1 Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!

2 Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.

3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.

4 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.

5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.

6 Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.

7 Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;

8 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,

9 wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.

10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.

11 Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.

12 o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!

13 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,

15 wat sy bevel na die aarde stuur -- sy woord loop baie vinnig.

16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.

17 Hy werp sy ys heen soos stukke -- wie kan bestaan voor sy koue?

18 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai -- die waters loop.

19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.

20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, die ken hulle nie. Halleluja!

1 你们要赞美耶和华。歌颂我们的 神, 这是多么美善, 赞美他, 这是美好的, 是合宜的。

2 耶和华重建耶路撒冷, 召聚被赶散的以色列人。

3 他医好伤心的人, 裹好他们的伤处。

4 他数点星辰的数目, 一一给它们起名。

5 我们的主伟大, 大有能力; 他的智慧无法测度。

6 耶和华扶持谦卑的人, 却把恶人丢弃在地。

7 你们要以感谢的心向耶和华歌唱, 用琴向我们的 神歌颂。

8 他以密云遮盖天空, 为大地预备雨水, 使群山长满青草。

9 他把食物赐给走兽, 也赐给啼叫的小乌鸦。

10 他喜欢的不是马的力大, 他喜悦的不是人的腿快。

11 耶和华喜悦敬畏他的人, 喜悦仰望他慈爱的人。

12 耶路撒冷啊! 你要颂赞耶和华; 锡安哪! 你要赞美你的 神。

13 因为他坚固了你城门的门闩, 赐福在你中间的儿女。

14 他使你的边界平靖; 用上好的麦子使你饱足。

15 他向地发出命令, 他的话迅速颁行。

16 他降下像羊毛一样的雪, 撒下像炉灰一样的霜。

17 他拋下像碎屑一样的冰雹; 面对他发出的寒冷, 谁能抵受得住呢?

18 他发出命令, 这一切就都融化; 他使风刮起, 水就流动。

19 他把自己的话向雅各颁布, 把自己的律例和典章向以色列颁布。

20 他从没有这样对待其他各国; 他们都不知道他的典章。你们要赞美耶和华。