我, 图谋要取我的性命。

14 但是, 耶和华啊! 我还是倚靠你; 我说: "你是我的 神。"

15 我的一生都在你的手中; 求你救我脱离我仇敌的手, 和那些迫害我的人。

16 求你用你的脸光照你的仆人, 以你的慈爱拯救我。

17 耶和华啊! 求你不要使我羞愧, 因为我向你呼求; 求你使恶人羞愧, 使他们在阴间静寂无声。

18 那些逞骄傲, 态度轻慢, 说话狂傲攻击义人的, 愿他们说谎的嘴唇哑而无声。

19 耶和华啊! 你为敬畏你的人所珍藏的好处, 为投靠你的人在世人面前所施行的恩惠, 是多么丰盛。

20 你把他们藏在你面前的隐密处, 免得他们陷在世人的阴谋里; 又把他们保护在帐棚内, 以免落在口舌的争竞中。

21 耶和华是应当称颂的, 因为我在被围困的城里, 他就向我显出他奇妙的慈爱。

22 至于我, 我曾在惊恐中说: "我从你眼前被隔绝"; 可是我向你呼求的时候, 你还是垂听了我恳求的声音。

23 耶和华的众圣民哪! 你们都要爱耶和华; 耶和华保护诚实的人, 却严厉地报应行事骄傲的人。

24 所有仰望耶和华的人, 你们都要刚强, 坚固你们的心。