Publicidade

Salmos 137

1 By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.4 Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in 'n vreemde land?5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!6 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.7 HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!8 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

1 我们曾坐在巴比伦的河畔, 在那里我们一想起锡安就哭了。 2 我们把我们的琴挂在那里的柳树上。 3 因为在那里, 掳掠我们的人要我们唱歌, 苦待我们的人要我们娱乐他们; 他们说: "为我们唱一首锡安歌吧! " 4 我们怎能在异族之地唱耶和华的歌呢? 5 耶路撒冷啊! 如果我忘记你, 情愿我的右手忘记技巧("忘记技巧"或译: "枯干")。 6 如果我不记念你, 如果我不高举耶路撒冷超过我最大的喜乐, 情愿我的舌头紧贴上膛。 7 耶和华啊! 求你记念以东人在耶路撒冷遭难的日子所行的, 他们说: "拆毁它, 拆毁它, 直拆到根基。" 8 将要被毁灭的("将要被毁灭的"有古译本作"毁灭者")巴比伦城("城"原文作"女子")啊! 照着你待我们的行为报复你的, 那人有福了。 9 抓住你的婴孩摔在磐石上的, 那人有福了。

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-03-22_20-08-07-green