1 'n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag.

2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

3 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!

4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.

5 Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:

6 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny 'n mens dit af, en dit verdor.

7 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.

8 U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.

9 Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte.

10 Die dae van ons jare -- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

11 Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?

12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!

13 Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.

14 Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.

15 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.

16 Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.

17 En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

1 主啊! 你世世代代作我们的居所。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)

2 群山尚未生出, 大地和世界你未曾造成, 从永远到永远, 你是 神。

3 你使人归回尘土, 说: "世人哪! 你们要归回尘土。"

4 在你看来, 千年好像刚过去了的昨天, 又像夜里的一更。

5 你使世人消逝, 像被洪水冲去; 他们好像睡了一觉; 他们又像在早晨生长的草,

6 早晨发芽生长, 晚上就凋萎枯干。

7 我们因你的怒气而消灭, 因你的烈怒而惊恐。

8 你把我们的罪孽摆在你面前, 把我们的隐恶摆在你脸光之中。

9 我们一生的日子都在你的震怒中消逝, 我们度尽的年岁好像一声叹息。

10 我们一生的年日是七十岁, 如果强壮, 可到八十岁, 但其中可夸耀的, 不过是劳苦愁烦; 我们的年日转眼即逝, 我们也如飞而去了。

11 谁晓得你怒气的威力, 谁按着你该受的敬畏晓得你的忿怒呢?

12 求你教导我们怎样数算自己的日子, 好使我们得着智慧的心。

13 耶和华啊! 要到几时呢?求你回心转意, 求你怜恤你的仆人。

14 求你使我们早晨饱尝你的慈爱, 好使我们一生一世欢呼喜乐。

15 你使我们受苦和遭难的年日有多久, 求你使我们喜乐的日子也有多久。

16 愿你的作为向你的仆人彰显, 愿你的威严向他们的子孙显明。

17 愿主我们的 神的恩慈临到我们身上; 愿你为我们的缘故, 坚立我们手所作的工; 我们手所作的工, 愿你坚立。