1 Vir die musiekleier; vir Jedutun. 'n Psalm van Dawid.

2 Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

3 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

4 My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5 HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6 Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7 Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8 En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9 Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.

10 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.

11 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12 Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.

13 Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders. [ (Psalms 39:14) Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie. ]

1 我曾说: "我要谨慎我的行为, 不让我的舌头犯罪; 恶人在我面前的时候, 我总要用罩子约束我的嘴。"

2 我静默不出声, 甚至连好话也不说("甚至连好话也不说"或译: "我安静也得不到安慰"), 我的痛苦就更加剧烈。

3 我的心在我里面发热; 我默想的时候, 心里火烧; 我就用舌头说话:

4 "耶和华啊! 求你使我知道我的结局, 我的寿数有多少, 使我知道我的生命多么短促。

5 你使我的日子窄如手掌, 我的一生在你面前如同无有; 各人站得最稳的时候, 也只不过是一口气。(细拉)

6 世人来来往往只是幻影, 他们忙乱也是虚空; 积聚财物, 却不知道谁要来收取。

7 主啊! 现在我还等候什么呢?我的指望在乎你。

8 求你救我脱离我的一切过犯, 不要使我遭受愚顽人的羞辱。

9 因为是你作了这事, 我就静默不开口。

10 求你除掉你降在我身上的灾祸; 因你手的责打, 我就消灭。

11 你因人的罪孽, 借着责罚管教他们, 叫他们所宝贵的消失, 像被虫蛀蚀; 世人都不过是一口气。(细拉)

12 耶和华啊! 求你垂听我的祷告, 留心听我的呼求; 我流泪, 求你不要缄默; 因为我在你面前是客旅, 是寄居的, 像我所有的祖先一样。

13 求你不要怒视我, 使我在去而不返之先, 可以喜乐。"