1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.2 Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.3 Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.4 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.5 D r het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.6 Die raad van die ellendige -- julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug.7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
1 愚顽人心里说: "没有 神。"他们都是败坏, 行了可憎的事, 没有一个行善的。(本节在《马索拉抄本》包括细字标题) 2 耶和华从天上察看世人, 要看看有明慧的没有, 有寻求 神的没有。 3 人人都偏离了正道, 一同变成污秽; 没有行善的, 连一个也没有。 4 所有作恶的都是无知的吗?他们吞吃我的子民好像吃饭一样, 并不求告耶和华。 5 他们必大大震惊, 因为 神在义人的群体中。 6 你们要使困苦人的计划失败, 但耶和华是他的避难所。 7 但愿以色列的救恩从锡安而出; 耶和华给他子民带来复兴的时候("耶和华给他子民带来复兴的时候"或译: "耶和华把他被掳的子民带回来的时候"), 雅各要快乐, 以色列要欢喜。