1 Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote!2 Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning!3 Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.4 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.5 Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke;8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;9 om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!
1 你们要赞美耶和华, 要向耶和华唱新歌, 在圣民的会中赞美他。 2 愿以色列因造他的主欢喜, 愿锡安的居民因他们的王快乐。 3 愿他们一边跳舞, 一边赞美他的名, 击鼓弹琴歌颂他。 4 因为耶和华喜悦自己的子民, 以救恩给谦卑的人作装饰。 5 愿圣民因所得的荣耀高兴, 愿他们在床上欢呼。 6 愿称赞 神的话常在他们口中; 愿他们手里拿着两刃的剑, 7 为要报复列国, 惩罚万民; 8 用锁链捆住他们的君王, 用铁镣锁住他们的权贵, 9 要在他们身上施行记录在册上的审判。这就是他所有圣民的尊荣。你们要赞美耶和华。