1 'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite;
2 dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
3 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
4 sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
5 totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
6 Kyk, ons het daarvan gehoor in Âfrata; ons het dit gevind in die velde van Ja„r.
7 Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.
8 Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!
9 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.
10 Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.
11 Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid Hy sal daarvan nie terugkom nie: Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
12 As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal hulle seuns ook vir ewig op jou troon sit.
13 Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
14 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
15 Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
16 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
17 Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.
18 Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.
1 耶和华啊! 求你记念大卫, 记念他的一切苦难。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题)
2 他怎样向耶和华起誓, 向雅各的大能者许愿, 说:
3 "我必不进我的家("家"原文作"家的帐棚"), 也必不上我的床榻。
4 我必不容我的眼睛睡觉, 也不容我的眼睑打盹;
5 直到我为耶和华找着一个地方, 为雅各的大能者找到居所。"
6 我们听说约柜在以法他; 我们在雅珥的田间找到它。
7 "我们要进入他的居所, 在他的脚凳前下拜。
8 耶和华啊, 求你起来, 求你和你有能力的约柜同入安息的居所。
9 愿你的祭司都披上公义, 愿你的圣民都欢呼。
10 求你因你仆人大卫的缘故, 不要转脸不理你的受膏者。"
11 耶和华实实在在向大卫起了誓, 他必不会收回, 他说: "我要从你的后裔中, 立一位坐在你的王位上。
12 如果你的子孙谨守我的约, 和我教训他们的法度, 他们的子孙也必永远坐在你的王位上。"
13 因为耶和华拣选了锡安, 定意把它当作自己的居所。他说:
14 "这是我永远安息的居所; 我要住在这里, 因为我定意这样作。
15 我要赐给锡安丰盛的粮食, 我要使城中的穷人饱足。
16 我要使祭司都披上救恩, 使圣民都大大欢呼。
17 我要在那里使大卫的角长起来, 我要为我的受膏者安排明灯。
18 我要使他的仇敌都披上羞辱, 但他的冠冕必在他头上发光。"