1 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde!2 Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.3 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders.4 Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.5 Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak.6 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.7 Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte.8 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe.9 Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!10 Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.11 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.12 Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel13 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
1 你们要向耶和华唱新歌, 全地都要向耶和华歌唱。 2 要向耶和华歌唱, 称颂他的名, 天天传扬他的救恩。 3 要在列国中述说他的荣耀。在万民中述说他奇妙的作为。 4 因为耶和华是伟大的, 该受极大的赞美, 他当受敬畏, 过于众神之上。 5 因为万民的神都是虚空的偶像, 但耶和华创造了诸天。 6 尊荣和威严在他面前, 能力和华美在他圣所之中。 7 列国的万族啊! 你们要归给耶和华, 要把荣耀和能力归给耶和华。 8 要把耶和华的名当得的荣耀归给他, 带着礼物进入他的院子。 9 要以圣洁的装束敬拜耶和华("要以圣洁的装束敬拜耶和华"或译: "在耶和华显现的时候, 要敬拜他", 或"要在耶和华圣洁的光辉中敬拜他"), 全地都要在他面前战栗。 10 你们要在万国中宣告: "耶和华作王! "世界就坚定, 必不动摇; 他必按着公正审判万民。 11 愿天欢喜, 愿地快乐; 愿海和海中充满的, 都翻腾响闹; 12 愿田野和其中的一切都欢乐, 那时林中的一切树木都必欢呼。 13 它们都要在耶和华面前欢呼, 因为他来了; 他来要审判全地。他要按着公义审判世界, 凭着他的信实审判万民。