1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.2 Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?3 Hoe lank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?4 Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;5 sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.6 Maar ek -- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
1 耶和华啊! 你忘记我要到几时呢?要到永远吗?你掩面不顾我, 要到几时呢? 2 我心里筹算不安, 内心终日愁苦, 要到几时呢?我的仇敌胜过我, 要到几时呢? 3 耶和华我的 神啊! 求你看顾我, 应允我; 求你使我的眼睛明亮, 免得我沉睡至死; 4 免得我的仇敌说: "我胜过了他"; 免得我跌倒的时候我的敌人就欢呼。 5 至于我, 我倚靠你的慈爱, 我的心必因你的救恩欢呼。 6 我要歌颂耶和华, 因他以厚恩待我。(本章第5-6节在《马索拉抄本》为13:6)