1 Halleluja! Loof, o knegte van die HERE, loof die Naam van die HERE!2 Laat die Naam van die HERE geprys word, van nou af tot in ewigheid!3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!4 Die HERE is hoog bo al die nasies; bo die hemele is sy heerlikheid.5 Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,6 wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;8 om hom te laat sit by die edeles, by die edeles van sy volk.9 Wat die onvrugbare van die huis laat woon -- 'n blye moeder van kinders. Halleluja!
1 你们要赞美耶和华。耶和华的仆人哪! 你们要赞美, 要赞美耶和华的名。 2 耶和华的名是应当称颂的, 从现在直到永远。 3 从日出之地到日落之处, 耶和华的名都该受赞美。 4 耶和华高过万国, 他的荣耀超越诸天。 5 谁像耶和华我们的 神呢?他坐在至高之处, 6 他俯首垂顾天上和地下的事。 7 他从灰尘中抬举贫寒人, 从粪堆中提拔穷乏人, 8 使他们和权贵同坐, 就是和他子民中的权贵同坐, 9 他使不能生育的妇人安居家中, 成了有许多儿女的快乐母亲。你们要赞美耶和华。